Zuma maan SA’ners om ekonomie om te draai, werk te skep

President Jacob Zuma saam met adjunkpresident Cyril Ramaphosa, minister van arbeid Mildred Oliphant, Cosatu-president Sdumo Dlamini en Fedusa-president Koos Bezuidenhout by die presidensiële arbeidswerkgroep op 21 Junie 2016 by die Uniegebou in Pretoria  Foto: Elmond Jiyane, GCIS

President Jacob Zuma saam met adjunkpresident Cyril Ramaphosa, minister van arbeid Mildred Oliphant, Cosatu-president Sdumo Dlamini en Fedusa-president Koos Bezuidenhout by die presidensiële arbeidswerkgroep op 21 Junie 2016 by die Uniegebou in Pretoria Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma het Dinsdag gesê Suid-Afrika moet maniere vind om die huidige ekonomiese en werkskeppingsuitdagings aan te spreek om vorentoe te beweeg.

Zuma het leiers van die Congress of South African Trade Unions (Cosatu), die Federation of Unions of South Africa (Fedusa) en die National Council of Trade Unions (Nactu) toegespreek tydens die presidensiële arbeidswerkgroep by die Uniegebou in Pretoria.

Zuma het die uitdagings erken wat die land tans beleef. “Ons vergader vandag terwyl ons ekonomie die wind van voor kry weens ʼn swak wêreldwye ekonomie en sommige uitdagings in die plaaslike sfeer.”

Hy het gesê suksesvolle lande is gebou op die fondasie van ʼn gemeenskaplike doel en bygevoeg “ons kultuur van konsultasie en dialoog om ʼn gedeelde nasionale visie en eenheid te bou, maak dit vir Suid-Afrika moontlik om suksesvol te wees.”

Hy het erken die vlakke van werkloosheid is hoog en bygevoeg: “Die ekonomiese situasie maak dit moeilik om werk te skep, en dit beïnvloed ons land en veral ons jeug.”

Hy het gesê groei is noodsaaklik om werk te skep, en daarsonder sal dit moeilik wees om die aantal poste te skep wat nodig is om die rug van werkloosheid te breek.

Hy het sy dank uitgespreek teenoor “georganiseerde arbeid wat saam met die regering en sakesektor werk” om te verhoed dat die land se kredietgradering onlangs verlaag word.

Hy het gesê daar is ʼn behoefte om saam te werk om die land se uitdagings aan te spreek en dat dit “uitsonderlike patriotisme en eenheid wys om ons land te bou”.

Zuma het dit benadruk dat werkers beskerm moet word, veral kwesbare werkers en dit hou verband met minimumloon en die omvattende welsynstelsel.

Hy het gesê onlangse wysigings wat huishulpe en plaasarbeiders betref, wat “ongetwyfeld die mees kwesbare werkers is”, verseker dat hul beskerming uitgebrei word.

Hy het gesê daar moet baie gedoen word om die ekonomie sterk te maak.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

KP ·

So se n man wat verantwoordelik is vir n grootse deel van al die probleme in die land, nou moet almal behalwe die regering n plan maak.

Jan ·

Wat het hy verwag as hy n deel van die bevolking nie wil herken om besigheid mee te doen nie en nog n groot vout was om arbeid makelaar te stop.

Andrea van Vuren ·

En sy onderdane beweeg soos Zoeloekrygers deur ons strate met fluitjie in die bek en stok in die hand. Sies man. Hy het daarin geslaag om die faktor van vrees aan te wakker en hy lag steeds al die pad bank toe! Nou vra hy ons moet samwerk viir vrede???

Frederik ·

Ek het dit oorweeg om ‘n busfabriek te begin, sodat ons al die busse wat daagliks verbrand word, kan vervang. Maar die BEE !! Los liewer.

E ·

OMG!!!!!!!
So sê ń pres. terwyl alles om hom in PTA besig is om te brand?
Die wêreld kan maar vergaan, maar hy sal staan.

Ed ·

zuma, jou idioot, hoekom doen jy nie iets om ons land weer aan die gang te kry nie? Van w ie verwag jy om ons land reg te ruk? Is jy nie die president nie? Jy is n skande vir ons mooie maar nou verwaarloosde land. Wie is jy om te se wat ons moet doen. Kan jy? Nee, jy en jou vriendjies kan NIE!

Blondie ·

Die man het dit eens reg, Suid Afrikaner het dit reggekry to m saam te ataan om die ekonomie te draai om werk te akep…brand af tot niks oor is nie, dan skep ons werk om weer op te bou. Die man is die kluts kwyt. Dis verseker.

GES ·

Ek sal graag wil weet hoe dit moontlik is om met die drakoniese bee wette in plek dit moontlik is om enige werk te skep? Eens sterk gevestigde maatskappye sukkel om te oorleef omdat hulle wins deur parasiette uitgesuig word.

Cobus ·

Die presiese groepe waarmee Zuma daar vergader het is grootliks verantwoordelik vir die verlies van werksgeleenthede en ekonomiese agteruitgang. ‘n Ekonomie groei as jy ‘n materiaal neem en iets daarmee vervaardig wat jy kan verkoop en verkieslik uitvoer, dan maak jy van ‘n R5 ‘n R10. Voer jy alles in teen die huidige wisselkoerse dan raak jou land Bankrot. Gaan kyk na Zimbabwe en Mosambiek, hulle besighede sukkel huidiglik om produkte in SA te bekom omdat hulle Reserwebanke nie geld het om in SAR om te sit nie. Arbeidswetgewing is besig om ons ekonomie te vernietig en vir Zuma om te sê dat dit die wêreld ekonomie is wat ons so laat sukkel om te groei is eintlik lagwekkend. Maar nou ja, hy het mos gesêgesê, net na die Finans Ministers debakel, dat hy niks verstaan van die ekonomie af nie.

Adrian ·

Ja zuma ja jy praat en praat n klomp twak. Hou jou smoel en dink vir n oomblik, waarop gaan jy nou geld mors aaaaa n super jet van R4 miljard daarop is jy tjoepstil, weer n klomp karre vir jou oorgewig vroue en o ja nog n paar miljoen op tradisionele leiers. Jy sien mnr die president jy kan nie eens groot syfers lees nie so jy weet nie meer waarop jy als mors nie maar nee ons die swaarbelaste mense moet harder werk vir jou spandabelrigheid ….. Nee nee dit moet stop dan kan die land se bankbalans positief word maar wanneer ????

Edward ·

Geagte mnr Zuma. Vra vir FW en Roelf. Hoe nou gemaak? Die deng hy werk nie.

Andrea van Vuren ·

Hy kan nie FW konsulteer nie. FW sit waarskynlik iewers op ‘n Griekse eiland…

Landsburger ·

Slawe oo nee niemand sin. Die wiel draai en mense weet van swaar. Gaan nie hierdié keer werk nie. SAL NIE HELP. TYD OM TE GAAN. VAARWEL.

Siener van Melbourne ·

Zuma, word wakker jou koffie is koud. Soek jy meer belastinggeld om in jou sak te steek?

Lance ·

Hy kan maan en vermaan ….die mense brand eerder ….waar in die wereld brand mense 25 skole waar hulle eie kinders skoolgaan …..ja net in SA …..as jy nie happy is met iets ….dan brand en breek jy ….beskaaf praat en beplan bestaan nie

Rynhardt ·

Zuma maan Suid-Afrikaners om ekonomie om te draai en werk te skep?? Zuma is n groter komediant as Andy Capp! U en Anc het ekonomie vernietig met implementering van vryheidsmanifes.Beleggers bele nie in n onstabiele SA nie! Voordat ek vergeet, Zuma wat van die regstellende aksie teen ons Afrikaners??? Ekskuus, in jou en Anc se boek is dit aanvaarbaar!! Zuma jy weet nie wat jy se en doen nie!SA sit met hanswors-politici terwyl alles brand in die land!

John ·

Die ANC is behep met ‘een’-heid. Individualisme en ondernemingsgees was nog altyd die katalisator vir nuwe groei en ontwikkeling, maar die regering wil witmense se vermoens uit jaloesie met alle mag beheer, gevolglik stagneer alles. Die land gaan mettertyd lyk soos die res van Afrika en faksies gaan soos honde oor ‘n been baklei, mekaar ook verrinneweer. Dit sal dalk nog baie erger gaan hier waar die mense vas glo hulle het meer regte en verdien om meer te he as enige ander groep op aarde…

Andrea van Vuren ·

Lees Eben Venter se futuristiese roman Horrelpoot. Hy het in 2006 al geskryf oor toestande van vandag. Ek wou dit nie glo nie, en nou het sy skrywe ‘n grusame werklikheid geword!

cs ·

Ja Zuma, ons wil graag werk skep maar dan loop jy jou vas teen ‘n Staatsinstansie wat vir jou ‘n permit moet uitreik maar na een en ‘n half jaar dit nog nie gedoen het nie. Die kwotasie vir die permit betaal, die masjien gekoop en kan niks doen nie want jy loop jou teen ‘n muur vas. Dieselfde met die Plaaslike Munisipaliteit – Betaal R2000 ook ‘n jaar en half gelede vir ‘n toestemmingsbrief wat die Staatsinstansie soek en dit nou nog nie gekry nie – Nou vra ek – oor die R100 000 later en sit nog presies waar ons was

Donovan ·

Word ontslae van BEE en alle voorkeur tenders dan sal jy sien hoe kick start die ekonomie…

Griet ·

Iewers in die verre verlede was daar ook ‘n despot wat viool gespeel het terwyl die stad om hom aan die brand was. Viool, afrika trom, “kop-wat-raas”…. selfde ding!

Theuns ·

Verskoon my Engels maar ek moet dit se”What a bloody fool”! Gee die buiteland en die plaaslike Ekonomie die skuld vir die verslegtende toestande! Dan haal sy troefkaart uit en praat oor Huis en Plaas werkers wat so verskriklik benadeel word asof hy wil se “Behandel laasgenoemde beter en die Ekonomie sal floreer!!” Hoe reken hy nou dit gaan ‘n impak he op die ekonomie? Dit gaan eerder die ekonomie verder skaad! Huis en Plaaswerkers gaan hulle werk verloor! Die eerste ding wat ons moet doen is raak onslae van ZUMA en sy Komunistiese Politburo! Raak ontslae van SEB (BEE). Bring waardes terug wat gebaseer is vrye ekonomiese strukture, meriete en Christelike Waardes.

Pierre ·

Ek wonder soms hoekom ons regering nie bietjie wil gaan kers opsteek by buurlande soos Botswana en Namibie nie, hulle het tog al bewys dat ongeag die verlede goeie bestuursbeginsels ‘n land kan opbou. Tog snaaks dat hulle met die onsuksesvolle regerings eerder wil hande vat soos Zimbabwe om rigting te kry. As jy welaf is dan is dit maklik om te kritiseer, intussen vergaan jou eie land se mense weens elende en maak jy weer belaglike verkiesings beloftes wat jy weet jy nie tot uitvoer sal kan bring nie. Kom mnr die President, neem die voortou en wys wat jy kan doen behalwe om jouself te verryk.

Connie ·

Take the lead Mr. President. Don’t just talk…… do something yourself. Show by example. Please, we are dying for it.

Flintstone ·

Die minste wat hy kon doen was om dit in Afrikaans te vra,dit is per slot van sake daardie deel van die bevolking wat die taak verrig!

Flintstone ·

Die minste wat hy kon doen was om dit in Afrikaans te vra,dit is per slot van sake daardie deel van die bevolking wat die taak verrig!

vermeende ·

Moeilike basluit Zuma.
As n blanke sy geld in die bank sit dan trek net hy die rente maar as hy sy geld in besigheid bele dan moet hy volgens wet 50% weggee vir BBBEE punte en dan sukkel met arbeid probleme en dan nof n bevolking wat net wil brand, steel en plunder.

Moeilike besluit.

sarie van heerden ·

Ek kan nie GLO dat Zuma so dikvellig en onbeskaamld is om behalwe nog in die publiek te verskyn ook ekonomiese uitlatings te maak nie waarna hy dink ons sal luister of aandag aan sal skenk. Ons l ag eerder vir hom. SIES!

Hennie ·

As ek die president se woorde lees dan besef ek dat daar maar min verstand is. Sy logika is dieselfde as die van n man wat verwag dat jy n vuur onder die water moet aansteek.

Nico ·

Nee presie doen jy dit die land gaan nog baie brand soos julle dit regeer dan as julle eie mense julle weg jaag sal ons dit opbou

Lida ·

Se hy wat die land in die afgrond in gestuur het toe hy Nene afgedank het.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.