Leiers van opposisiepartye het Vrydag gesê hulle sal nie van hul eis afsien dat pres. Jacob Zuma verhoed word om die staatsrede op 8 Februarie te lewer nie.
“Ons hou vol dat pres. Zuma nie die staatsrede in die parlement moet lewer nie,” het Bantu Holomisa, leier van die UDM, tydens ʼn perskonferensie in Johannesburg gesê. Leiers van die EFF, ACDP en Cope het by hom aangesluit.
“Meeste leiers het in hierdie vergadering ingestem dat ʼn formele skrywe gerig moet word aan die toesighoudende beamptes van die parlement waarin ons kommer aangedui word indien die staatsrede sou voortgaan.”
Die perskonferensie volg ná speaker Baleka Mbete Vrydag aangekondig het dat sy ʼn versoek deur die EFF verwerp dat ʼn mosie van wantroue in Zuma voor die staatsrede gehou word. Die mosie is nou geskeduleer vir 22 Februarie.
Die DA se versoek, om die staatsrede uit te stel, is ook van die hand gewys.
Opposisiepartye het gesê indien daar nie aan hul eise voldoen word nie, sal hulle die staatsrede boikot. “Ons het nog nie besluit dat ons dit nie sal bywoon nie. Ons is nog steeds lede van die Huis en ons sal seker maak dat ons volgende week Dinsdag, op 6 Februarie, met die speaker vergader,” het Holomisa bygevoeg.
“Ons sal seker maak dat ons met haar [Mbete] praat en haar verseker dat ons wil hê Suid-Afrika se beeld moet herstel word, om seker te maak dat alles glad verloop, maar sy moet ook dan haar kant bring. Sy moet die kwessie met ons bespreek dat Zuma nie aan die staatsrede deelneem nie.”
Die EFF het gesê hoe vinniger Zuma onttrek word, hoe beter – nie net vir opposisiepartye nie, maar ook vir die land in sy geheel. “Alle instansies word verwyder en verswak onder sy beheer. Wanneer ons in 2019 oorneem, sal daar niks meer oor wees om te beheer nie,” het Godrich Gardee, EFF-LP, gesê.
as die eff in 2019 gaan oorneem, beter dit sonder malema wees.
Snoefie “as” is verbrande hout.Glo my die eff het myle te min ondersteuners om erens te kan kom.
As Jacob sy gesig daar wys gaan daar weer chaos wees en miljoene rande vermors word. Hoekom LUISTER hy nie en bedank waardig nie. Die EFF het hom gewaarsku dat hulle gaan sorg vir ontwrigting.
almal het humor in hulle lewe nodig. laat hom die staatsrede lewer! het enige iets daarvan al ooit waar geword? laat ons hoor hoe gaan hy grondgryp sonder vergoeding wettig.
Doen die regte ding Mnr Zuma
Lyk vir my die withemde gaan weer besig wees.
Hoop niemand daag op nie!
Net die wat hom aanhang
Dan sien ons net al die korruptes