Zuma mag nie appelleer teen uitspraak oor Hanekom-twiet

Die hof het oudpres. Jacob Zuma beveel om op te dok oor die twiet waarin hy na Derek Hanekom as ‘n apartheidspioen verwys.

Die hooggeregshof in Pietermaritzburg het Donderdag oudpres. Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen ʼn beslissing oor sy Derek Hanekom-twiet van die hand gewys. Die hof het aanvanklik bevind dat Zuma se twiet in Julie, waarin hy aangevoer het Hanekom was ʼn spioen vir die apartheidsregering, lasterlik was. Zuma het in sy aansoek om verlof tot appèl aangevoer dat die uitspraak hom “muilband”.

Regter Dhaya Pillay het verduidelik dat selfs al sou die hof aanvaar dat hy in sy beslissing van September op Zuma se reg op vryheid van uitdrukking inbraak gemaak het, Zuma nie in sy eie interpretasie van die twiet erken het dat dit ook Hanekom se reg op waardigheid geskend het nie.

Sy het tydens haar uitspraak Donderdag gesê die saak gaan oor die natuurlike betekenis van Zuma se twiet en wat ʼn “normale, regdenkende leser met normale intelligensie” daaronder sou verstaan. Hanekom het aangevoer die twiet impliseer dat hy ʼn apartheidspioen is.

’n Skermskoot van oudpres. Jacob Zuma se twiet.

Zuma het egter aan die hof gesê hy kies sy woorde versigtig en as hy Hanekom ʼn apartheidspioen wou noem, sou hy dit uitdruklik doen.

Maroela Media het vroeër berig Zuma het op 25 Julie vanjaar ʼn twiet geplaas waarin hy beweer dat Derek Hanekom ʼn bewese vyandige agent is. Hanekom het toe die oudpresident vir naamskending vir R500 000 gedagvaar.

Pillay het in September beveel dat Zuma vir Hanekom moet vergoed vir dié twiet. Hy moes die twiet binne 24 uur van alle mediaplatforms, ook sy Twitter-rekening, verwyder en ʼn openbare verskoning op Twitter aan Hanekom rig. Hy moes ook Hanekom se regskoste betaal.

Pillay het Donderdag gesê Zuma moes die hof oortuig dat hy ʼn realistiese kans het om te slaag. Hy kon dit nie regkry nie.

“Die appèl het geen redelike vooruitsigte op sukses voor ʼn ander hof nie,” het Pillay bevind.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Toe nou ·

Comrade JZ se sake verdien te veel media dekking. Hy soek net simpatie en aandag en werk met n plan. (Ag, en dan neem nie net sy geheue af nie maar sy gesondheid ook) Op die einde is hy self die oorsaak dat al sy hofsake, Bv. soos die wapenskandaal, elke keer uitgestel word. maar ek voorspel in elk geval, dat voordat hy aan enige wandade skuldig bevind gaan word,sal ons liewe comrade #1, seker aansoek doen om as “een of ander geestes toe stand” gesertifiseer te word, wat daarop sal neerkom dat hy nie geestelik welgesteld is om verhoor te word nie. Anders as die gewone publiek, sal comrade #1, op die einde van die dag, met al sy wandade wegkom. En wie moet vir die gelag betaal??? ek, jy, menslikheid en redelikheid. He he he he…..Amandla!Viva Viva.

Outoppie ·

Nou gaan hy daai “firepool” se water botteltjie vir botteltjie moet verkoop om sy regskostes te betaal

Bert ·

Probeer daardie geld maar eers kry voor julle so lekker kry!

aj ·

Hanekom moet oppas dat hy nie ook vir ‘n rit geneem word in ‘n Toyota nie … na die lughawe se rigting …!

andre ·

” Hy wat self agter die deur staan soek altyd ‘n ander daar!’

Die groot ‘spy’ wat die kleintjie uitwys … om die aandag van homself af te trek?

‘Smoke and mirrors … with snake oil’

Gert van Wierdapark ·

Verskoon asb, maar ek moet my kommentaar inkry = He-he-he!!!

Nicolaas ·

Dis natuurlik een vd groot swak plekke in die SA regstelsel – ‘n regter wat uitspraak lewer en dan self besluit sy/haar uitspraak is korrek en dat ‘n ander hof nie anders sal bevind nie. Ondenkbaar. ‘n Regter beoordeel sy/haar eie oordeel. Belaglik. Dis so goed ek gee vir ‘n student sy eie vraestel om te merk. Hulle behoort aansoeke om verlof tot appel na ten minste twee ander regters te verwys wie nie verbonde is aan daardie afdeling vd hof nie. Kon nog nooit verstaan waarom die regstelsel nog nooit hierdie bietjie logika kon bybring nie. Dis mos onsinnig dat ‘n regter na ‘n verhoor sy/haar eie oordeel evalueer

Abe ·

Nicolaas,
Die prosedure wat jy nou bevraagteken is deel van die Romeins Hollandse (Engelse) Regstelsel wat oor eeue heen gevestig en beproef is en waarop ons regspleging ook gebasseer is. Dit word feitlik oor die hele wereld toegepas en word oor die algemeen erken, deur regskenners, as n baie goeie regstelsel.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.