Zuma moet Nkandla-geld terugbetaal

grondwethof2

Die konstitusionele hof. Foto: Reint Dykema

Die konstitusionele hof het Donderdag bevind dat pres. Jacob Zuma persoonlik ʼn gedeelte van die staatsgeld wat aan nie-sekuriteitsopgraderings by sy privaat Nkandla-woning spandeer is, moet terugbetaal.

Hoofregter Mogoeng Mogoeng het sy uitspraak voor ʼn volgepakte hof gelewer. Al elf regters van die konstitusionele hof was in die hof vir die uitspraak.

Mogoeng het in sy uitspraak bevind Zuma het versuim om die Grondwet te handhaaf of sy presidensiële plig na te kom toe hy Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer (OB), se bevindinge en regstellende stappe in haar Nkandla-verslag geïgnoreer en van die hand gewys het. Mogoeng het gesê Zuma was geregtig om van Madonsela se bevindinge te verskil, maar moes hom tot ʼn hof gewend het om haar bevindinge te bevraagteken.

Zuma was nie geregtig om lede van die Nasionale Vergadering opdrag te gee om hul eie ondersoek na die opgraderings by sy Nkandla-woning te doen en hul bevindinge hoër te ag as dié van die OB nie. “As nakoming van die OB se voorgestelde regstellende stappe nie bindend is nie, is dit onverstaanbaar hoe die OB effektief sal wees in die uitvoer van haar pligte om ons demokrasie te versterk, het Mogoeng gesê.

Daarom moet Zuma ʼn “redelike persentasie” van die geld terugbetaal wat aan nie-sekuriteitsopgraderings soos die beeskraal, amfiteater en swembad by sy woning spandeer is. Hierdie bedrag en die redelike persentasie wat terugbetaal moet word, sal binne die volgende 60 dae deur die Nasionale Tesourie bepaal en aan die hof voorgelê word. Zuma moet dan die geld binne 45 dae na die hofbevel uitgereik is, terugbetaal.

Zuma moet ook voldoen aan die ander regstellende stappe in die OB se verslag, insluitend om die minister, wat betrokke was by die opgradering van Nkandla, te berispe oor die misbruik van staatsgeld en om terugvoer aan die Nasionale Vergadering te gee oor die stappe wat hy sal doen.

Zuma het egter ten tyde van die bekendmaking van die OB se verslag geweier om die verslag te aanvaar en het die minister van polisie opdrag gegee om sy eie verslag oor Nkandla saam te stel. Hierdie verslag het bevind dat al die opgraderings veiligheidsverwant was en dat Zuma geen geld hoef terug te betaal nie.

Zuma het in Februarie vanjaar in ʼn skielike ommeswaai aangebied om ʼn gedeelte van die geld, wat aan opknappingswerk by Nkandla spandeer is, terug te betaal. Zuma se skikkingsvoorstel is by die konstitusionele hof ingedien kort nadat die DA en die EFF ʼn aansoek voor die hof gebring het om te versoek dat hy gedwing word om ʼn gedeelte van die geld terug te betaal.

Die DA en EFF het egter besluit om voort te gaan met sy hofaansoek omdat Zuma se aanbod steeds nie gestrook het met die regstellende stappe soos die OB in haar Nkandla-verslag aanbeveel het nie.

Lees alle vorige berigte oor Nkandla op Maroela Media.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

61 Kommentare

Hannelie ·

Dan noem hy homself ons staatspresident wat ons staatsgeld so gebruik? Swak

Theo ·

Aan die “agbare” lede van die Nasionale Vergadering wat saam gestem het met hulle president oor die opgraderings, asook die “bekwame” lede in die kantoor by die minister van Polisie. Dit gebeur as jy terwille van jou toekoms jou geld op die verkeerde renperd sonder n joggie plaas. Bedank asb, terwille van ons kinders, julle is onbekwaam.

Lucas ·

En so kry elke een sy dag!! Lekker!! Lekker en nogmaals lekker vir iemand wat homself beskou as verhewe bo die grondwet en net voortgaan met sy korrupte handelinge en dan noem hy homself ‘n President.

Theo ·

Wat gaan gebeur met hom? Net mooi niks, want die verskoning gaan wees dat hy hom verlaat het op “kundiges” en daarvolgens opgetree het. En immers het hy mos nooit gese dat hy nie terug wil betaal nie???

Mariaan ·

Die ou skelm. Wonder wie die geld namens hom gaan betaal, dis nou as hy nie weer een of ander taktiek gaan gebruik om die proses te sloer nie.

Ronnie ·

Hoekom kry Nathi Nhleko nie ook pakslae omdat hy die mense mislei het met sy “firepool” en ander hersenskimme nie?

Maddox ·

Moet asb. nie vir een oomblik dink Zoompie sal enige geld terug betaal nie. Hier is hoe dit gaan werk: Een van sy comrades gaan die geld wat hy verskuldig is aan hom skenk vir die betaling. Dan sal zuma weer op sy beurt sorg dat daai comrade ‘n vet tender kry wat al sy geld plus rente aan hom gaan terug besorg. Die geld vir die tender sal natuurlik uit die staatskas kom, dus ek en jou belasting geld…..

Jan maak n Plan ·

Maddox jy slaan die spyker op die kop. Zuma se bank balans sal nie met een sent verander oor hierdie saak nie. Hyt oor genoeg maatjies om hom. Hys miskien nou nie geleerd soos Julsie nie maar hys n ou gladde kalant. ehehehehe

Anti Guptazan ·

Stem. En net ‘n % LET WEL. Guptazan hierbkom jou vroeë Kersgeskenk of sal sy familie nog tenders kry om hul Pa se skuld % te betaal????

Sophia ·

Hy het klaar ‘n helse verhoging gekry, terugwerkend vanaf April 2015, sodat voorsiening gemaak kon word ingeval sy tjommies hom nie wil help nie. So wie betaal sy skulde? EK en JY!

François ·

Justice! Lekker, jou skelm! En dan noem hy homself die Staatspresident van RSA?! G’n wonder ons liewe landjie is die grap van die wêreld die afgelope 26jr nie.

Scalla ·

Die wiel draai stadig maar seker, hoop net nie dit word terug betaal deur sy tjommies in ruil vir staats kontrakte nie.

cs ·

President, Parlement en Polisie moet die koste van die aansoek betaal. Ha, ha wie gaan dit betaal? Ons belastingbetalers gaan weer moet opdok!

sarie ·

Die Guptas staan al reg om te EFT!! ‘Watch this space.’

Cindy ·

Die ouens wat in die eerste plek daarvoor betaal het, “Jan-alleman” .Het klaar daarvoor betaal. Nou moet DIE weer daarvoor betaal, net in ‘n ander koffer in, aangesien “alle-man” vir alles duurder en ekstra moet betaal op die daaglikse lewenskostes om net as ‘n mens te moet funksioneer. Plus al die regskostes ook. So wie lag nou lekker? Nie ons nie.

Daniel ·

Net n regstelling: As ek reg verstaan het moet die tesourier binne 60 dae n verslag uitreik en bepaal presies hoeveel pres. Zuma moet betaal… Binne 45 dae na die hof die verslag goedgekeur het moet Zuma dan die geld terugbetaal… so nie 45 dae van nou af nie :)

François ·

Moet lekker simpel voel om jou tjommie, wat die goedkeuring van die bevondsing gemagtig het ten voordeel van jou, nou oor die kole moet haal. Hiehiehie!

Jourdan ·

Hy sal n persentasie van nie nie-sekuriteitsopgaderings betaal, ”””hhhuuummm”””””’, sal punt nul nul nul nul 10 en 30 present, reg wees .(0.0000130%).

ou tannie ·

Ek vermoed hy sal zeroty komma eleventy persent betaal!

pop ·

Ag hy plunder die land rot en kaal saam sy Gupta maatjies. Daar hoor ons vanmore juis weer van staatsgrond wat langs die oranje rivier vir Guptas gegee is. Hy stink van die geld so dis niks vir hom nie. Maar ons naam vrot in ander lande. Dis skandalig. ANC gee nie n snars om vir die miljoene wat krepeer nie, as gevolg van hulle korupsie het niemand meer vertroue in hierdie land nie.

Potlood ·

Om net ‘n gedeelte terug te betaal is nie meer ‘n straf nie want hy het lankal voorsiening gemaak… Betaal Nkandla se gedeelte met rente, en ook sommer al die geld wat gemors is om almal besig te hou met die snert (staat en privaat). O, en ook sommer alle regs kostes en terwyl ons besig is, betaal sommer ‘n bepaalde boete ook omdat jy nie wou luister nie…!

Nkandla se geld is lankal kleingeld teen al die ander kostes.

Dit sal hom en die res dan ‘n les leer om die eerste keer te luister en om die regte stappe te volg!!

Rina Kotze ·

Wat help dit, hy weier steeds om te bedank!

Almal pluk nou hase uit hoede, howe lewer uitsprake en Zuma het nie die ordentlikheid om te bedank nie.

Sy UK van die ANC beskerm hom al die pad, want hulle poste sal ook in gedrang wees wanneer hy bedank.

So, wat het eintlik gebeur? Zuma is net oor vingers getik en gaan weer net aan soos gewoonlik.
Wat moet nog gebeur voordat hy gaan besef, dit moet nou stop?
Sterkte SA.

Johann ·

Betaal of nie; watter bedrag…seker belangrik. Wat wel ten hemele skree teen ‘iemand met ‘n fraksie van ‘n gewete en trots en sou dwing om voor Suid Afrika eerstens; en die Wêreld te BEken en ERken wat oor hom gespreek is deur n eenparige regs bank. SKULDIG in sy optrede teen wat hy en sy trawante gepas “preek”. N Grondwet waarvoor gely en gesterf is? Skaam jou en bedank uit respek vir jou “comrades” en die res van n Wetsgehoorsame Suid Afrikaners.

Moeggepraat ·

….. en die bedrag betaalbaar is ‘n allemintige R28.31. Twintig en tagtig en drie en een rand…..

Anne-Marie ·

Hy moet alles terug betaal ons belastingbetalers kan en gaan NIE daarvoor betaal nie daar moet nie nog persentasies uitgewerk word hoeveel hy moet betaal nie hy MOET alles betaal maar sy maatjies sal dit seker namens hom betaal en hy moet nie bedank nie hy moet ge”fire” word hy het bedrog gepleeg!!! Ons kan wraggies nie langer toelaat dat dit so aangaan nie!!!

Dewald ·

Zuma sal weer belasting betaaler se geld gebruik om dit terug te betaal.

JoeV ·

Ah daasy. nou wonder mens wie betaal nou die verdere skade aangerig deur byvoorbeeld die ondersoek, die beeld van die land, die waarde van die rand wat so laag gedaal het. om nie te noem die algehele minagting van die wet wat nou aan die order van die dag is as gevolg van party mense en hulle party se minagting van van alles wat opbouend is nie.
Mens moet tog toere reël vir diesulkes wat byvoorbeeld aandadig is aan die verwoesting van europese “beelde”, na plekke soos die DRK, Nigerië, Somalië en paar ander plekke wat wonderlike voorbeelde is van die resultaat van wat die mensies nou besig is om te doen.en sien of hulle lis raak om daar te bly.
Hulle skrik hulle gatte af!

Linda ·

Julle beriggewing is misleidend: niks moet binne die volgende 45 dae betaal word nie. Die hof het bepaal dat die nasionale tesourie moet bereken hoeveel die President moet terugbetaal en binne 60 dae daaroor verslag doen aan die Grondwethof. En dan het die President 45 dae om die geld te betaal nadat die hof goedkeuring aan die bedrag gegee het.

Mariné Lourens ·

Dagsê Linda

Ons vra om verskoning vir die oorsig. Die berig is gewysig.

Groetnis
Mariné
nms Maroela Media

Cherokee ·

re
…Zuma persoonlik ‘n gedeelte van die staatsgeld wat aan nie-sekuriteitsdoeleindes gespandeer is moet terug betaal.

Vir my sou dit sin maak as die *’n gedeelte* eintlik *die gedeelte* was. Lees die berig weer en vervang ‘n met die. Dit maak tog meer sin. Ek het gehoop die berig is verkeerd geskryf maar dit word later herhaal. Myns insien behoort hy nie ‘n gedeelte maar die gedeelte terug te betaal. Dit sou ook ‘n spesifieke bedrag bepaal.

HANS ·

Hy sal terugbetaal: “eleventy eh …. now listen carefully…eh…eleventy one thousand two million …eh..he,he,he”

Elizabeth ·

…Of dalk Saoedi-Arabië en die Verenigde Arabiese Emirate (VAE) – hy vry nie verniet na hulle nie.

Chris ·

Die Grondwethof en die media is die RSA se redding, doen so voort

Siestog ·

Ek stem Maddox. Hy gaan dit nie gerug betaal nie. “Moeggepraat” goed gestel. En so gaan hy ook nie tot ‘n val kom nie. Sy kaders en hy ken nie die verskil tussen reg en verkeerd nie.
Hy het gekom om te bly.

vermeende ·

Hoe verheug julle julle self in die uitspraak.
Wie van julle kan aan jouself n rente vrye lening toeken sonder n kontrak van wanneer die eerste paiement betaalbaar is en die som van die paiement.
Dit is presies wat Zuma gedoen het hier.
Om net n gedeelte terug te betaal sonder rente soos ons almal is n verkragting van die wet.

Le eerder beslag op die perseel soos met Malema en verkoop dit op n veiling.

GES ·

Die spreekwoord sê dat elke hond kry sy dag en Zupta kry sy naweek. Die vreugde vure brand hoog, geregtigheid het geskied.

johan ·

Mmmm, wie laaste lag, en ek dink SA lag nou die lekkerste. He he he he he !!

Roger ·

Dit gaan steeds jare neem om van hom ontslae te raak, ongeag die hof se uitspraak. Hy gaan ook nie ‘n sent terugbetaal nie, daarvoor sal die belastingbetalers sorg.

Pierre Celliers ·

“Seblief Zoemsie, net so’n gedeeltetjie man, jy weet, so
‘n R2000 of R1000 sal ook doen.

Theresa ·

O hemel, die kop draai natuurlik nou vreeslik oor hoe om hierdie ding reg te stel. Vreemde weë.
Swak regeringsman. Moet geensins toegelaat word om ‘n land te lei nie. Skande, want dis verkeerd verby.

Sarie ·

Het dit nie tyd geword vir ons as belastingbetalers om saam te staan en eenvoudig te weier om belasting by SARS in te betaal nie. Betaal belasting in by ‘n onafhanklike fonds wat deur onafhanklike ouditeurs bestuur word. Hou dit so tot daar nie weer ‘n sent gesteel word nie. Die wat enigsins uitgevang met meer as ‘n miljoen moet sonder salaris of pensioen Robbeneiland toe. Die met minder bedrae se salarisse moet tot die van die laagste besoldige werker verlaag word. Hulle moet ook onder toesig gebruik word om staatshospitale en staatskantore skoon te maak, sypaadjies te vee en gemors in woonbuurte op te ruim.

Hendrik ·

Die volgende hou van die blinde sambok gaan binnekort val as Nkandla inmekaar gaan stort oor die swak bouwerk. Jammer Zuma, ongeregtigheid betaal nooit.

HEVW ·

Die deurbraak is darem nou daar. Die oposisie sal nou op hul tone moet wees om verdere ontsporing te voorkom. Daar is egter n heel paar ander sake wat nog reggestel moet word, of dan koppe wat moet waai.Soos oa. die polisie wat ongrondwetlik opgetree het. z is nog geensins gestraf nie. Hy moet maar net geld teruggee wat hy reeds ontvang het. Sy ongrondwetlike gedrag en openlike roof, diefstal moet nog aan die orde van die dag kom. Daar is nou geen rede waarom n mosie van wantroue nie moet dien nie en nie aanvaar word nie.

Joann ·

Maddox jou doring. Gupta betaal my bra. Zumie jakkals verander van haar maar nie van streke. U sal skelm dood gaan. Ha ha

André Badenhorst ·

Nou moet ons seker begin waak oor te veel magte vir die Openbare Beskermer na Madonsela einde Oktober. As die Zupta’s uithou tot dan toe, sal hulle vir seker ‘n kader ontplooi. Moenie vir een oomblik dink Pedro (die intelligensiekodenaam vir Zuma) is klaar gemors nie. Ons mag eenvoudig nie ons waaksaamheid verslap nie.

Oom Kalahari ·

Sjoe….wat ‘n terugslag vir die beeld wat uitgestuur word na die buiteland oor die cANCer se gedrag en korrupte optredes. Gaan ons dalk ‘n standbeeld sien wat opgerig gaan word naby die Parlements gebou as herrinneringe aan No1 wat lees “Oneervolle ontslag weens korrupte optredes” en die ook in ons kinders en kleinkinders se Geskiedenis boeke aangeteken word sodat hul op skool kan leer van die vrugbare leiers on die NSA aangesien die geskiedenis tans net gebaseer is op ‘n “Demokratiese NSA sedert 1994. En so het die cANCer-NUK gedienstig met al No1 se gelag en optredes in die Parlement saamgestem en gesekondeer as meerderheid en gesig klappe met skaamte teenoor ander opposisie partye in die Parlement uitgedeel. Hierdie ondersteunende Ministers, Speaker en gades wat so hartlik afgemaak het as ;n grap moet ook tot verantwoording geroep word. Baie “Kaders” in die cANCer was bewus dat daar onregmatig opgetree was, maar het oë toegemaak, dit verskans om die soustrein te kan ry. Sterkte ou Grote.

Mr P ·

Hy het diefstal gepleeg. Jy kan nie by n supermark met n trollie kruideniersware uitstap en wanneer jy gevang word dan eweskielik daarvoor wil betaal nie. Onthou…..JY MAG NIE STEEL NIE.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.