Zuma moedig SA aan om te registreer vir verkiesing

jacob-zuma

Pres. Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het Vrydag ʼn beroep op kiesers gedoen om seker te maak dat hulle geregistreer is om in die komende munisipale verkiesing te stem.

“Ek doen ʼn beroep op alle geskikte burgers om in groot getalle hul betrokke stemdistrikte en -stasies te besoek en te registreer of hul inligting te laat bywerk sodat hulle gereed is vir hierdie belangrike demokratiese proses,” het die president gesê.

Die komende naweek is deur die Onafhanklike Verkiesingskommissie (OVK) aangedui as die naweek wanneer kiesers by meer as 22 000 verkiesingstasies kan registreer.

Zuma het kiesers herinner dat die registrasie nie net vir kiesers is wat vir die eerste keer gaan stem nie, maar ook vir mense wat intussen verhuis het of deur veranderinge in die wyke of verkiesingsdistrikte geraak word.

Kiesers kan hul plaaslike stasies Saterdag en Sondag tussen 08:00 en 17:00 besoek en moet hul ID-boekie, slimkaart-ID of ʼn geldige tydelike ID saamneem. Binnelandse Sake sal hierdie naweek ook hul kantore op dieselfde tye oophou sodat kiesers vir die nodige ID-dokumente kan aansoek doen, indien nodig.

“Ek moedig elke Suid-Afrikaner aan om te registreer om te kan stem en so jou belangrike plig as burger van hierdie land na te kom,” het Zuma gesê. “Ons moedig ook jongmense aan wat vanjaar 18 jaar oud word om te registreer en sodoende ʼn sê te hê in wie hul munisipaliteit bestuur.”

Zuma sal Saterdag om 10:00 sy plaaslike verkiesingstasie by die Ntolwane Primêre Skool in Nkandla, KwaZulu-Natal, besoek.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

9 Kommentare

Dee ·

Bedoel hy ek moet ook stem? Wàt gemaak as die anc-munisipaliteit waarin ek woon slegs verteenwoordig word deur die ANC, DA en ander minder bekende konkoksies?

Volgens dieselfde na-praters wat gereeld sê dat ‘as jy nie stem nie tel jou stem vir die regerende party’ en ek wat so gereeld soos elke keer hulle uitdaag om dit te verduidelik en te bewys en dan ‘n oorverdowende stilte as antwoord kry, moet ek vir enige opposisie party waarmee ek heftig verskil stem, bloot om nie die anc te bevoordeel. Napraters het ek hulle genome want hulle praat bloot agter ander aan en wanneer hulle uitgedaag word om hul stelling te bewys, is daar ‘n geskokte stilte want hulle verwag nie die antwoord nie. So, ek bly buite stemming of wil julle Zuma ondersteun in sy versoek dat ek stem? (Wie wil ek graag voor stem? Donald Trump natuurlik!)

rudi ·

Alles hang af waaraan jy glo. Glo jy in skoon strate? Glo jy in skoon reviere? Glo jy dat die renoster moet leef vir ons nageslagte? Glo jy dat voertuig bestuurders veilig moet wees? Glo jy in liefde vir jou naaste en die hele wereld. OF glo jy in carma en die thokolosie? So feit soos ‘n koei is dat die EFF werker niks weet van alles behalwe sy haatlike gevoel dat blankes dit geroof het nie.

Veritas ·

Ek stem saam. ‘N wegblystem kan slegs tot voordeel van die regerende party wees indien indien die uitslag gelykop is én die wegblystem in die herstemming, in die guns van die regerende party tel. ‘N groot % wegblystem beteken slegs dat kiesers nie tevrede is met enige van die deelnemende partye nie. Dit wil die opposisie nie graag hoor nie.

Jan maak n Plan ·

Dee, ja dis nogal vreeslik jammer dat ons in hierdie land nog met loodbasse soos jy sit. Ek sal in n neute dop vir jou probeer verduidelik. Daar is natuurlik nie n party vir wegbly of nie stemmers nie ne. In elke munisipale afdeling is net ‘n sekere hoeveelheid setels. Nou werk dit so , kom ons se dat die munisipaliteit 200 setels het. As 40% van die stemmers bv ANC stem en nog 20% stem vir bv DA en nog 5% bv vir die VF+ en 35% was nie stemmers. Dan kry die ANC 132 van die setels, die DA 54 setels en die VF+14 setels, maw die 35% word ook in gedeel. So maw jou nie stem gaan dan indirek na die ANC toe op die ou einde.
So as jy tevrede is met die stand van sake tans in die land stem ANC of bly by die huis, so nie kry jou bas in rat en gaan help ons om die ANC te kan uitstem of ten minste hulle greep op die regering te verklein.

Francois ·

Die geskiedenis van Afrika het bewys dat demokrasie nie op hierdie vasteland werk nie. In Suid-Afrika gebruik korrupte politici verkiesings om hul kaartjies op die soustrein te bespreek onder die dekmantel van ‘n sogenaamde demokratiese proses. Ek stem dus nie, want ek wil nie aandadig wees aan ‘n proses wat wesenlik immoreel is nie. Zuma, die hoofnar in dié ‘demokratiese’ sirkus, kan dus maar sy pleidooie vir kieserregistrasie hou – by my val dit op dowe ore. Burgerregte-organisasies is waar minderhede se mag in Suid-Afrika werklik lê, nie in korrupte politieke prosesse nie.

Leeukuil ·

As jy aan ‘n rugby wedstryd deelneem moet jy die uitslag aanvaar. Wen of verloor. Al speel jy teen ‘n baie beter, groter of profesionele span. Jy onderwerp jou aan die reels en beslissing. Netso as jy aan ‘n verkiesing deelneem, moet jy die uitslag aanvaar en kan jy nie later gal braak en die wen party van enige valsheid of knoeiery beskuldig nie. Jy het uit vrye wil deelgeneem. Stem Reg, Bly Weg. Slegs dan kan jy kritiek lewer en veroordeel!

Dee ·

Gaaf Leeuhokkie, ek s in die bui vir julle vanaand! Maar eintlik het jy jouself op ‘n slim manier verdedig deur te sê “Stem Reg – Bly Weg”. Maar dan volg jy dit op deur te sê dat jy slegs dan kritiek kan lewer. Deur reg te stem of weg te bly! Wanneer kan jy niè kritiek lewer nei? Jy sal moet sin praat as jy gehoor wil word.

jaco ·

waarom hierdie omslagtige registrasieproses? Dit kos die staat net ekstra geld – geld wat eerder op behuising of beter mediese dienste en onderwys uitgegee kon word (of op nog ‘n Nkandla…). In 1994 was net ‘n ID goed genoeg om te stem en meer as 80% van alle stemgeregtigdes het gestem. die % was minder met elke verkiesing daarna.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.