Zuma, Mbete sê oor ‘geheime stemming’

President Zuma during a press briefing

President Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma en die speaker Baleka Mbete het Donderdag repliek gelewer op die UDM se aansoek by die konstitusionele hof dat ʼn mosie van wantroue in die parlement deur middel van ʼn geheime stemming moet geskied.

Zuma het in sy hofstukke gesê sy besluit om die kabinet te skommel was “rasioneel”. “Ek neem kennis van die uitlatings deur die sekretaris-generaal van die ANC Gwede Mantashe en adjunkpres. Cyril Ramaphosa oor ʼn beweerde versuim aan my kant om met ANC-leiers en beamptes te vergader oor veranderinge in die kabinet. “Wat ek as president van die regerende party doen, is ʼn politieke saak. Wat ek as die president van die republiek doen, moet voldoen aan die Grondwet en die reg.”

Zuma het gesê die UDM se bewering, dat LP’s geïntimideer sou voel om openlik te stem, of dat dit hul loopbane kan beïnvloed, is “onwaar”. “Daar is geen bewyse vir dié bewering nie.”

Maroela Media het vroeër berig die UDM het die hof genader om te versoek dat die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma volgende week met ʼn geheime stem beslis moet word.

Hy het gesê hy neem ook kennis van die kredietgraderingsagentskappe S&P Global en Fitch wat die land na rommelstatus afgegradeer het. “Hierdie is egter nie die behoorlike forum om die redes wat hulle vir die afgradering aangevoer het, aan te spreek nie. Ek verwys slegs daarna om daarop te wys dat die besluite gebaseer word op spekulasie oor die moontlike gevolge van my besluit.”

Zuma het gesê hy wil daarop wys dat die faktore waarop die risiko-assessering gebaseer is, niks te doen het daarmee of hy of die regering die besluite [om die kabinet te skommel] wettig of onwettig gedoen is nie. “Selfs besluite wat wettiglik geneem is, kan deur sulke kredietgraderingsagentskappe beskou word as ʼn impak op die risikoprofiel van ʼn land.”

Hy het bygevoeg Fitch se bewering dat die kabinetskommeling, wat die vervanging van die minister en adjunkminister van finansies insluit, die rigting van die ekonomiese beleid van die land sal verander, is duidelik gebaseer op ʼn “wanopvatting van dit wat die Grondwet voorskryf”.

Volgens Zuma is daar “geen gronde vir die aanname dat ʼn doeltreffende uitvoerende optrede vereis dat ʼn stemmery tydens ʼn mosie van wantroue in die geheim moet plaasvind nie”. “Daar is niks in die Grondwet wat voorskryf dat ’n president verkies of verwyder moet word deur middel van ’n geheime stembrief nie.”

Die UDM voer aan daar is geen realistiese moontlikheid dat ʼn mosie van wantroue sal slaag sonder ʼn geheime stemming nie.

Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, het op haar beurt gesê sy is persoonlik nie gekant teen ʼn geheime stemming tydens ʼn mosie van wantroue nie. “Ek word egter verbind deur die Grondwet en het geen mag om die aansoeker se versoek toe te staan nie.”

LP’s sou aanvanklik op 18 April oor die mosie van wantroue debatteer, maar dit is op versoek van opposisiepartye, hangende die beslissing van die konstitusionele hof oor die geheime stemming, tot ’n latere datum uitgestel.

Die UDM het nou tyd tot 19 April om op Zuma en Mbete se hofstukke te reageer en die partye moet hul finale replieke teen 21 April indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.

13 Kommentare

jongste oudste gewildste
Cherokee

Quote
Volgens Zuma is daar “geen gronde vir die aanname dat ‘n doeltreffende uitvoerende optrede vereis dat ‘n stemmery tydens ‘n mosie van wantroue in die geheim moet plaasvind nie.”
End Quote
Die kruks in hierdie stelling is die woord ‘doeltreffende’; maw watter doel moes getref word.

Jakkalas

Vra maar vir Derek Hannekom waarheen sy werk is toe hy ‘n mosie van wantroue teen Zuma bring.

MANIE

Die skelm sal nie hof toe hardloop as hy seker was n geheime stemming gaan hom nie uit die kussings lug. Dit wys net die totale intimidasie wat die anc oor sy lede het. Hullw wil mooi kyk wie stem teen die koning

Johann

Mens het nie woorde om hierdie gespuis te beskryf nie. Waldimar Pelser het nogal naby daaraan gekom. Ek was toentertyd, net na Zuma president geword het, nie naby aan wat hy nou die dag gesê het nie en ek was destyds verguis dat ek dit durf waag het om die president ‘n pateet te noem. En kyk vandag selfs die spotprente van hom wat geteken word. O en die skilderye. Nou is ek toepstil.

Blits

Ja en nie det Derek Hannekom nie, Pravin Gordhan, Jonas, almal wat uit gehaal is het teen ZUMZUMDOM gepraat en hulle het hulle werk verloor, mense wat n baie goeie werk gedoen het is uit gehaal en onbevoegte mense is ingesut soos GIgaba en die een van die poliesie wat geen maar geen ondervingding of kennis het van die wette of poliesie nie rasioneel soos hy wil voorgee nie, en natuurlik word die MPs geintimideer, dis duidelik sigbaar in die berigte en die live gesprekke oor die tv wat beteken dit dan as een sê julle beter nie teen die… Lees meer »