Zuma moet opdok in staatskapingsaak

Oudpres. Jacob Zuma. Foto: ANA

Oudpres. Jacob Zuma mag nie teen ʼn hofbeslissing oor staatskaping appelleer nie. Die hofbeslissing hou in dat hy persoonlik die regskoste moet betaal van sy mislukte hersiening van die gewese openbare beskermer Thuli Madonsela se opdrag dat ʼn geregtelike kommissie van ondersoek aangestel word om staatskaping te ondersoek.

Die hooggeregshof in Pretoria het Vrydag die uitspraak gelewer en dit aan al die partye oorgedra.

“Dit beteken dat die kostebevel steeds geld,” het James Self van die DA, een van Zuma se teenstanders in die saak, gesê.

Zuma wou destyds Madonsela se remediërende optrede laat hersien omdat, ingevolge die Grondwet, net die president volgens hom die diskresie het om ʼn geregtelike kommissie van ondersoek aan te stel en dat hy nie deur ʼn ander staatsorgaan aangesê mag word hoe om sy mag uit te oefen nie.

Madonsela het voorts opdrag gee dat die hoofregter, en nie die president nie, die regter moes aanstel wat die kommissie sou lei.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Anoniem ·

He he he he he….

Wonderlike nuus om die naweek mee te begin!

Kobus ·

Wonder of daar ʼn tender gaan wees om Nkandla se veiling te doen!

Cherokee ·

Verseker is dit ‘n interessante speletjie om te speel wanneer die opstellers van berigte deur hordes fotos blaai om een te kies wat pas by die strekking van die berig. Die sign wat Zuma gooi word heel strak gedoen. Geluk met die keuse van die foto. Gesigsuitdrukking, sign, die hele foto pas by die berig.

Neels ·

Wonderlike nuus. Ek begin sommer WEER braai net omdat ek so lekker kry!

Daan Erasmus ·

Sien is glo. Ek wil dit nog sien. Ek gaan al dood wees dan maak Zuma nog jakkalsdraaie om nie te betaal nie.

PJ ·

Net hoop as hy weier om te betaal en hulle n lasbrief uitreik hulle dit gaan deur voer onthou ou dudu van sal moes voor die tug kommittee verskyn het sy gesè sy te siek hulle toe lasbrief uitgereik vir inhegtenis name sover my kennis strek is sy nog op vrye voet

Alida ·

Ek hoop almal verstaan nou wat “uitspraak voorbehou” beteken.

Daan ·

Vergeet dit. Die Wet van Transvaal bestaan seker al langer as 100 jaar. Maar Zuma gaan dit verander. Weet nie hoe nie, hy kry dit nog altyd reg.

Nico ·

Daar wag nog ‘n yslike skok op Ubaba Msholozi. Die SAID staan reg om hom ‘n stewige enema toe te dien vir agterstallige belasting van sowat R65,000,000. Probleem is dat daar nie op sy Nkandla woonplek beslag gele kan word nie want dit is op Ngoyama Trustgrond van die Zoeloekoning. Die eienaar van die grond is ook eienaar van die verbeterings. Wat ‘n yslike tameletjie. Moet maar in Dubai gaan soek vir versteekte geld. En sy gabbas is landuit en voel vere vir hom. Shabir Schaik kyk ook ander pad.

Hasie ·

Nou wonder ek of zuma beplan het, indien hy hierdie saak sou verloor, dat hy aansoek sou doen by VBS bank om sy betaande lening by hulle bietjie groter te maak. Ai, kan ‘n mens nou so baie probleme vir homself op die hals haal, want geen ander bank sal ‘n kans waag met hom nie.
Ek onthou nog hoe mugabe ‘n lotto kaartjie gekoop het en toe gewen het.
Met al hier hof kostes, uitstaande belasting en nog 767 ander korrupsie sake? As dit ek was sou ek ‘n swaar klip om my nek vasmaak en in my swembad spring.

Alida ·

Slim het uiteindelik sy baas gevang. Die Guptas kan hom help maar hulle sal nie want ou Jacob het NIKS om hulle aan te bied nie. Sy turf sit. Sy pensioen kan dalk genoeg wees aan die ander kant is daar n paar monde om te voed by sy huis. Shame

Matthys ·

Zuma se geluk is op en die wiel is stadig besig om te draai. Hy verdien die moeilike tyd wat op hom wag …..

jean ·

Ag ja…..selle ou storie…moet opdok en ewe skielik is daar nie die befondsing nie…..

Elbie Naude ·

Ek verstaan nie so mooi nie. Soos ek dinge verstaan werk dit as volg: Ek beland in die moeilikheid en moet in ‘n hof verskyn. Ek moet ten duurste regsverteenwoordiging betaal. Indien Ek nie soveel geld het nie, kan Ek aansoek doen om regshulp by die Regshulpraad. Indien Ek te veel geld verdien of Ek besit ‘n besigheid, sal Ek nie kwalifiseer nie. Ek kan ook nie om pro bono regsadvies aansoek doen nie, want my salaris is te hoog. Ek was self verantwoordelik vir my probleme, nou waar val Ek uit dat die staat ‘n brigade advokate moet betaal sodat my saak dekades gaan neem om af te handel. Wat is die gesegde: “If you can’t do the time, don’t do the crime” Jy moet maar self hoes my ou, soos almal.

Eddie ·

Ek sal dit glo as die transaksie eers afgehandel is ! Zumpie het al lankal ‘n ander plan wat vir ons wag !

Maljan ·

Ja, n staatsgreep. Het hlaudi motsualeng al sy “pensioen” terugbetaal? Wat van die ander “goue handdruk begunstigdrs” wie almal vort is met ons belasting geld? Wie betaal al malema se hofkostes? Beloop dit nie al meer as zuma sn nie?

Gemaskerde Sopbeen ·

Hy’t genoeg geld om sy regskoste te betaal……….ek meen, hy hoef darem seker nie nou sy huisverband terug te betaal as die bank wat dit toegestaan het bankrot is nie, hoef hy?

Tik tok tik tok ·

Lekker man lekker
Ek het nogals nie dit sien kom nie
Maar nou ja Moet nie worry nie zumpie
Ramaposa sal jou nie versaak nie ne

Stormjaers ·

Ek is al klaar lus vir n oorlog. Zuma sal aanhou om sy stert uit die tronk te hou.

Darius Els ·

Nog nooit in 24jr gesien cANCer help nie mekaar nie.
Arresteer onmiddelik Deense Ma en seun vir korrupsie,terwyl hier in SA speel korruptes in spanne(nkandla,vbs,transnet eskom,en en en en en en.
Pink Frikkie se vriende.

Marie Visser ·

Dank die Hemelse Vader dat geregtigheid geseëvier het!

christa ·

DIS WONDERLIKE NUUS JUIG SUID AFRIKA HY HET ONS LAND SOVEEL SKADE BEROKKEN DAT DI BAIE JARE GAAN NEEM OM NET WEER KOP BO WATER TE KAN HOU HY MOET BOET VIR SY SKELM DADE

AW ·

Hy Gaan Dit Nie Betaal Nie!!!!!
Net Dalk sal een van sy Maaitjies dit namens hom betaal….
Of net Dalk Skryf die ANC Regering die Uitstaande bedrag Af……

Daar is Jackie Selebe wat ook nie sy regs kostes terug betaal het Nie ….. al daardie Miljoene is Afgeskryf !!

Maar nou Ja ….
Tyd sal Leer!

Daan ·

Die ANC het ‘n 2/3 meerderheid nodig om grondwet te wysig. Die EFF en ANC verskil dramaties in benadering. Ek wonder net gaan die EFF die ANC se voorstel steun as hy nie sy sin gaan kry nie. Is die nie maar net ‘n rookskerm vir die ANC om sy kiesers te probeer mobiliseer nie. Wonder maar net

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.