Zuma meen struggle-agtergrond is genoeg

Zuma Sondag in Gaseleka. Foto: Chester Makana/ANA

Zuma Sondag in Gaseleka. Foto: Chester Makana/ANA

Die ANC se struggle-agtergrond is genoeg rede vir kiesers om die party te steun in die munisipale verkiesing.

Pres. Jacob Zuma het Sondag in Gaseleka naby Lephalale (Ellisras) in Limpopo gesê die ANC het die apartheidsregering suksesvol verslaan en wetgewing wat swart mense uitgesluit het, verander. “Ons het baie van die uitdagings wat ons in die gesig gestaar het, aangepak deur die uitdaging van onderdrukking aan te pak.”

Volgens Zuma het die ANC ook maatskaplike en ekonomiese beleid verander om mense wat deur apartheid uitgesluit is, in te sluit. Zuma het ʼn beroep op kiesers gedoen om op 3 Augustus vir die party te stem. Indien hulle hierdie verantwoordelikheid nie aanvaar nie, kan dit die ANC se mag verminder.

“Indien jy nie stem nie en dink daar is baie ander wat stem, lewer jy nie ʼn goeie diens aan die ANC nie, want jy wil hê die ANC moet met ʼn klein meerderheid wen. Indien die party met ʼn klein meerderheid wen, sal die party min mag hê. Indien daar min mag is, sal daar min dienslewering wees.”

Zuma het gesê die ANC is anders as die ander politieke partye. “Ander partye is net politieke partye, maar die ANC is ʼn struggle-beweging.” Die ANC sal ook voortgaan om sy maatskaplike ontwikkelingsprogram in werking te stel ten einde die nalatenskap van apartheid en koloniale heerskappy aan te spreek.

“Ons sorg vir 17 miljoen mense wat niks sal hê om te eet nie. Ons het dienste gelewer ten opsigte van onderwys en sê arm kinders moenie betaal nie.”

Zuma het weer beklemtoon die DA is ʼn “kind van die Nasionale Party en ʼn slang wat swart mense wil onderdruk en die ANC wil byt”.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

38 Kommentare

Koos ·

Slu bly maar hierdie man se geaardheid het hy geen skaamte of onderskat hy net sy kiesers die kiesers wat hy en sy party arm en ongeskoold hou.

Sarie ·

Hartseer soos dit is as gevolg van die swak onderwys is sy ondersteuners so oningelig dat hulle hom glo. Hy is dan die groot Indoena

Anti DA ·

Hy maak ‘n fout sy kolega kortbroek het die NP kiesers belieg en na die verkiesing by die anc aangesluit so die NP het sy party sterk gemaak deur oningeligte kieser net soos nou die geval is met die klomp wat DA stem in pleks van om die VF + te ondersteun wat na “ons” belange omsien

Columbiana ·

As al die Afrikaners vir die VF+ stem wat sal gebeur? Net mooi bogger all dis wat.

Lida ·

Anti DA, jy hoef nie noodwendig die DA te steun nie maar besef jy dat hule die ENIGSTE pary is wat sterk genoeg is om die ANC uit die kussings te lig. Hulle het ‘n 98% kans die ander het GEEN kans nie. Jy kan volgende keer stem vir wie jy wil maar groot asseblief stem net hierdie keer vir die DA in ‘n poging om hulle te versterk en die ANC te verslaan. Dit is mos al wat ons wil hê, nie waar nie. Om nou vir enige ander party te stem gaan kosbare stemme verlore. Mense gebruik asb julle verstand. Stem net DA al steun julle hulle nie. Dit gaan baie help om van hierdie klomp korrupte skelms ontslae te raak.

Cherokee ·

My eie gewete verraai deur aam met die DA te stem vir grondonteiening en regstellende aksie? Vir die DA stem en dus saamstem met wat hulle aan hul eie lede soos Penny Sparrow doen? Vir die DA stem terwyl hulle een van die grootste vyande is van die Afrikaanse taal? Julle is verspot hè! Julle kan nie ernstig wees nie.

Klong ·

Ek stem saam Lida ,maar hoe verduidelik jy dit vir eimand wat op sy eie eiland bly

Cherokee ·

Nie met niksseggende sinnetjies nie maar deur feite te beredeneer.

Sarie ·

Daar is niks verkeerd om vir jou beginsels te stem al is dit n klein partytjie. Dis demokrasie. As die klein partytjie in koalisie is met ander partye is dit beter want dan word al die belange op die hart gedra . Sien Zille sê mense moenie vir n klein party stem nie -seker bang die VF + vat n paar setels.

Hein ·

Lida net een stem teen die ANC kan die ANC uit die kussings lig. Dit kan enige party wees self die VF+. Hulle gaan beslis nie in koalisie met die EFF wees nie.

Melt Olckers ·

Zuma is besig om ‘n vals geskiedenis te verkondig. Reeds in 1990 het die NP begin om apartheidswette af te skaf. Die NP het ook nie later deel van die DA geword nie, maar wel van die ANC toe Kortbroek by hulle aangesluit het en ‘n minister geword het.

neelsie ·

J Z jou’ struggle’ het ook nou begin.
D A is maar net Anc in blou.

Arie ·

Ek stem, die DA gaan dinge net op ‘n ander manier doen maar die resultaat gaan dieselfde wees

Columbiana ·

Ons sorg vir 17miljoen mense. Jis wanneer het daar 17miljoen Guptas die land binne gekom. ??

Anti DA ·

Hierdie is nou ‘n geval soos in engels don’t argue with a fool because he takes you down to his level and then he beats you with experience.

Columbiana ·

Sjoe mens moet duidelik nie humoristies wees hier nie. Sommer self my kommentaar gerapporteer wil tog nie die tannie onstel nie.

Jannie ·

Hy dans soos n kat op n warm yster, mense besef dit! ANC se grootste probleem…. Ek vertrou ons sien die resultaat in die uitslag.

Bruno Stef ·

Die NP het gehalveer sommige het by die DP aangesluit en die DA gevorm terwyl die ander spul by die ANC meestal as agterbankers met een of twee uitsonderings as minister of adjunk gebruik is om vir die ANC “windowdressing” te doen.Dit is waar die Gert Oosthuizens/ Boy Geldenhuis /Kortbroek en vele ander hulle nou bevind.Die ouens is beroep Politikuste en Ja- broers ” come hell or high water”. Die mense moet mooi dink voor julle jul stem uitbring dit is n kwessie van “Once bitten twice shy’ ondersteun die VF+ eerder vir gemoedsrus as jy na die optrede van die narre in die verlede kyk.

Cherokee ·

Die DA gevorm? Bruno jy klink gewoonlik asof jy meer weet as nou! Die DA is Helen Suzman en Van Zyl Slabbert se ou liberale Progresiewe Party (Progge) wat al die jare geveg het vir ‘n swart regering. Hulle het net van naam verander. Hulle het nou gekry waarvoor hulle jare lank geveg het en nou veg hulle daarteen.

Nita ·

Korreksie Zuma ANC het nie apartheidsregering verslaan nie. Ons het die land vir julle op n skinkbord gegee, deur Ja te stem in n referendum.

Theresa ·

Netso. En die idee met al daardie baie samesprekings was nie dat als afdraend moes loop nie.

aarkiebal ·

die man lyk darem baielig van kleur vir n zoeloe. was hy net lanklaas in die son of is dit sy voorverkiesing tan?

Theresa ·

Haai sies meneer President, hoe kan jy na iemand as ‘n slang verwys en ander diertjie mag nooit genoem word nie of boetes en skorsing is ter sprake? En, dis vir die hele wêreld ‘n grap dat mense nog probeer skuil agter hoe ander hul kamstig sus en so sleg behandel het – terwyl hulself nog nooit ophou verniel, plunder, swak diens gee (dis nou kamstig die oorwinning oor als wat vreeslik sleg was!) en ander pad kyk vir foute wat nou herhaal word maar blind na gestaar word???? Mense het gespot met ‘n vinger wat heeltyd omhoog gehou was tydens speaches. Nou is dit die vuis wat so geswaai word, wat vreeeeeeslik irriteer.

Piet ·

My suster het vir my gese dat ek moet gaan stem in die vorige verkiesing (vir die DA), want as ek nie sou stem nie sou dit noodwendig beteken ek stem eintlik vir die ANC. Gelukkig het ek nie my tyd gaan mors om te stem nie, maar nou wil ek vir haar se, “gaan stem nou en stem vir die ANC, want as jy dit nie doen nie stem jy vir die EFF. Die DA is amper geen faktor nie, maar die wat vir die ANC sou stem stem nou vir die EFF. Hoe meer woema Zuma verloor hoe meer radikaal raak hy. Hy kaap m.a.w EFF beleid, en hoop om so die steun van die meerderheid te behou. Dis dieselfde taktiek wat Robert Mogabe gebruik het.

Lida ·

Cherokee, dan moet julle maar met die ANC sit tot in ewigheid. Geen een van die ander partye kan die ANC lig nie net die DA kan want hulle is tans die sterkste. Dit gaan nie oor saamstem nie, ons wil net vir JZ uit kry. Jy het nog baie jare voor om te stem vir wie jy wil. Hierdie verkiesing is van kardinale belang om vir eens en vir altyd van hulle ontslae te raak. Dink bietjie. Die DA tree nie op soos die ANC deur, skole en universiteite af te brand nie, die ANC maak mekaar dood uit protes. Ons soek net verandering al stem ons nie altyd saam met die DA nie. Hulle kan die ANC uitstof mits hulle genoeg stemme kry.

Cherokee ·

Lida, jy sê hulle kan die ANC uitstof mits hulle genoeg stemme kry. Verrassing, daardie woorde is van toepassing op enige party! Ons wil verandering hê, nie net in naam nie maar wesentlike verandering. Nommer 1 is daar buitendien hoegenaamd nie ‘n kans dat die DA ooit die land sal regeer nie. Het jy opgelet teen watter tempo die EFF groei? Wanneer die ANC uitgestem word sal dit wees ten gunste van ‘n nòg meer liberale groep. Nommer 2 het ek ‘n gewete waaraan ek verslag moet doen en ek sien nie kans om daarvoor te stem dat onbevoegdes sentrale posisies beklee en blankes oorsee moet gaan werk soek nie. Nommer 3 is daar geen kans dat ek vir grondhervorming sal stem nie. As jy meer redes wil weet, vra gerus.

Frans C ·

Tyd soos my engelse buurman sê vir ‘n ‘reality check’. Daar is 26.3 miljoen kiesers geregistreer vir die verkiesing. Nie almal sal gaan stem nie. Met ‘n stempersentasie van +- 65 % sal ongeveer 17.1 miljoen mense stem. Die blanke stem sal ongeveer as almal stem 1.8m wees. Dit is dus die druppel in die emmer,

Dit is tyd om te besef dat toe FW die blanke kiesers ‘n gat in die kop gepraat het en die meerderheid blankes ‘Ja’ gestem het, het die blanke en die Afrikanervolk sy lot en toekoms geplaas in die hande van die swart meerderheid. Die DA se steun is ongeveer in stemme dieselfde as die NP en ander konserwatiewe partye.

Wat nodig is om massas swart mense tot ander insigte te bring en te oortuig dat dat ook ‘n beter toekoms daar vir hulle is onder ‘n ander party.Solank Zuma wat van Suid Afrika nog net ‘n Afrikastaat gemaak het volhou met sy leuens en emosies opsweep sal dit nie gebeur nie.

NEL ·

Sien Zuma gryp na die laas gras halms , maar dis mis. Hy praat van diens lewerings en hoe die Anc die land verander het. Net hy en ‘n paar van sy genante het voordeel getrek uit die veranderinge deur korrupsie en ander. Lees ‘n berig oor Richardsbaai die naweek waar een of ander koerant ‘n kompetisie gehou het oor die dorp van die jaar. Natuurlik was daar ‘n paar vereistes wat nagekom moes word soos dienslewering, skoonstedorp, beste munisipaliteite,beste strate ens. Agterna toe sien ek dat die kompetisie gehou is in 1992 en Richardsbaai het dit gewen. Alle bogenoemde het vervalle geraak onder die ANC MUNISIPALITEIT en gaan nie gou hertel word nie.

Willie ·

JZ moet maar eers die belasting betaler se geld terug betaal wat hy op sy privaat woning gespandeer het. Voordat enige vinger gewys kan word na die verlede en dink hy mense gaan vir hom stem terwyl hulle in armmoede lewe. Omgekeerde apartheid is die probleem vandag.

Hein ·

Ek stem saam met Zuma dat die “struggle”-agtergrond al is wat nodig is vir die kiesers van die ANC. Die meerderheid gaan vir die ANC stem en die tweede plek gaan ingeneem word deur die EFF. Derde plek gaan vir die ANC 2de span die DA.

Ben ·

Die President leef in ‘n droom van sy eie. Die ANC het nog nooit iemand “verslaan” nie. Dit was hulle “gee my stukkie brood” gesiggies wat hulle bondgenote wêreldwyd teen die sogenaamde onderdrukkers laat draai het. Self het hulle niks gedoen behalwe hulle eie mense in kampe te mishandel nie. Ons sit hier met ‘n kwessie van ” in die land van die blindes is die een-oog koning”.

Asseblief, ons huishulp wag nou nog vir haar wasmasjien en stoof wat julle haar in die vorige verkiesing belowe het.

Ben Prinsloo ·

Lida met watter slang wil jy te doen kry, met n kobra of n pofadder? Nog makliker wat weeg die swaarste n kilogram vere of n kilogram lood? Ek laat my nie blindstaar teen sekere feite nie. Hierdie Maimane het te veel te sê gehad oor HF Verwoerd. Hy moet sy smoel van hom af hou. Hy is soos van die ander sprekers tereg sê ANC NR 2.

Columbiana ·

Ek is nie ‘n kenner op die VF+ nie so kan die mense wat se stem vir hulle asseblief se wat het hulle bereik as party sover. Hoekom moet ons vir hulle stem? Asseblief gee tog realistiese antwoorde niks van daai ons is die uittverkorene volkswagen nonsens nie want dit gaan defnitief nie mense oor reed dat VF die weg is nie

Columbiana ·

Verdomde predictive text!!
Nie uitverkorene volkswagen nie maar uitverkorene volk

Bruno Stef ·

Cherokee ek gee jou gelyk dat die DA uit die ou Progge ontstaan het maar die DP is deur Willem de Klerk broer van FW gestig met Tony Leon as hulle eerste leier daarvan nadat Helen Suzman uitgetree het en die PFP tot niet gegaan het sy so terloops het vir jare die PFP se enigste setel in Houghton JHB verteenwoordig.Ek myself was vir baie jare op bestuursvlak in die politiek betrokke daarom ag ek dit my plig om kiesers te waarsku om nie die selfde foute oor en oor te maak nie leer uit ons foute van die verlede en moet nie na twak stories luister nie.

Cherokee ·

O askies Bruno, jy het dit laat klink asof jy gedink het dat dit ‘n nuwe stigting was wat natuurlik nie die geval was nie. Jy maak dit egter duidelik dat jy die geskiedenis ken. Ek het ook ‘n lang pad geloop in die politiek as tak-voorsitter by die HNP en jy sal steeds somtyds in my skrywes agterkom dat ek nie op goeie voet was met die KP nie omdat hulle bloot die regse stem verdeel het met basies dieselfde konstitusie. Dit is dieselfde mense wat destyds hulself deur De Klerk laat mislei het wat nou stem vir wat destyds die liberaalste party was – die progge. Die naam is nou verander na DA en nou word vir hulle gestem. Binnekort sal almal ontken dat hulle DA gestem het net soos niemand behalwe De Klerk ja gestem het nie.

Theuns ·

Magtie maar die Zuma het ‘n verbeelding aan hom! Vat maar sy geskiedenis van Jan van Riebeeck. Toe die Reiger, die Teiger en die Titanic in 1652 in die Kaap aankom het was die Xhosas al daar. Laasgenoemde het die kasteel gebou en die pragtigste wynplase aangele. En moet nie eers die teer paaie en snelwee vergeet nie. Die Zoeloes het die eerste kragstasie bokant Gordsbaai gebou. Man die kaap was darem ‘n lekkerplek daaityd!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.