Zuma mag teen kostebevel appelleer

Oudpres. Jacob Zuma in die hof. Foto: Leon Lestrade/ANA

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag voormalige pres. Jacob Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen die R10 miljoen kostebevelfooie wat aan sy staatskaping hofsake bestee is, toegestaan.

Zuma wil appelleer teen ʼn hofbevel van Desember 2017 dat hy persoonlik verantwoordelik gehou moet word vir die regskoste van die destydse hersieningsaansoek teen die regstellende aanbevelings in die voormalige openbare beskermer se staatskapingverslag.

Zuma het op die tweede dag van die multi-miljoenrandse hofgeding in 2017 sy poging om die uitreiking van die staatskapingsverslag te voorkom laat vaar. Opposisiepartye het daarom geëis dat Zuma self pa staan vir die saak se koste.

Adv. Thabani Masuku, Zuma se regsverteenwoordiger, het gesê dié bevel van 13 Desember teen Zuma was bestraffend en het hom as roekeloos bestempel. Volgens Masuku verdien Zuma die geleentheid om te reageer op die afleidings van die hooggeregshof rakende sy gedrag.

Zuma het in sy beëdigde verklaring gesê die hof het foutiewelik gelas dat hy roekeloos, onredelik en onverstandig was in sy optrede om die hof te nader oor die remediërende aksie.

Hy het voorts gesê dat hy die openbare beskermer se remediërende aksie teenstaan soos dit in die staatskapingsverslag vervat is, aangesien hy ʼn getroue voorstander van die Grondwet is.

“Aangesien ek verplig was om die Grondwet te handhaaf, het ek gedink ek het ʼn plig om te verseker dat die hof vasstel of die openbare beskermer korrek was of nie.”

Volgens Zuma het die hof hom onregverdig gestraf omdat hy die staatskapingsverslag wou bevraagteken.

Zuma het nou die eerste struikelblok oorkom deur toegelaat te word om as party tot die hofgeding toe te tree. Die onderskeie partye beraadslaag nou met die regter oor wanneer die appèlaansoek aangehoor sal word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

7 Kommentare

Lynette ·

Hierdie land en sy wette asook sy wetstoepassers is n groot komedie.

Genieve ·

Die man het darem baie voordele en regte dis hoekom hy die land is so gemors gelos het en smile breed vir elke kamera ek sal my skaam..vergewe my

Griki ·

Dis dieselfde man wat nie so baie lank gelede nie deur die K/H skuldig bevind is daaraan dat hy die Grondwet oortree het. Nou is dit skielik sy plig om die Grondwet te handhaaf omdat hy R10 miljoen moet betaal. Ek hoop die hooggeregshofhof se bevel word gehandhaaf. Hy mag nie wegkom met die skade wat hy die land aangedoen het nie.

Irma ·

Tenspyte van die feit dat dit dié man is wat SA geplunder het tot op die randjie waardat die land en belasting betalers hul bevind, is daar nogsteeds uitsprake wat vir hom voordelig is. My kop is waarskynlik te klein om te verstaan hoe sulke kriminêle optrede voortgaan om ons te frustreer en belasting geld met oenskynlike toestemming te misbruik. Wanneer gaan dit end kry?

Breindood ·

Nee sien jy het n brein nodig om skuldig te voel…..selfs n halwe brein sou doen!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.