‘Zuma moet aan wit mense sê waar hulle met hom staan’

Pieter Groenewald tydens ‘n vorige toespraak in die parlement. Foto: Twitter

Die VF Plus het gesê pres. Jacob Zuma en sy regering het die droom van 1994 se reënboognasie vernietig en skep groot rassewrywing met sy voortdurende aanvalle op wit mense.

“Die tyd het aangebreek dat hy vir die wit mense van die land sê presies waar hulle met hom staan,” het dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, Woensdag in ʼn verklaring gesê.

Dr. Groenewald het met Woensdag se begrotingsposdebat van die staatspresident gesê daar was ʼn groot welwillendheid aan die kant van wit mense om die land te help bou vir die toekoms en om hul bydraes te lewer om Suid-Afrika ʼn beter plek te maak.

Hy het gesê dit is nie gedoen met arrogansie of die verwagting vir bevoorregting of om beter as die res van die bevolking behandel te word nie.

“Maar ʼn groot ontnugtering het nou ingetree. Die Grondwet bepaal die president moet eenheid in die land bewerkstellig. Maar hy doen dit nie. Hy sê die probleme in die land het begin toe Jan van Riebeeck in 1652 hier geland het en dat wit monopolie die land se probleme veroorsaak,” het Groenewald gesê.

“Hy vertel veral die swart mense gereeld dat dit sleg met hulle gaan, dat hulle arm is en nie werk het nie en dat hierdie ongelykheid wit mense se skuld is omdat hulle die grond gesteel het.

“Die minister vir sosiale ontwikkeling gee selfs vir wit joernaliste die skuld vir die probleme by Sassa. Dan moet hy nie verbaas wees as die premier van Noordwes die tragiese voorval by Coligny in ʼn rassevoorval verander deur te sê wit boere het die swart seun vermoor nie.

“Is daar geen respek meer vir die reg nie? Ek sê vandag aan die president hy veroorsaak rassespanning in Suid-Afrika.”

Groenewald het sy standpunt herhaal dat die wit mense van Suid-Afrika nie vra vir spesiale behandeling nie. “Al wat hulle vra is gelyke regte en gelyke behandeling.”

Hy het gesê die president moet Donderdag in sy antwoord aan die wit mense sê wat wit mense moet doen om hom tevrede te stel dat hulle ʼn bydrae lewer om die land te laat werk.

“Ons vra nie ʼn geskiedenisles nie. Ons ken dit. Hy moet sê wat hy wil hê die wit mense moet doen om deel te word van die nuwe Suid-Afrika. Laat hy een keer in sy lewe eerlik hieroor wees,” het dr. Groenewald gesê.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

64 Kommentare

Siestog ·

Goed gesê dr. Groenewald. Sal interessant wees om sy antwoord te hoor.

Piet Retief ·

AS, hy antwoord, wat sal jy kan glo? Wat as wit mense bekend staan soos bo genoem – se dae is getel – praat en vra net wat julle wil – soos v Riebeeck hier aangekom het – so sal ons ook nog vlug. Hoe en op watter manier sal WIE dit keer?

Ai ·

Al se hy, kan ons hom vertrou? Dis ook nie net hy wat rasse haat aanblaas nie.

Ek dink in elk geval nie ons het nodig dat hy se nie, dis duidelik waar ons staan. Mens sien dit mos aan die aksies.

Johan Pretorius ·

Hahahahaha mnr Zupta, te veel van lafaard om daai een te antwoord. Hy sal nooit daai vraag antwoord nie.

foxi ·

Hy hoef net een eenvoudige antwoord te gee. Nml……ek gee vir julle jul eie volkstaat. Dink net hoe fantasties sal ons eie land lyk. Ons eie hospitale, banke, winkels, ons eie stad wat soos Dubai kan lyk, skoon parke en strate ensv. ………SKIES……EK HET NOUNET WAKKER GEWORD……HET NET GEDROOM….??

jan van riebeeck ·

Hy hoef nie te gee nie , ons het dit lankal self gedoen , daar is orania , en daar is n dele in die wes-kaap wat so te sê blanke tuislande al klaar is , daar stroom soveel blankes soontoe dat die plekkies basies uit hulle nate bars

snoefie ·

onkunde wat hier praat foxi. vra vir einste zuma of Rhamapoza om jou te vertel van die “volkstate” wat in hulle tyd tuislande genoem was. Waar niemand die kapitaal het vir die eie bank, eie hospitaal, eie skole nie. Waar een uit elke 100 werk sal he. word wakker julle volkstaters. daardie Xanadu wat jy ruik is jou beker ricoffy wat koud geword het.Zuma sal goed doen deur te besef, nes die blankes, wat hy so haat, het swartes voor hulle gekom en die wat voor hulle hier was verjaag en geplunder en gevat. enigste verskil is, die blanke het gekoop en nie net geplunder en gemoor soos hy wil voorgee, nie. hy beter sy kop daarom vou. die blanke het net soveel reg, met kaart en transport soos hy en al syne.

zahn ·

Waar dink jy moet so ‘n volkstaat wees? Waar jy dit ookal gaan plaas, gaan dit vir BAIE mense finansieel onmoontlik wees om daarheen te kan trek. Baie mense (boere) sal hul grond, geboortegrond,moet afstaan. Volkstaat is nie die antwoord nie, logisties net onmoontlik. Draai op jou ander sy en slaap bietjie verder. En ek is nie lelik as ek dit sê nie, maar dink bietjie mooi daaroor.

PvZ ·

Foxi, jy is heeltemal reg. Help bou aan ‘n Volkstaat nou. Orania praat van ‘n Afrikaner-stad. Ten minste sal daar ‘n Afrikaner Universiteit wees, ‘n goeie hospitaal met spesialiste. ‘n Plek waar jy jou aftree-huisie kan koop en rustig aftree. ‘n Mens moet realisties wees. Realisme sê vir my dat ons dae getel is. Oor ‘n paar jaar sit ons met 1 blanke uit elke 100 Suid-Afrikaners. Dan gaan mens geen mag hê om bou aan ‘n Volkstaat nie. Die mense wat nou anti-volkstaat is gaan sit soos die Portegeuse wat oorgebly het in Mosambiek en Angola. Gaan vra asb. vir die blankes wat nog oor is in Zimbabwe of dit hulle “hemel op aarde is”.

Hendrik ·

Iets wat baie duidelik verstaan moet word dat daar sal nie ‘n vokstat wees nie want dit sal nie deur die meerderheid en die ANC aanvaar word nie. Die rede is dat die demokrasie dan nie geldig gaan wees nie volgens hulle. Wat wel kan gebeur is dat daar gebiede is wat self ontwikkel naby elke dorp/of deel van ‘n dorp/om bestaande gebiede soos Orania en Kleinfontein waar die meerderheid mense wat daar woon Afrikaners is. Meerderheid meen ek 100% Afrikaner en dit is belangrik dat dit nie ‘n volkstaat genoem moet word nie (stigma) maar selfstandige onafhanklike Afrikaner ontwikkeling gebiede genoem word. Dit is ook belangrik dat mense uit vrye wil soentoe verhuis en dat Afrikaansprekende suid-afrikaners wat hulself verbind aan die huidge demokrasie nie daar woon nie maar in hul eie gebiede waar hulle tans agter tralies en alarm is woon. Hierdie selfstandige areas sal dan verteenwoordiges het waarmee met die regering kan onderhandel. Niemand dwing enige iemand nie en dit is alles uit vrye wil.

Leendert ·

Hoekom sal jy die stok waarmee jy die hond slaan weggooi? Natuurlik sal hy ‘n klomp dinges gorrel as hy antwoord, maar as hy daar wegloop, dan gaan hy maar net op sy ou trant voort en blameer die witmense vir als onder die son. En dit net omdat hy sy mense op ‘n hoop jaag vir stemme, iemand moet die skuld kry dat die land in sy dinges bestuur is.

Plaasjapie ·

Ons moet ophou onderhandel met die vyand…hy was en is en sal ons wit mense nooit goedgesind wees nie. Maak oop julle OE Boervolk !

Hendrik ·

Stem saam met jou Japie. Eers selfstandige onafhanklike Afrikaner gebiede en dan die res. Dit beteken om eers harde werk en minder te stem.

Gert ·

Mooi Japie
En wat die doringbos betref. Wat vra hulle waar staan hy met ons… Luister net na die liedjies wat hy sing dan weet almal presies… Of mis ek iets.

m ·

Hy hoef nie te se nie ons weet lankal al. Ons weet hy dra nie ons belange op die hart nie en is n rassis.

Joey Fourie ·

Ja, ek stem saam, ons weet presies waar ons met hom staan

Bokram ·

As dit by wit mense kom dan is Zuma doodstil,hy swyg ook oor al die plaasmoorde,verder mors hy ons belasting betalers se geld vir die bietjie werk wat hy doen en slaap in parlement

jaco ·

ek het die perfekte oplossing:
herskryf die grondwet en maak die volgende bepalings daarin:
1. wit mense is tweedeklas burgers wat nie vir die nasionale parlement mag stem nie
2. wit mense mag net sekere soorte werk doen
3. wit mense mag nie bestuursposte beklee nie
4. rassisme is net rassisme as wit mense lelik is met swartmense en die strawwe daarvoor word ook uitgespel in die grondwet
5. wit boere se grond word finaal onteien
6. wit mense word verskuif na n tipe tuisland, waar hulle beperkte selfregering kry

Met al hierdie bepalings in die grondwet, sal ons mos nou weet presies wat ons posisie in SA is. Dan ken almal mos die reels van die spel. Ek gee toe dit maak ons “mindere mense”, maar dis beter as om vermoor te word NET omdat ons wit is (soos wat in Nazi-Duitsland met die Jode en in Rwanda met die Tutsi’s gebeur het).

so n tuisland vir ‘n minderheidsgroep is ook nie so ‘n vreemde idee nie. Israel doen dit met die Palestyne en Israel staan steeds. Daar is beskuldigings van “Israeli apartheid”, maar net so baie lande, selfs Egipte en Jordanië, het goeie betrekkinge met Israel. Die Palestinian Authority geniet al diplomatieke status in verskeie lande, OOK suid-afrika. Die ANC is ook te gunste van n eie staat vir die Palestyne. China, ‘n ander vriend van die ANC0regering, doen dieselfde met Macao en Hong Kong. So dan kan die ANC dit mos met die wit mense ook doen.

Catryn ·

@ jaco:

Tuislandgrond behoort aan regering – lees die wetgewings. Al die kastige grondeise, xxxx hoeveel plase het Nkwinti ook verduidelik, behoort aan die regering – hoekom – CPA wetgewing.

Slegs met Selfbeskikking (volle soewereiniteit) sal ons ons vryheid en onafhanklikheid bekragtig.

Basson ·

“Wat wit mense moet doen om hom tevrede te stel”
Goeie tier, waste strooi is dit? Buig en kruip ons nou voor Pres Gupta?????

Terloops ·

Glo nie jy verstaan sy stelling nie. Ons doen reeds baie, die vraag is in ‘n amper skarkastiese toon, wat moet ons nou nog verder doen,

Magda ·

Eerlike antwoord – NOOIT – Wie gaan hy dan blameer vir alles wat verkeerd gaan in SA – want solank hy die skuld kan pak op die wit mense sal hy bly waar hy is. maar ons almal weet WIE werklik die skuldige is – en hoop maar net dat die ander rasse dit ook gaan agterkom – voor dit te laat is.

Anton ·

Al wat hy kan doen is om elf honderd en dertig sewe redes te gee hoekom hierdie en elke ander ding in die land wat nie reg verloop nie aan witmense toegeskryf kan word

Nita ·

N eerlike woord uit Zuma se mond?? “When hell freezes over.” Hy maak net sy mond oop om nog n leuen te vertel.

Anel ·

Die rol van die wit man is ñ bewys dat Suid-Afrika (en Namibia) die gevoderdste Land in Afrika is, so dankie oom Jan…

pieter ·

ek het Da gestem met die hoop hulle gaan iets regkry maar hulle dwaal nou rond.EK WIL VIR DIE WITTES SE STEM REG, STEM VF PLUS ,DIE MAN PRAAT ONS TAAL.

Hendrik ·

Nee Foxi dit is nie ‘n droom nie. Daar is alreeds begin met eie opvoedingsinstansies, klinieke, banke, winkels en dorpe en jy moet net deel daarvan word. Jou besluit of jy wil deelneem. Onthou om net te bly stem en hoop werk nie. Dit is hoekom Zim is waar Zim is.

Boela ·

Ek stem. ‘n Geografiese volkstaat is deel van die oplossing – Afrikaners het grondgebied nodig (soos Orania) waar diegene wat kan, hulself onder eie bestuur en regering kan vestig, vry van die juk van Azanië. Vir dié wat nie kan nie, moet selfstandige en volkseie strukture geskep word (soos skole, hoër onderriginstellings, kultuurinstellings) waar ons ons Afrikanerskap kan uitleef. Dit is inderdaad reeds besig om te gebeur, en ek ondersteun enige sodanige inisiatiewe heelhartig.

Ouvrou ·

As elke enkele witmens in hierdie land padgee, voorsien ek groot probleme vir Zumatjie se mense. Zimbabwe sal lyk soos ‘n wonder land teen hier.

al ·

Lees News 24 se berig oor Bell Pottinger se raad dat rassespanning geskep moet word om land af te lei van staatskaping. Nou weet ons waar al ons ellende vandaan kom!

al ·

Die Zuptas het hierdie land byna vernietig met hul London gebaseerde spin public relations maatskappy. Gelukkig dat die Here die waarheid laat seëvier het!

Mielie ·

Hy sal eers met Guptas praat en dan na die Bell Pottinger verslag kyk en dan n besluit maak, maar ons kan maar weet dat “WMC” daarin sal voorkom. Die man wil juis nie eenheid in die land hê nie. Hulle is rassisties en hulle is nie skaam daaroor nie. Ons kan maar vergeet van n blink toekoms in hierdie land. Ek is regtig bekommerd.

Peet J ·

Die groot welwillendheid was net aan die kant van die witmense wat “ja” gestem het en vele van hulle het al die land verlaat die oorblywendes skaar hulle nou aan die kant van die Afrikaner wat hom beywer vir ‘n Volkstaat.
Op 23 April 1994 het genl. Viljoen leier van die VF+ ‘n Akkoord vir Afrikanerselfbeskking met die ANC en mnr. Roelf Meyer Minister van Konstitusionele Ontwikkeling en Kommunikasie namens die regering van die NP onderteken en die Volkstaatraad se voorlegging was op 31 Maart 1999 voorgelê vir ‘n Volkstaat. Dit is tog baie duidelik dat die oorgawe grootliks oor landbougrond gegaan het de Klerk het dan self op CNN gesê die witmense besit teveel grond in Suid -Afrika. Indien Zuma aan die VF Plus ‘n negatiewe antwoord verskaf wat gaan dan gebeur ?

John ·

Dr Groenewald klink nou soos De Klerk van destyds en laasgenoemde & kie staan al klaar weer reg om namens alle witttes te praat. Die VF+ moet oppas wat hul doen. Ons dog Zuma word as korrup beskou. Om vir hom te vra gaan wat oplewer? Vra eerder die grondwethof wat se die wet en veg daarvolgens. Die ANC speel weer dieselfde ou skelm speletjie.

Eish ·

Laat hy klink soos hy wil,ek wil ook weet. Geveg is reeds aan die gang en word gelei deur Solidariteit en Afriforum. Afriforum het slegs 186000 lede. Bleddie skande dat hul so swak ondersteun word. Maar ons ken ons eie geskiedenis oor saamstaan, dit werk nie. Net te veel hensoppers.

Terloops ·

Nou John, wie moet vir jou praat? Laat weet my gerus watter voorstelle jy het. Wil jy dalk ‘n leier wees?

Scalla ·

Hy sal eers met die Guptas moet konsulteer voor hy daai vraag kan aflees wat aan hom verskaf sal word,

Rudi ·

Zuma en sy parlement gebruik ons net vir ons belasting. Ons moet hom beveg en die Guptas ook

jaco ·

hy blameer die wit meerderheid, maar heul met n familie wat deel is van ‘n Indiese minderheid. Ek weet van talle gevalle waar vir Indiërs wat werk soek al gesê is “sorry but you are not black enough”. So as die Guptas volgens wette wat die ANC gemaak het dan nie “black enough” is nie en as hulle met hulle besighede besig is om swartes uit te buit en swartes te keer om besigheid te doen EN as die Guptas ‘n WIT regsverteenwoordiger het, dan is hier mos dubbele standaarde op ‘n baie groot skaal.

Belasting ·

EK WIL NET EEN ANTWOORD VAN HOM HE!! Hoekom moet ek TAX betaal wat HOM voed en HOM klee maar hy HAAT ons en lash elke dag uit teen wittes? Dan wil ek my belasting liewer direk aan ‘n organisasie inbetaal wat help om die land se paaie/dienste in stand te hou. HOEKOM moet ons gevloek en geskel en GEDREIG word om afgeslag te word en lewendig begrawe te word deur DIESELFDE mense wat in LUXURY van my belastinggeld leef? As hy die wittes so haat, LAAT ons dan ons BELASTINGGELD onttrek en by ‘n organisasie inbetaal wat dit NET vir dienste sal aanwend, om die land ‘n beter plek te maak, dat SY ANC ONDERSTEUNERS se belasting dan SY salaris en luukshede by NKANDLA betaal!

KP ·

Nee wat Groenewald ek weet waar ek staan met Zuma en die hele ANC , ek onderhandel igv nie met terroriste nie.

MCH ·

Dr. Groenewald, baie dankie vir die reguit vraag in parlement. Indien die vraag eerlik beantwoord word sal dit by menige van ons ouer garde ( Vorige bedeling se kanonvoer)klarigheid bring om die nodige koersaanpassing te maak. Vir my is dit baie belangrik om te weet sodat besluit kan word of ek werk om die plek te laat werk, of my eie dinge te laat werk. Aan die vorige bedeling wat ons in die moeras in onderhandel het, baie dankie vir niks. Dis glad nie n plesier om oud te word in die misdaadhool wat jul help skep het met die wigte en teenwigte nie. Minstens is daar n raakpunt met die EFF oor die saak in soverre dit die Nobelpryswenner betref uit die vorige bedeling. Dankie aan Afriforum en Solidariteit wat onverpoosd hul wy aan die beskerming van minderheidsregte. Jul leierskap en kalm en nugtere optrede gaan nie ongesiens verby nie. Jammer DA, terwyl jul in Zambië kuier en vertel hoe lekker jul toi-toi hier, het die perd se stem opgedroog .

al ·

Ons het ñ sosiale verantwoordelikheid om ons stemme te laat hoor. Elke stem maak saam ñ groot gedreun.
Ek is bly dat al hierdie skandale oopgevlek is voordat ons land in die afgrond instort.
Ek glo dis waarom van die ANC lede sosiale media gefynkam het om uitsprake van wit mense as groot rassiste uit te wys.
Selfs Black First Land First se leier is moontlik geïmpliseer met die Guptas – hy wat so bohaai oor grond gemaak het.
Al die dots word nou connect waar daar voorheen leegtes was.

WhiteandProud ·

Ons weet al lankal waar ons staan in die nuwe suid afrika.

Catryn ·

LAGWEKKENDE stellings DR Pieter Groenewald. Stem saam ander, dis ‘n tweede fwdeklerk hierdie, wat ons moet doen as blanke volk (sluit Afrikaner en Boere in) om NOG MEER VAN ons menseregte sedert 1994 prys te gee; Wie is jannie jammergat as jou regte geskend word?

NUUS: dit word reeds geskend.

Lees internasionale reg, ELKE volk het ‘n reg tot ‘n onafhanklike soewereine gebied, waar ons onsself mag regeer, dit staan in Grondwet, dit staan in bekragtiging van Grondwet wat broederbonders. Corne Mulder, was daar, vra hom gerus..

NUUS: Orania is geen tuisland, dis privaatgrond.
Orania is niks van onafhanklik en bestaan uit aandeleblokskema, wie wil aandele koop om wie ryker te maak?
Tuislande aka TRUSTGEBIEDE is vandag, steeds aparte gebiede, besit weinig of geen Titelregte omdat CPA wetgewing dit verbied, so ook alle grondeise, is STAATSgrond. Lees die CPA wetgewing.
Skande dat leier van VF plus hom hier bietjie dom hou oor wette, hy sit dan heeldag in parlement?

Internasionale reg is duidelik ELKE volk, selfs Zoeloe, Khoisan het reeds Trustgebiede (voorheen Tuislande/Reserwes (1854);
Miljoene der miljoene IMMIGRANTE /ONWETTIGES lewe buite die Trusts op STAATSgrond.

Volkstaatraad 1994 het heelwat gebiede bepaal/ondersoeke was gedoen – hoekom aanvaar VFplus nie daardie aanbevelings wat aan Parlement voorgelê was nie of gee terugvoering daaroor nie? Is nie die ANC wat dit goedkeur nie, dit word internasionaal gedoen.

Terloops ·

Verduidelik asb jou aantyging. Waar is jy betrokke of wat doen jy om ons lot enigsins te beredder?

Catryn ·

Dr Groenewald moet gerus Afrikaners, Boere en Blanke groepe inlig, hoe het die VF plus ontstaan, hoekom en wat was die rede in 1994, en dat daar 37.5% van ons blankes was wat hierdie party gesteun het vir SELFBESKIKKING, nie vir voetjie voetjie speel met die regering en hulle multi-kultuur nie…

Dr Groenewald moet maar die 1994 Volkstaatraad se artikels afstof, en gaan kyk wat aan die Parlement voorgehou is vir ons oplossing, dan is ons uit die haters se pad uit.

Ons stel nie belang om te hoor van ander minderheidsvolke of UNPO nie, dit beteken vir ons niks.

Die ANC gaan ons nie laat oorleef nie, nog minder DA of die EFF.

Hendrik ·

Catryn ek stem saam dat VF+ ouens moet hulle volle gewig ingooi agter sefstandige onafhanklike gebiede in Suid-Afrika hetsy in Orania, Pretoria, Potgietersburg, (minstins een plek in elke provinsie. Daar is beslis genoeg sakemanne wat die saak goedgesind is wat hierdie gebiede sal help ontwikkel. Baie belangrik is om die wit afrikaansprekende suid-afrikaner, wat nie belangstel (liberaliste), uit hierdie gebiede te hou.

Ai ·

Hendrik en daardie laaste sin van jou kan jy nie genoeg beklemtoon nie! Dis ons grootste vyand- ons eie mense.

Terloops ·

Raak meer betrokke en lewer insette. Soms voel ek die Afrikaner is die spyker in sy eie doodskis, juis omdat almal altyd baie te sê het… meeste van die tyd oor iets waarvan hulle nie baie weet nie. Verder trek elke os in sy eie rigting. As mense begin betrokke raak kan mens dalk net iewers kom.

Fj ·

Dit is n skande dat Afriforum so min lede het. Hulle maak regtig n verskil.

Willie E ·

Dit raak tyd dat Afriforum ‘n werklike politieke party word en AL die 2.7 milj blanke afrikaanse burgers vir hulle stem. Laat die syfers praat,met 2.7 miljoen stemme sal Afriforum waragtig BAIE naby aan amptelike oposisie kom, dit is al wat gaan help. Tyd dat die afrikaner vir die eerste keer in sy geskiedenis ALMAL saamstaan en hulle gat bytery los. Die tyd vir DOEN is NOU!!!!…voor dit vir ewig te laat is…ons almal weet wat aangaan…niemand kan se hy het nie geweet nie
WORD WAKKER BLANKE AFRIKANERS!!!!!

Catryn ·

@willie en jy moet WAKKER word want jou voorkeur hardloop saam ou fw die paadjie, gaan doen jou intensiewe navorsing oor hulle leiers en word wys. Hoekom moet ons saam met ou fw hardloop, dis juis as gevolg van hulle wat ons is waar ons is.

Slegs ‘n onafhanklike soewereine gebied (selfbeskikking) binne SA, gaan ons waarborge verseker teenoor hierdie meerderhede wat ons menseregte skend.

Hendrik ·

Afriforum moet ‘n burgerregte organisasie bly want hulle het baie meer inpak as enige politieke party. By die laaste verkiesing was daar 27 miljoen registreerde kiesers en net 17 miljoen het gaan stem. Indien die 10 miljoen wegblyers weer begin stem, met die EFF en ANC beloftes, nigeer dit enige opposisie na niks .
Nee wat Afriforum moet uit die politiek bly want die oormag is te groot. Ons taak is nou om te groepeer en nie probeer om hulle te wen by die stembus nie.

Terloops ·

Afriforum is ‘n burgerregte organisaie. Daar is ‘n politieke party wat jy kan steun wat werk na selfbeskikking toe. Hou op stories glo en raak betrokke. Meeste wil op die kantlyn sit en kommentaar lewer, maar het nie ‘n idee wat aangaan nie.

catryn ·

Sover my kennis strek is Orania ook deel van solidariteit en hulle staan saam fw de klerk .. jy kan aandele koop of grond koop, net soos enige ander plek in SA… maar

die Volkstaatraad artikels van 1994 is reeds by parlement ingedien, hoekom maak die VF plus nie alle feite bekend dat ons ‘n internasionale reg tot onafhanklikheid het nie … nie AANDELE BLOKSKEMAS soos in Orania nie… volwaardig ons eie gebied, ons eie leiers, eie identiteit …

sou die Onteieningswet in werking tree, verloor Orania en ander aandeleblokskemas alles .. ons enigste waarborg is Selfbeskikking (soewereine onafhanklikheid)

Grondeise is ook onderworpe aan die CPA wetgewing, waar jy nie die eienaar word nie, want die grond bly die regering se grond. Lees julle wette en kyk hoe vang die mense julle met “aandele blokskemas” en al.

CHARMAINE ·

Zuma sal ons almal die grootste guns bewys as hy sy Gupta trawante vat en Dubai toe vertrek. Hulle moet net daar bly en uit ons land verban word

Peet J ·

Catryn , dankie ek kan sien jy weet waarvan jy praat hoop die VF Plus raak bewus van jou kommentaar. Net ter inligting vir ander kommentare AfriForum en Solidariteit is nie voorstanders vir selfbeskikking nie.

Hendrik ·

Peet ek weet dat Solidariteit baie geld in Orania instort vir ontwikkeling. Maar ons het beslis nie Solidariteit en Afriforum se toestemming nodig om nog steeds voort te gaan met ontwikkeling van onafhanklike selfstandige Afrikaner ontwikkelings gebiede nie. (OSAOG) Klink nogal goed ne.

Peet J ·

Ek wed julle Zuma gaan sê die witmense het niks om oor bekommerd te wees nie want hulle is deel van die NSA.

GES ·

Hy moet eers uitvind waar hy met homself staan. In hierdie stadium bedink hy oortyd planne om uit die tronk te bly.

jaco ·

Julle almal wat so graag NOU, terwyl SA klaar halfpad die afgrond in is, moet net die volgende onthou:
Die AWB en klein regse groepe het vanaf omtrent 1980 n volkstaat voorgestaan. Die regerende Nasionale Party het gesê dis rassisme. Vanaf 1982 het die reuse Konserwatiewe Party gesê ‘n volkstaat “kan nie werk nie”. Hulle wou eerder n verkiezing wen en weer soos die NP met wit belastinggeld apartheid toepas en swart tuislande finansieel dra. Met amper 1 miljoen stemme in 1989 en 1992, moes die KP net die volkstaat idee oorgevat het en daaroor met die wit NP-regering onderhandel het. Maar nee, hulle het steeds nie so gedink nie en hul laaste kans weggegooi. In 1994 het die Vryheidsfront van n volkstaat begin praat, maar net 400 000 stemme gekry teenoor die KP se amper 1 miljoen in 1992. En sedertdien minder stemme elke verkiezing. Die ander 800 000 is seker almal of dood of stem DA of woon in Londen. Kortom: ons wit mense help grawe met verspeelde kanse lank terug en huidige kisses-sparks ons eie graf.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.