Zuma, Mbete sê oor ‘geheime stemming’

President Zuma during a press briefing

President Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma en die speaker Baleka Mbete het Donderdag repliek gelewer op die UDM se aansoek by die konstitusionele hof dat ʼn mosie van wantroue in die parlement deur middel van ʼn geheime stemming moet geskied.

Zuma het in sy hofstukke gesê sy besluit om die kabinet te skommel was “rasioneel”. “Ek neem kennis van die uitlatings deur die sekretaris-generaal van die ANC Gwede Mantashe en adjunkpres. Cyril Ramaphosa oor ʼn beweerde versuim aan my kant om met ANC-leiers en beamptes te vergader oor veranderinge in die kabinet. “Wat ek as president van die regerende party doen, is ʼn politieke saak. Wat ek as die president van die republiek doen, moet voldoen aan die Grondwet en die reg.”

Zuma het gesê die UDM se bewering, dat LP’s geïntimideer sou voel om openlik te stem, of dat dit hul loopbane kan beïnvloed, is “onwaar”. “Daar is geen bewyse vir dié bewering nie.”

Maroela Media het vroeër berig die UDM het die hof genader om te versoek dat die mosie van wantroue teen pres. Jacob Zuma volgende week met ʼn geheime stem beslis moet word.

Hy het gesê hy neem ook kennis van die kredietgraderingsagentskappe S&P Global en Fitch wat die land na rommelstatus afgegradeer het. “Hierdie is egter nie die behoorlike forum om die redes wat hulle vir die afgradering aangevoer het, aan te spreek nie. Ek verwys slegs daarna om daarop te wys dat die besluite gebaseer word op spekulasie oor die moontlike gevolge van my besluit.”

Zuma het gesê hy wil daarop wys dat die faktore waarop die risiko-assessering gebaseer is, niks te doen het daarmee of hy of die regering die besluite [om die kabinet te skommel] wettig of onwettig gedoen is nie. “Selfs besluite wat wettiglik geneem is, kan deur sulke kredietgraderingsagentskappe beskou word as ʼn impak op die risikoprofiel van ʼn land.”

Hy het bygevoeg Fitch se bewering dat die kabinetskommeling, wat die vervanging van die minister en adjunkminister van finansies insluit, die rigting van die ekonomiese beleid van die land sal verander, is duidelik gebaseer op ʼn “wanopvatting van dit wat die Grondwet voorskryf”.

Volgens Zuma is daar “geen gronde vir die aanname dat ʼn doeltreffende uitvoerende optrede vereis dat ʼn stemmery tydens ʼn mosie van wantroue in die geheim moet plaasvind nie”. “Daar is niks in die Grondwet wat voorskryf dat ’n president verkies of verwyder moet word deur middel van ’n geheime stembrief nie.”

Die UDM voer aan daar is geen realistiese moontlikheid dat ʼn mosie van wantroue sal slaag sonder ʼn geheime stemming nie.

Baleka Mbete, speaker van die Nasionale Vergadering, het op haar beurt gesê sy is persoonlik nie gekant teen ʼn geheime stemming tydens ʼn mosie van wantroue nie. “Ek word egter verbind deur die Grondwet en het geen mag om die aansoeker se versoek toe te staan nie.”

LP’s sou aanvanklik op 18 April oor die mosie van wantroue debatteer, maar dit is op versoek van opposisiepartye, hangende die beslissing van die konstitusionele hof oor die geheime stemming, tot ’n latere datum uitgestel.

Die UDM het nou tyd tot 19 April om op Zuma en Mbete se hofstukke te reageer en die partye moet hul finale replieke teen 21 April indien.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

Cherokee ·

Quote
Volgens Zuma is daar “geen gronde vir die aanname dat ‘n doeltreffende uitvoerende optrede vereis dat ‘n stemmery tydens ‘n mosie van wantroue in die geheim moet plaasvind nie.”
End Quote
Die kruks in hierdie stelling is die woord ‘doeltreffende’; maw watter doel moes getref word.

Jakkalas ·

Vra maar vir Derek Hannekom waarheen sy werk is toe hy ‘n mosie van wantroue teen Zuma bring.

MANIE ·

Die skelm sal nie hof toe hardloop as hy seker was n geheime stemming gaan hom nie uit die kussings lug. Dit wys net die totale intimidasie wat die anc oor sy lede het. Hullw wil mooi kyk wie stem teen die koning

Johann ·

Mens het nie woorde om hierdie gespuis te beskryf nie. Waldimar Pelser het nogal naby daaraan gekom. Ek was toentertyd, net na Zuma president geword het, nie naby aan wat hy nou die dag gesê het nie en ek was destyds verguis dat ek dit durf waag het om die president ‘n pateet te noem. En kyk vandag selfs die spotprente van hom wat geteken word. O en die skilderye. Nou is ek toepstil.

Blits ·

Ja en nie det Derek Hannekom nie, Pravin Gordhan, Jonas, almal wat uit gehaal is het teen ZUMZUMDOM gepraat en hulle het hulle werk verloor, mense wat n baie goeie werk gedoen het is uit gehaal en onbevoegte mense is ingesut soos GIgaba en die een van die poliesie wat geen maar geen ondervingding of kennis het van die wette of poliesie nie rasioneel soos hy wil voorgee nie, en natuurlik word die MPs geintimideer, dis duidelik sigbaar in die berigte en die live gesprekke oor die tv wat beteken dit dan as een sê julle beter nie teen die president stem nie annders verbreuk julle die wet van die anc, maar mothlane het gese daar bestaan nie so wet nie. Dis duidelik sigbaar dat die MP’s gedruig word, selfs die verwydering van die MP’s wat teen hom gekant was is n duidelike boodskap, gaan teen zuma en jy het nie meer n politieke loopbaan nie PUNT

Johann ·

Hiert, kyk hoe dans die kat sulke ggggrrrroooooot draaie op die warm sinkplaat. Zuma probeer elke moontlike gat toestop wat dalk kan beinvloed dat hy nou al moet tatta! As die ANC dan so verseker is van die blinde lojaliteit van die ANC kader, hoekom so bekommerd wees oor n geheime stemming? Kan net lag oor Zuma se redenasie. Slimmer as Wêreld standaard intelegensie…seker sy bokwagter strategie toegepas?

SARIE VAN HEERDEN ·

‘n Spotprent wat geteken is om te wys Zuma trek sy gulp op, Malema wat se Zuma moet ‘n laaaaang verlof neem en sy beeste en hoenders gaan oppas is nie genoeg vir die selfrespek van iemand wat kastig die hoof van ‘n volk staan nie. Hoe gaan ons ooit ontslae raak van hierdie dikvellige ongeletterde man?

J de Bruyn ·

Hoekom word ‘n demokratiese president toegelaat om só haat tussen bevolkingsgroepe aan te wakker?? Hoekom word hy nie aangekla nie.. Hellen Zille is oor 1 Insident aangekla, maar Zuma hou net aan.. Die protesoptogte is ‘n bewys dat ons almal in eenheid kan en wil staan. Ons wil ‘n president hê wat ons kan respekteer. Hy is tog nie hoër as die wet nie. Kyk hoe word ons belastingbetalers se geld vermors.. Ons het ‘n sê wat met ons geld mag gebeur.

SARIE VAN HEERDEN ·

Ek kon nie veel verkeerd versaan van Hellen Zille se kommentaar nie maar na wat met haar gebeur het lewer ek GEEN kommentaar nie. Maar wat ek wel in my tyd beleef het is dat ‘n Amerikaanse president (Nixon) afgedank is sonder veel seremonie net omdat hy en sy maatjies afgeluister het. Of soiets. Dit het so vinnig gebeur en nie veel relaas daaroor nie.
Suid-Afrika sit met ‘n man wat totaal onaanvaarbaar is en waaroor die buiteland lag met al sy blapse, hy het ‘n swetterjoel kriminele aanklagte teen hom.

Cherokee ·

Sarie Van Heerden, my standaard (soos in alledaagse) opinie is dat jy heel opgeskerp is met wêreldgebeure. Ek hoop jy neem ook in ag dat Zille verskoning gevra het vir haar tweet rakende die voordele wat kolonialisme gebring het ‘en dit dus gekanselleer het’. Sy stem dus nie meer met haarself saam nie, so vir ieder en elk van haar bewonderaars wat hier lees, júlle is dieselfde’.

Willie ·

Cherokee, jy is regtig n persoon met soos die mense sal se’, “gedagte”. Ek verstaan nie hoe tonnelvisie die mense het om raak te sien hoe Zille die politieke bal saam met die Anc speel nie. Die Guptas wys ten minste hulle ware kleure, maar sy, nee!!!! Gevaarlik

Willie ·

Cherokee,ek probeer jou so ondersteunend antwoord, maar die Gupta media wil nie my skrif goedkeur nie. Jy dink oopkop

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.