Zuma moet antwoord ná uitlatings oor Jan van Riebeeck

President Jacob Zuma lewer 'n toespraak op Vryheidsdag (27 April 2015) by die Uniegebou in Pretoria Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

President Jacob Zuma lewer ‘n toespraak op Vryheidsdag (27 April 2015) by die Uniegebou in Pretoria Foto: Siyabulela Duda, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma moet teen 8 Mei reageer op klagte van haatspraak wat die Menseregtekommissie (MRK) teen hom ondersoek na sy uitlatings oor Jan van Riebeeck in Januarie vanjaar.

“Die VF Plus het pres. Zuma by die MRK verkla kort nadat hy die uitsprake gemaak het en het aangevoer dat dit op haatspraak teenoor wit mense neerkom,” het Anton Alberts, woordvoerder vir die party, in ʼn verklaring gesê.

Pres. Zuma het onder meer gesê die land se probleme het begin het met die aankoms van Jan van Riebeeck in Suid-Afrika, en dat talle stryde, oorloë, sterftes, die gryp van grond en die ontneming van die inheemse mense se politieke en ekonomiese mag, daarop gevolg het.

“Die VF Plus is van mening dat die uitsprake op ʼn rassebasis polariserend, en grof beledigend teenoor alle wit mense in die land is,” het Alberts bygevoeg. “Dit is onpresidensieel om sulke uitlatings te maak in ʼn land wat divers is en waar die staatshoof oor almal regeer.”

Alberts het gesê die gewraakte uitlatings kom op haatspraak neer omdat wit mense die sondebok gemaak word vir alles wat in die land verkeerd geloop het sedert 1652.

“Die feit dat die MRK besluit het om die president hieroor te konfronteer en om antwoorde te vra, stuur reeds ʼn sterk boodskap uit dat mense nie sonder meer uitsprake kan maak wat ander te na kom of haat verkondig nie. Die VF Plus het die klag nie net namens wit mense van Suid-Afrika ingedien nie, maar namens alle gemeenskappe wat graag in vrede wil saamleef en vooruitgaan.”

Hy het bygevoeg indien daar objektief na die meriete van die VF Plus se klagte gekyk word, bestaan daar geen twyfel nie dat daar wel bevind sal word dat dit aan haatspraak grens. “Intussen glo ons die president sal voortaan twee keer dink voordat hy enige wilde uitlating maak,” het hy bygevoeg.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Theo van Burick ·

Hoe moet ‘n mens twee keer dink as jy nie eers een keer kan dink nie?

Peet Schabort ·

Theo, jy maak my dag al is dit nou al 23h00 in die nag.

Frik Lotz ·

Baie goeie werk gedoen deur VF Plus om Zuma te gaan verkla het. Puik!

Martie ·

Wat van sy gesing…bring me my machine gun…kill the Boer, ens, ens, lekker weggekom daarmee?

Peet Schabort ·

Nou soen hulle die Boer, Martie. Jiggieeee . . . . . wat ‘n soen . . . . .huggggggg . . . . . . . . . .

Asjas ·

En soos ons die lot ken, het “soen” ‘n ander betekenis as wat hulle probeer voorgee!

HEVW ·

Theo van Burick, dit is nou wragt-a-g n goeie vraag!!! n Baie groot probleem wat ons met onse president het.

HEVW ·

Maroela wil nie hierdie onskuldige opmerkinkie van my plaas nie. Vra maar weer hul slaap seker al. Theo van Burick dit is nou wragt-a-g n baie goeie vraag!!!! n Groot probleem wat onse president het en wat ons met hom het.

J.Z ·

Met al die uitlatings, deur swart mense en daar is n string om op te noem .Daar n klomp van die president self af wil dit vir my voel of daar oorlog teen witmense in die land verklaar is.

Koos ·

Die MRK gaan niks doen nie. As jy ‘n slegs blanke teken by ‘n toilet opsit is die hele MRK span oor 5 minute daar, maar as Zuma en Malema sing om blankes uit te moor doen die MRK niks nie.

Die MRK se finale verslag sal die Vryheidfront beskuldig en Zuma as die onskuldige slagoffer uitmaak. Die MRK het geen geloofwaardigheid nie, en is net ‘n klomp kommunistiese rassiste wat die illusie skep dat hulle iets beteken.

Tienie ·

Nou dat ou Marahaj weg is moet ons president skarrel om erens ‘n vinnige geskiedenisles te kry.

Ben ·

Nou dat Barak Obama amper op die eiende van sy ampstermyn is, wonder ek of hy sal bereid wees om te staan vir President van Suid Afrika? Selfs Dr Verwoerd was nie ‘n Suid Afrikaner nie en hy was Eerste Minister. Kom ons vra vir Barak?

Violet ·

Nie n slegte idee nie Ben ons sal ver moet soek om weer so n slegte president te kry as die heidige een

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.