“Zuma moenie oorhaastig op Nkandla-verslag reageer nie”

Oudpresident Thabo Mbeki

Oudpresident Thabo Mbeki

Voormalige president Thabo Mbeki het gesê pres. Jacob Zuma moet nie oorhaastig wees met sy reaksie op die Openbare Beskermer se verslag oor Nkandla nie, het City Press berig.

Mbeki het Dinsdag in ʼn onderhoud gesê Zuma moet sy tyd neem om die aanbevelings te bestudeer. “ʼn Deeglik deurdagte reaksie van die president sal verseker dat foute van die verlede nie herhaal word nie,” het Mbeki gesê.

Thuli Madonsela, Openbare Beskermer, het in haar verslag oor veiligheidsopgraderings by Zuma se privaatwoning in Nkandla, KwaZulu-Natal, bevind dat Zuma en sy familie onregmatig voordeel getrek het uit die projek. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.