Zuma maande later eers weer in hof

Oudpres. Jacob Zuma was Vrydag glad nie op sy stukke nie toe sy saak tot Mei 2019 uitgestel is. Foto: ANA

Oudpres. Jacob Zuma sit sy hofstryd om te keer dat hy vir beweerde korrupsie vervolg word op 20 Mei aanstaande jaar voort.

Die 76-jarige Zuma was ongesteld by sy vlugtige verskyning vanoggend in die hooggeregshof in Pietermaritzburg, waar hy nie sy lojale ondersteuners buite óf in die hof gegroet het nie.

Zuma se verdedigingspan en die nasionale vervolgingsgesag het ʼn ooreenkoms bereik ingevolge waarvan die strafregtelike verrigtinge teen Zuma tot die derde Maandag in Mei aanstaande jaar uitgestel word. Intussen sal die staat en verdediging dokumente by die hof indien ter voorbereiding van die verhoor.

Die oudpresident word deur 16 aanklagte in die gesig gestaar, wat bedrog, korrupsie en rampokkery insluit. Dit hou verband met 783 betalings wat hy na bewering ontvang het as omkoopgeld om die Franse firma Thales teen ʼn ondersoek na die omstrede multimiljardrand-wapentransaksie te beskerm.

Die geld was vermoedelik omkoopgeld van die Franse wapenvervaardiger Thales met betrekking tot die omstrede wapentransaksie van 1999.

Ten tyde van die betalings was Zuma aanvanklik die LUR van ekonomiese ontwikkeling in KwaZulu-Natal en daarna, in 1999, die adjunkpresident van Suid-Afrika. Zuma hou vol hy is onskuldig.

Die media het gehelp om Zuma te beswadder.

Buite die hof het Carl Niehaus, ʼn stoere Zuma-ondersteuner, gesê min. Pravin Gordhan het die afgelope week nie “harde feite” gehad in sy getuienis oor Zuma voor die Zomdo-kommissie van ondersoek na staatskaping nie.

Niehaus het ook gesê Zuma se ondersteuners glo nie hy sal ʼn vry en regverdige verhoor kry nie; daarom versoek hulle ʼn permanente uitstel van vervolging. Terselfdertyd het hy teen die media uitgevaar en gesê hulle het “gehelp om Zuma se naam swart te smeer”.

Zuma voer in sy beëdigde verklaring aan die saak het “al die eienskappe van ʼn saak wat permanent gestaak moet word”. Volgens Zuma was daar al talle vertragings, ongerymdhede rakende die voorverhoor, blatante vooroordeel teen hom, geen slagoffers of klaers nie en politieke inmenging.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

19 Kommentare

Johan ·

So voorspelbaar – saak word uitgestel en hy sal weer uitgestel word. So sal dit aangaan tot hy te siek gaan wees of die verhoor onregverdig sal wees. Hoop net nie ons belastinggeld word vir sy verdediging gebruik nie. Iewers was daar mos ‘n hofuitspraak dat Zumpie sy eie gelde moet betaal – maar dan het hy soveel sake om te verdedig, ek weet nie of dit hierdie een is of ‘n ander saak nie.

PJ ·

Ek weet wat volgende gaan gebeur hulle gaan n kommissie saamstel om die saak te ondersoek en dai kommissie gaan weer n ander kommissie aanstel om dai kommissie te ondersoek ens. ens

Elke ·

Hoekom is die man nie in aanhouding nie? Hy het n paspoort en die dondse wat nodig is om hom n hoë vlugrisiko te maak. Hy hoort in die tjoekie.

JG ·

Toe-toe Zuma…jy wou mos jou dag in die hof he^…wat is dit dan nou met jou ???

Piet Pille ·

Sal al ons S A spanne nie nou met ‘n band van “783” om die arm loop i.p.v die beroemde onderdrukkings- teken van 4664 nie.

John ·

Moenie so wreed wees nie, al ons hogeres wat olik is moet mos oorsese medici gaan spreek en die beste dokters woon in Dubai. Die verhoor is uitgestel want hy gaan baie sieker word voor die verkiesing en wat gaan dan gebeur? En dan is hy reeds voorheen onskuldig bevind in dieselfde stad, waarom wil hulle hom nou weer daar vervolg? Hy is vrywild verklaar of soiets. Eno help natuurlik ook vir sooibrand maar het die ex-prez geld daarvoor?

Realis ·

Kom ons kyk hoe onplooi hierdie ene.
Uitstel en uitstel so lank as wat hulle kan wegkom daarmee.
Hofsaak, bewyse wat nie werk nie, getuies wat verdwyn, ens.
Skuldigbevinding op ietsie kleins.
Tronk toe vir ‘n paar dae dan word hy terminaal siek.
Kry amnestie om by sy huis te gaan sterf.
Leef tot 95 in Nkandla op belastingbetalers se geld.

Het dit al soveel keer gesien , dis heel voorspelbaar.

JG ·

Carl Niehaus…wat weet ou Zuma van JOU dat jy so kruiperig is …hmmmm???

Reti ·

My selle gedagte. Wens die arme ou kan net sy groot Afrikaanse mond toe hou.

Johann cb ·

Hierdie skurk gaan nog skotvry daarvan afkom en SA gaan met die gebakte pere sit! Hy sal nog ‘n heldebegrafnis kry, waarvoor ek en jy gaan opdok!

Oujongvrou ·

Gaap, hy gaan nooit ooit aanspreeklik gehou word vir engiets nie.

christa ·

hy sal weet enigiets prober om die saak so lank moontlik uit te stel. Hy is so slinks soos die houtjie van die galg

Nico ·

Hierdie uitstel is ‘n yslike grap. Zuma is ‘n meester om die regstelsel te “snoeker”. Ramapoza ( ‘n Lemba en ‘n swart Jood) sal heelwaarskynlik met die komende verkiesing in 2019 ontsetel word en deur Zuma se ex vrou vervang word. En sy sal heelwaarskynlik Zuma van al sy misdade kwytskeld. Die ou knaap speel vir tyd. Hou dop!!

Eddie ·

Wees verseker Zumpie is te uitgeslape vir die Vervolgingsgesag En sy vertragings raadgewers nog skerper !! Zumpie is so te sê ‘n vry man !

peter holmes ·

Ek sien ou Zuma het nog nie eers vir Carl bevorder na die rang van onder korporaal nie. Hy is nog steeds n troepie. Seker die oudste een wat ek ken.

Adam ·

Vreemd, maar elke keer wat ek die naam Carl Niehaus hoor, kots ek teen my eie verhemelte.

Pietman ·

Nico ek sal my n papie lag as dit gebeur soos jy sê en Zuma sê ex sluit hom toe. Moenie n ex onderskat nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.