Zuma ‘mislei’ oor swart eienaarskap op JSE

Die Johannesburgse aandelebeurs Foto: sharenews.co.za

Die Johannesburgse aandelebeurs Foto: sharenews.co.za

President Jacob Zuma mislei Suid-Afrikaners met die bewering dat slegs 3% van die aandele op die Johannesburgse Aandelebeurs (JSE) deur swart Suid-Afrikaners besit word en blaas daardeur rassespanning aan, het die vakbond Solidariteit Vrydag gesê.

Solidariteit verwys na Zuma se toespraak Donderdag ná die parlementêre debat oor sy staatsrede.

Volgens Johan Kruger, adjunkhoofsekretaris van Solidariteit, toon indringende navorsing deur Alternative Prosperity dat swart Suid-Afrikaners inderwaarheid teen einde 2013 reeds minstens 23% van die aandele op die JSE besit het. Hiervan is 10% direk deur swart beleggers besit en 13% indirek deur institusionele beleggings soos pensioenfondse.

“Dit beteken nie dat die oorblywende 77% net deur wit Suid-Afrikaners besit is nie. Buitelanders het in 2013 reeds 39% van die JSE besit en ʼn verdere 16% was in Suid-Afrikaanse besit, maar Alternative Prosperity kon nie bepaal watter bevolkingsgroep dit besit nie. Die oorblywende 22% is opgemaak uit wit Suid-Afrikaners,” het Kruger gesê.

Volgens Kruger misken Zuma dus die geweldige omvang van ekonomiese verandering wat reeds plaasgevind het. “Buiten dat die 3%-syfer wat Zuma genoem het foutief is, skep dit die wanindruk dat alle aandele wat nie deur swart Suid-Afrikaners besit word nie, deur wit Suid-Afrikaners besit word.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

scalla ·

soos altyd, hy het geen idee waarvan hy praat nie, onbevoeg met alles

Gideon ·

Ek kan nie glo dat ‘n persoon of politieke party in vandag se moderne tyd, sulke onmin kan saai in ‘n land en daardeur skade van miljarde rande tot gevolg hê nie, soos buitelanders hulle geld onttrek, Suid Afrikaners skrikkerig voel om nuwe ontwikkeling te doen nie, en gladnie gevolge dra van vervolging nie!!!

Demokraat ·

Zuma is ‘n onderontwikkelde Afrikaan en het min insig en wysheid om die realiteite van die ekonomie, die sosiale en maatskaplike situasie, die politieke tendense en die rasseverskeidenheid en hul ontwikkelingsvlakke te beoordeel. Daarom dwaal hy tussen Jan van Riebeeck, die aspirasies van die Afrikaner, die onbevoegheid van sy regering, die toename in misdaad en Suid-Afrika se plek en Afrika en die moderne wêreld – hy verstaan bloot nie die werklikhede nie buiten dat hy sogenaamd agtergeblewe is en daarom sy hand op elke Rand kan lê en dit toe-eien vir homself. Sy mede Afrikane kan dieselfde doen want dit was hulle nooit in die verlede “beskore” nie.

Gerhard Bezuidenhout ·

Daar is geen pil op die mark wat vir die demoon sal help nie.

Ivan ·

Jy kry pille by die apteek te koop. Dit is “Quick Slim”, maar jy word nie gou slim van dit nie.

Asjas ·

Die ou het net St. 3, natuurlik weet hy nie waarvan hy praat nie. Self al word die regte inligting vir hom in vetkryt prentjies gegee sal hy dit nie eers kan reg lees nie nie, wat nog praat van verstaan.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.