Zuma mag nie appelleer teen uitspraak oor Hanekom-twiet

Die hof het oudpres. Jacob Zuma beveel om op te dok oor die twiet waarin hy na Derek Hanekom as ‘n apartheidspioen verwys.

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Donderdag oudpres. Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen ʼn beslissing oor sy Derek Hanekom-twiet van die hand gewys. Die hof het aanvanklik bevind dat Zuma se twiet in Julie, waarin hy aangevoer het Hanekom was ʼn spioen vir die apartheidsregering, lasterlik was. Zuma het in sy aansoek om verlof tot appèl aangevoer dat die uitspraak hom “muilband”.

Regter Dhaya Pillay het verduidelik dat selfs al sou die hof aanvaar dat hy in sy beslissing van September op Zuma se reg op vryheid van uitdrukking inbraak gemaak het, Zuma nie in sy eie interpretasie van die twiet erken het dat dit ook Hanekom se reg op waardigheid geskend het nie.

Sy het tydens haar uitspraak Donderdag gesê die saak gaan oor die natuurlike betekenis van Zuma se twiet en wat ʼn “normale, regdenkende leser met normale intelligensie” daaronder sou verstaan. Hanekom het aangevoer die twiet impliseer dat hy ʼn apartheidspioen is.

’n Skermskoot van oudpres. Jacob Zuma se twiet.

Zuma het egter aan die hof gesê hy kies sy woorde versigtig en as hy Hanekom ʼn apartheidspioen wou noem, sou hy dit uitdruklik doen.

Maroela Media het vroeër berig Zuma het op 25 Julie vanjaar ʼn twiet geplaas waarin hy beweer dat Derek Hanekom ʼn bewese vyandige agent is. Hanekom het toe die oudpresident vir naamskending vir R500 000 gedagvaar.

Pillay het in September beveel dat Zuma vir Hanekom moet vergoed vir dié twiet. Hy moes die twiet binne 24 uur van alle mediaplatforms, ook sy Twitter-rekening, verwyder en ʼn openbare verskoning op Twitter aan Hanekom rig. Hy moes ook Hanekom se regskoste betaal.

Pillay het Donderdag gesê Zuma moes die hof oortuig dat hy ʼn realistiese kans het om te slaag. Hy kon dit nie regkry nie.

“Die appèl het geen redelike vooruitsigte op sukses voor ʼn ander hof nie,” het Pillay bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

12 Kommentare

jongste oudste gewildste
Johann

Hehehehehe…..

Wit Willem

Lekker kry ek nou!!!

hehehehehe

hehehehehehe hehehehehe hehehehehehe hehehehehehe

Toe nou

Comrade JZ se sake verdien te veel media dekking. Hy soek net simpatie en aandag en werk met n plan. (Ag, en dan neem nie net sy geheue af nie maar sy gesondheid ook) Op die einde is hy self die oorsaak dat al sy hofsake, Bv. soos die wapenskandaal, elke keer uitgestel word. maar ek voorspel in elk geval, dat voordat hy aan enige wandade skuldig bevind gaan word,sal ons liewe comrade #1, seker aansoek doen om as “een of ander geestes toe stand” gesertifiseer te word, wat daarop sal neerkom dat hy nie geestelik welgesteld is om verhoor… Lees meer »

Johann cb

En só maak Mnr JZ nóg meer skuld!