Zuma moet dán sê hoekom aanklagte teen hom laat vaar moet word

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG) het vandeesweek gesê pres. Jacob Zuma het tot 30 November tyd om sy saak te stel oor hoekom aanklagte van korrupsie teen hom laat vaar moet word.

Menzi Simelane, die nasionale direkteur van openbare vervolging, het in ʼn verklaring gesê enige verdere vertoë deur Zuma moet nié verband hou met kwessies wat reeds voorheen oorweeg is nie. Dit beteken Zuma se vertoë kan slegs kwessies van ná 2009 opper.

Pres. Zuma en die NVG het die appèlhof vroeër genader nadat die hooggeregshof in Pretoria verlede jaar beslis het dat die besluit om Zuma nié te vervolg nie irrasioneel was en dat die 783 strafregtelike aanklagte teen die president weer ingestel moet word. Die appèlhof het Zuma en die NVG se aansoeke om verlof tot appèl op 13 Oktober met koste van die hand gewys.

Mokotedi Mpshe, destydse hoof van die NVG, het in 2009 besluit om Zuma, toe net ANC-president, nie te vervolg op aanklagte van korrupsie, rampokkery, geldwassery en bedrog nie. Zuma was ten tyde hiervan in ʼn magstryd met die voormalige president, Thabo Mbeki, gewikkel.

Mpshe het die saak laat vaar nadat hy na bandopnames, gesprekke tussen Bulelani Ngcuka, Mpshe se voorganger, en Leonard McCarthy, hoof van die Skerpioene, geluister het. Mpshe was glo van mening dat McCarthy die proses vir verskuilde doeleindes gebruik het, naamlik ʼn politieke komplot om glo te verhoed dat Zuma president word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

CHRISTA ·

DIS ook hoekom Zuma die Skerpioene tot niet gemaak het nadat hy aan bewind gekom het!! Hulle moet ook Mpshe vervolg omdat hy sy plig teenoor ons land en die konstitusie TOTAAL GEFAAL het!! Hoe kan jy 783 strafregtelike aanklagte NET SO van die tafel afvee?

Cherokee ·

Laaste sin in tweede paragaaf – is waarskynlik bedoel om ‘slegs’ in plaas van ‘selfs’ te wees.

Cyril Blackburn ·

Dagsê Cherokee
Dankie vir jou kommentaar! Jy is inderdaad in die kol. Die artikel is reeds gewysig.
Groetnis
Cyril nms Maroela Media

zoom zoom ·

En is dit iets om oor verras te wees. Nee nie in die volgende 5 jaar gaan zuma die binnekant van ‘m hof sien op al die hpnderde aanklagtes teen hom. Hy sal vry wees tot hy omval

Johanna Botha ·

So gebeur daar eintlik niks al vir jare behawe vernietiging van alles om ons agv die man se dom besluite en die anc se geplunder …al om en om hofsaak na hofsaak …niks gebeur !

Leahim ·

Ek verstaan nie as ek n misdaad sou pleeg of dit bedrog of korupsie of wat ookal is gaan die polisie my arresteer en die vervolgingsgesag gaan my vervolg waar kom die opsie vandaan om redes te verskaf hoekom ek nie vervolg moet word nie???

Elgean Keel ·

Leahim ek voel presies dieselfde – van wanneer af het die gewone man op straat die reg om vertoë te rig om nie vervolg te word nie? Dit is ‘n skreiende skande dat dit selfs TOEGELAAT word in Zuma se geval. Hy moet eenvoudig vervolg word maar alles sloer sodat dit hopelik deur die publiek “vergete raak” en Zuma skotvry daarvan afkom. Ons land is ‘n sirkus!!!

LR ·

Stem saam met Leahim. Geld hierdie beginsel vir almal wat vervolg word?

Adam ·

Ja, enige persoon mag vertoe rig aan die kantore van die DPP en dit was die geval selfs pre-1994.

Eish ·

Ek betwyfel die vervolgingsgesag se integriteit in die saak asook hul vermoë om n saak van die kompleksiteit suksesvol voor die hof te bring.

jaco ·

die anc regeer SA. die anc beheer dus die regering en die staatsdiens. baie van hulle kaders is ook in beheer van sleutelposte in die staatsdiens. dit sluit tog sekerlik die NVG in. So dan is dit vir my vreemd dat daar na soveel jare nog steeds kontroversie en toutrekkery oor hierdie klagtes teen Zuma is. Dit behoort eintlik ‘n baie eenvoudige administratiewe proses te wees om dit eenvoudig finaal te skrap.
Dis immers nie die VSA se Watergate skandaal nie: daar was die President van een party en is die regering deur n ander party beheer. ‘n ondersoek na sy onderduimse optrede was dus onvermydelik. Maar dis anders in geval van Zuma: sy politieke party is ten volle in beheer. Of maak soos Mugabe: dank eenvoudig amptenare, selfs ANC-kaders, eenvoudig af as hulle nie konsekwent by ANC beleid en gewone optrede hou nie.

Bergbobbejaan ·

Bring terug die doodstraf en maak die boere almal weer BASE

Eben ·

Die saak gaan eindig in die jaar nil wanneer die hingse vul.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.