Zuma mag nie meer by Cosatu-geleenthede praat

Pres. Jacob Zuma tydens die Vryheidsdagvieringe op 27 April 2017 in KwaZulu-Natal (Foto: GCIS)

Die vakbondfederasie Cosatu het pres. Jacob Zuma verbied om van nou af by enige van sy geleenthede te praat.

Bheki Ntshalintshali, Cosatu se hoofsekretaris, het gesê sommige Cosatu-leiers voel om Zuma toe te laat om as spreker op te tree strook nie met die vakbond se versoek dat hy bedank nie.

“Tydens ‘n spesiale vergadering van die uitvoerende komitee het ons besluit ons stem saam met die werkers dat om Zuma toe te laat nie strook met ons standpunt dat ons sy leierskap nie meer vertrou en ondersteun nie,” het Ntshalintshali gesê.

Volgens hom is daar by dié vergadering vasgestel dat Zuma nie meer welkom is om die skare toe te spreek by enige van die vakbondfederasie se geleenthede nie.

Ntshlintshali het gesê dit sal ook so aan die ANC oorgedra word. Dit volg nadat Zuma uitgejou is tydens Cosatu se Werkersdagviering in Bloemfontein. Dit was die eerste keer in die geskiedenis dat ʼn ANC-president nie by ʼn Werkersdagviering kon optree nie. Volgens hom het Cosatu die ANC genooi om die viering by te woon, en nie vir pres. Zuma spesifiek nie.

Cosatu en die Suid-Afrikaanse Kommuniste Party (SAKP) het Zuma reeds voorheen versoek om te bedank en het sy leierskapstyl, skandale en korrupsie as redes aangevoer.

Verslaggewers het Ntshalintshali gevra of Cosatu nou ook verbied word om enige geleenthede waar Zuma optree by te woon. “Dit is dan ANC-geleenthede, nie Zuma-geleenthede nie. Daar sal baie ander geleenthede wees waar ons oor beleid kan gesels en ons sal aan die aktiwiteite deelneem,” het hy gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Johann ·

Moet hom nie net muilband nie, sit hom sommer vir 25 jaar in voetboeie.

Genieve ·

Niemand het meer vir hom respek nie.As ek so uitgekryt word,het ek lankal di pad gevat.My vel word teveel van my gesig afgetrek

Magda ·

Mooi so Cosatu – al die verskillende Partye moet hom belet.

Johann ·

NUMBA WHONE het nie n verhoog of mikrofoon nodig om chaos en verwoesting te saai nie. Hy gaan seker weer se.dis als deel van n gesonde demokrasie…whahahaha!!!!

Pieterlewismuts ·

My wereld – Die President word verbied om toesprake te lewer by gekose verhoë.
Wil jy nou meer.

Inez ·

Bietjie te min, te laat. Die een voordeel is dat hy nie die “rasist” kaart hier kan speel nie…hehehehe.
Die situatie is nou soos met LO (ligaamsoefeninge) in die ou dae op skool, waar die 2 spanne gekies moet word vir ‘n sport, en die 2 kapiteins baklei oor hom – want die een van hulle wil hom in die span he nie!

marous ·

Mag hy dan gebare maak ? Die doofstom tolk van die sokker fiasko kan dan seker ook weer ‘n werkie kry…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.