‘Zuma moet fokus op werkskepping’

President Zuma toe hy op 21 Mei 2014 as parlementslid ingehuldig is. Foto: GCIS

President Zuma toe hy op 21 Mei 2014 as parlementslid ingehuldig is. Foto: GCIS

Suid-Afrikaners verwag dat president Jacob Zuma op werkskepping moet fokus in sy staatsrede, volgens die navorsingsmaatskappy Ipsos.

Volgens die opname glo 90% van respondente dat werkloosheid ‘n ernstige kwessie is en dat dit dringend aangespreek moet word. “Meer as die helfte (55%) van respondente het dit as die belangrikste kwessie geïdentifiseer,” het Ipsos in ‘n verklaring gesê.

Ipsos het onderhoude gedoen met ‘n totaal van 3 730 volwasse Suid-Afrikaners vir die opname. Meer as 60% van die respondente meen die regering doen nie genoeg om werkloosheid te verminder deur werkskepping nie.

Suid-Afrikaners verwag morele leierskap en verantwoordbaarheid van die land se leiers. Nagenoeg 73% van respondente meen parlementslede moet afgedank word vir nalatige spandering. Slegs 8% van respondente het nie hiermee saamgestem nie.

Meer as helfte van die respondente glo dat die ANC sal voldoen aan sy verkiesingsbeloftes.

Pres. Zuma sal Dinsdag sy staatsrede in die parlement lewer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

Een kommentaar

Grassie ·

Die Pres sal verseker, soos in die verlede, groot beloftes oor werkskepping maak. Soos die Engelse sê – “talk is cheap”. Die werklikheid is dat sy regering nog nooit werk geskep het nie. Hulle het nog net bestaande werk by een bevolkingsgroep afgeneem en dit aan ‘n ander bevolkingsgroep gegee, met tragiese gevolge. Hulle het nog net welvaart wat reeds gegenereer is, herverdeel. ‘n Regering kan nie self werk skep wat nuwe kapitaal genereer nie. Hulle kan slegs gunstige omstandighede skep waarin die privaatsektor vooruit kan gaan, wat dan tot werkskepping lei wat nie met reeds ge-inde belastingeld gefinanseer word nie. Dit word kapitalisme genoem en is beslis nie deel van die regering se sosialistiese beleidsrigting nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.