Zuma moet opdok, verskoning vra oor Hanekom-twiet

Derek Hanekom en die anti-apartheidsaktivis Sunny Singh tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: ANA)

Oudminister en ANC-ringkop Derek Hanekom het sy lastersaak teen oudpres. Jacob Zuma in die hooggeregshof in Durban gewen.

Regter Dyaya Pillay het beveel dat Zuma vir Hanekom moet vergoed vir die gewraakte twiet waarin hy aangevoer het dat Hanekom ʼn spioen vir die apartheidsregering was. Hy moet die twiet ook binne 24 uur van alle mediaplatforms, ook sy Twitter-rekening verwyder en moet ʼn openbare verskoning op Twitter aan Hanekom rig. Hy moet ook Hanekom se regskoste betaal.

Die skadevergoedingsbedrag moet egter nog vasgestel word. Hanekom het R500 000 van Zuma geëis.

Hanekom, ʼn lid van die ANC se Nasionale Uitvoerende Komitee, het die lastereis teen Zuma ingestel nadat die oudpresident die twiet geplaas het waarin hy na Hanekom as ʼn “bekende agent van die vyand” verwys.

Zuma het op 25 Julie aan sy meer as 300 000 volgelinge getwiet dat hy nie verbaas was deur EFF-leier Julius Malema se onthullings oor Hanekom nie. Malema het vroeër aangevoer Hanekom was deel van ʼn groep ANC-lede wat Zuma met ʼn mosie van wantroue wou ontsetel toe hy nog president was en dat hy hulp by ander partye daarvoor gesoek het. Die mosie het nie geslaag nie.

Hanekom het die uitspraak verwelkom. “Ek is ingenome met regter Pillay se bevinding dat die oudpresident se stelling lasterlik en vals is en dat die stelling ‘bekende agent van die vyand’, in die konteks waarin dit gebruik is, ‘apartheidspioen’ geïmpliseer het,” het Hanekom in ʼn verklaring gesê.

“Die bevinding kom aan die einde van ʼn week van baldadige geweld in ons land wat aangevuur is deur vals en verkeerde inligting, etikettering en die maak van sondebokke. Die hele week lank is fopnuus en ou beeldmateriaal rondgestuur wat haat en woede uitgelok het. Mede-Suid-Afrikaners en Afrikane van reg oor die vasteland is onderwerp aan plundery deur misdadigers.

“Dít is wat gebeur as ooglopend vals bewerings gemaak word,” het Hanekom gesê.

Hanekom het gesê mense moet saamstaan teen die verspreiding van leuens en die inboeseming van vrees.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Mossie ·

Goed, nou hoeveel leuens versprei jou kamerade nie, Hanekom? O, ag skuus, dis nie leuens nie, dis vryheid van spraak wat slegs op jou en jou kamerade van toepassing is. Die videoclips van Malema, Andile en Ace is seker gemanupileer en die toejuiging van die swart skare was seker deel van n sokkerwedstryd en nie oor wat dìe 3 te sê gehad het nie…ek verstaan nou.
Hierdie land se inwoners vra vir n burgeroorlog uit alle oorde, wit en swart.

Anoniem ·

Geluk Oom Derek, as mens snert praat van iemand dan gaan die een wat skuldig is BETAAL

blouapie ·

He-he-he. Jippieeeee!!!!!!
Payback time, kan jy nog onthou van die twiets, Vergeet ne!

Boet Vermeulen ·

Ja mnr Hanekom, meng jou met semels dan vreet die varke jou!

Gert van Wierdapark ·

“Pay him the money and stop tweeting like a bird!!! He-he-he!!

Neela ·

Ai ou Japie wat gaan aan lyk my die ancisters het ook nou teen jou gedraai . Iewers het jy hulle kwaad gemaak jy sal moet n sangoma faan sien

Pottie ·

Hy het nog baie van ons belasting geld hy sal betaal met n smile

Cherokee ·

Ja Hanekom, jy weet wat dink die Suid Afrikaner van jou.

Al ·

Lekker man, lekker! So word Zuma se vlerkies al hoe meer kortgeknip!

Genieve ·

Hyt vergeet om verskoning te vra nou moet hy nog betaal ook gaan hy dit kan onthou

Hansie Slim ·

Wat het Hanekom verwag? As jy hulle wil kruip, “spoeg” hulle jou uit enigetyd.
Sorry, jy het gesoek vir dit!!!
R500k is kleingeld!!!

Hanlie ·

Hanekom is nou een van my gunstelinge nie, maar ek is so bly hy het vir ou “sortkop” ore aangesit. Hy gaan besef hy is nie onaantasbaar nie.

Clutchplate ·

Five and one thousand hundred…heheeeeeey … ….hai.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.