Zuma: ‘Meeste SA’ners nie xenofobies’

'n Vredesoptog teen xenofobie wat in Durban gehou is. Foto: Verskaf

‘n Vredesoptog teen xenofobie wat in Durban gehou is. Foto: Verskaf

Pres. Jacob Zuma het toegegee dat die onlangse vlaag xenofobiese aanvalle nie ʼn eerste was nie, maar het die versekering gegee dat die meerderheid van Suid-Afrikaners nie xenofobies is nie.

Zuma het Vrydag by die presidensiële gastehuis in Pretoria vergader met meer as 50 verteenwoordigers van verskeie organisasies wat die belange van buitelanders in Suid-Afrika beskerm.

Die president het die vergadering belê om meer uit te vind oor buitelanders se bekommernis en om die regering se pogings om ʼn einde aan die geweld te bring oor te dra. Sewe mense is reeds dood tydens die geweld die afgelope twee weke in KwaZulu-Natal en Gauteng.

“Die regering glo daarin om saam die uitdagings wat ons het aan te pak,” het Zuma in ʼn verklaring na afloop van die vergadering gesê. “Om dié rede het ons die vergadering gehou sodat ons besprekings kan hê en organisasies wat buitelanders verteenwoordig kan betrek en sodoende ’n gesamentlike oplossing vir die aanvalle kan vind sodat dit nie weer gebeur nie.”

Zuma het gesê dit is noodsaaklik dat daar ’n permanente oplossing gevind word. ʼn Verslag is tydens die vergadering ontvang oor sake van xenofobiese geweld wat deur ʼn hof aangehoor is na die aanvalle in 2008.

Volgens die presidensie is daar tussen Januarie 2008 en Januarie 2009 ʼn totaal van 79 sake aangehoor waartydens 132 verdagtes verskyn het. Al die verdagtes is verhoor en gevonnis. Zuma het gesê dit is duidelik dat die regering daartoe verbind is om oortreders voor stok te bring.

Die onderskeie organisasies het verskeie voorstelle gemaak. Dit sluit onder meer ʼn teen-xenofobie-veldtog in. Die organisasies het die regering ook versoek om sy migrasiebeleid en -prosesse te hersien.

News24

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

HEVW ·

Vir hierdie verskillende organisaies gaan dit hoofsaaklik oor winsbejag. Daar is meer as genoeg binnelandse vermoens om die plek vol testaan. Die argument dat imigrante dien om volkereverhoudinge te dien dra nie veel gewig nie. Daar besstaan baie ander moontlikhede om dit te realiseer. n Onwettige immigrant wat roof en moor kan geensins n positief daartoe bydra nie. Die gene wat hul terwille van goedkooparbeid akkommodeer behoort vervolg te word. Buitelanders behoort alleen onder streng wetgewing, keuring en tydsbeperking toegelaat te word.

leo ·

Shu vir iemand wat dit opgevuur het . Probeer hy baie hard om dit tu te smeer

Gert van der Merwe ·

In ander berigte kry die media nou die skuld. Maar die regeering spreek nie die regte persone aan nie. Eerste beskuldigde is die pouveer koning en dan die stout seunjie. Hulle het begin en moet verantwoordelik geroep word. Now wil hy die privaat sektore vra om te help. Die regeering het dit begin met Jan van Riebeek. So laat hy sy eie gemors oplos. As hulle kan regeer moet hulle mos dit kan doen. Hulle word meer betaal as wat hulle doen .

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.