‘Zuma moet SA se vertroue terugwen’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma. Foto: Ntswe Mokoena, departement van kommunikasie

Pres. Jacob Zuma moet sy staatsrede gebruik om die vertroue van Suid-Afrikaners terug te wen, het ʼn senior politieke ontleder gesê.

“Die vertroue in Zuma en groot instellings soos die parlement het ʼn nuwe laagtepunt bereik,” het prof. Amanda Gouws van die Universiteit Stellenbosch gesê. “Zuma moet probeer om nie leë beloftes te maak nie, maar beloftes wat vertroue in die regering sal herstel.”

Die EFF het Zuma reeds gewaarsku dat hy nie sy staatsrede sal kan lewer voor hy vrae beantwoord oor die afdanking van Nhlanhla Nene as minister van finansies nie. EFF-LP’s het verlede jaar Zuma se staatsrede ontwrig en geweier dat hy praat voor hy nie vrae antwoord oor wanneer hy ʼn gedeelte van die geld wat op Nkandla spandeer is gaan terugbetaal nie. Die EFF-LP’s is hierna uit die parlement verwyder.

Gouws het gesê hoewel sy glo dat die EFF geldige besware het, die staatsrede nie die geleë tyd is vir “ontwrigtende politiek” nie. “Ek dink dit is nadelig vir ordelike politiek en hoewel die Nkandla-sage ʼn  geldige kwessie is, dink ek dat die situasie met Nene opgelos is en dit nie die moeite werd is om hierdie ontwrigting te veroorsaak op ʼn tyd wat werklik krities in die geskiedenis van Suid-Afrika is nie.”

Die DA het Woensdag gesê dit is van kritieke belang dat Zuma sy regering daartoe verbind om ʼn verdere kredietafgradering te voorkom aangesien dit die ekonomie verder sal skaad. Volgens die DA sal die beplande ontwrigting deur die EEF Suid-Afrikaners ontneem van die geleentheid om Zuma verantwoordbaar te hou.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

31 Kommentare

Anel ·

Ek dink nie daar is enige iets wat Zuma kan doen om vertroue terug te wen nie. Hy het al te veel afgebreek. Die beste ding wat hy kan doen is om die tuig neer te lê

Mooi stories ·

Wat maak dit saak wat hy se of beloof? Min of geen van die beloftes wat hy in vorige staatsredes gemaak het, het ooit realiseer nie. Net nog mooi stories en lee beloftes.

Ben (:-) ·

Net 5 % van lesers wil weet wat zuma gaan se – so hy het verbruikers vertroue verloor.

GES ·

Al eerbare ding wat nog oorbly is om die geld wat hy onregmatig geneem het terug te gee en te verdwyn.

Wat-ek-lees ·

ZZZZZZzzzzzz . . . slaap jy nog, slaap jy nog, hoor hoe lui die kerkklok, hoor hoe lyk die kerkklok, dieng dong dei, ding dong dei . . . zzzzzzzzzz . . .

Schalk ·

Daar is absoluut niks wat die nar kan se om enige vertroue terug te wen nie. Hy het oor en oor bewys dat hy onbevoeg is. En al se hy alles wat die mense wil hoor, gaan dit nooit ooit realiseer nie. Net dwase kan nog glo dat daar hoop is solank die ongeskoolde rassis aan bewind is. Vir almal wat duim vashou en glo, skrik wakker. Selfs die kruipende liberale se skille op die oe begin afval.

Chris W ·

Zumpie is ‘n lee dop.Iemand wat glo wat hy se is erg onnosel.Stem met die ander saam – hy moet sy baadjie vat en verdwyn uit die politiek waarvan hy in elkgeval niks weet nie.

Mick ·

Gaan net die eerste 20 minute kyk om nie die komiese element met die EFF te mis nie. Daarna is No.1 op sy eie. Niemand stel belang is sy “jannie-jammergat” toespraak nie.

Theo ·

Dit sit nie in sy broek nie. Prof. Gebruik jou politieke invloed en tyd eerder regverdig op kampus sou ek voorstel.

John ·

Miskien moet hy nog ‘n minister aanstel, ook ‘n Minister van Geluk, dan gaan ons almal sommer gou beter voel al is ons beursies leeg … en dalk, net dalk, geluk dit ons dat die goeie pres op Nkadla wil gaan aftree in ruil vir die afskryf van sy skuld. Ons belastingbetalers gaan in elke geval die geld aan hulself moet terugbetaal, so asb kom ons laat hom gaan al kan ons nie maklik sonder hom klaarkom nie.

HEVW ·

Prof Gouws, siende wat deesdae daar aan die US gebeur is dit nie vreemd dat hierdie standaard skrywe uit u pen is nie. Daar was nog nooit vertroue in z nie. Se eerder maak n mambaslang hans groot en slap saam met hom. Soos meer kommentare se, hy moet beslis uit die politiek verdwyn.

alida ·

Theo daar is baie in sy broek maar politiek is nie een van daai nie.

Koos ·

BEDANK, dan VERTROU ons dat hy nie die mooi land van ons verder sal opvoeter nie. BEDANK, dan VERTROU ons dat ‘n beter leier aangestel sal word.
BEDANK, dan VERTROU ons dat die regstelsel en howe weer onafhanklik kan word.

En so kan ons aangaan. Dis al vertroue wat ons kan he!

Jan maak n Plan ·

Hiehiehie —bla bla bla —– hiehiehie —– blablabla —– eleventy milion —– eish.
uHamba ukaia wena mange!!!
#ZUMA MUSTFALL and FALL QUICKLY!!!!

Theresa B ·

Ja hy moet mooi broodjies bak sodat almal weer aan sy lippe hang en vir hom stem net sodat hy weer terug kan val op sy woord en dade. Hoe belaglik is dit nie. En daar is SO baie wat hom steeds glo. Leer hulle nou niks………………………………….

Jade ·

2015 – (In Julius Malema se stem) : “Pay back the money, Pay back the money!”
2016 – (In Julius Malema se stem) : “What about Nene? What about Nene?” haha
#ZUMA-MOET-WAAI

John ·

Terugwen? Hy het nog nooit my vertroue gehad om mee te begin nie!

Rynhardt ·

“Prof.Zuma”(hy skuif sy bril op en af) het saam met die Anc geen trots en geloofwaardigheid nie! Dit bestaan nie in hulke woordeskat nie! Hy kan dit nie kry met regstellede aksie nie.Van sy ryk adjudant, Ramaphosa praat ek nie eens nie.Ek raak keelvol om in leuens vas te kyk! As “prof.Zuma” sy mond oopmaak is dit net vraagtekens??????? Dit se alles vir jou!

Theresa ·

Nee wat. Dié weird mens het my nog nooit aangestaan nie. En mettertyd het hy my vermoede bevestig. Heeltemal uit plek uit in ‘n presidensiële pak en stoel.
1000 keer eerder iemand soos Thuli asseblief. Almal wat normaal dink, hunker na regverdigheid en geregtigheid. Dan eers kan problem (nie uitdagings nie) uitgesorteer word. Mag hy vinnig die besluit neem om maar te waai.

Rens Roodt ·

nooit ooit sal hierdie sleepsels vertrou kan word nie – hoop oorsee hou hulle die beleggings terug want van liegstories opdis – dit kan die anc en zuma goed doen – wil alles en almal manipuleer met hulle bedrog – MOET NIKS GLO NIE – NET N FOEFIE!

Tammy ·

Hoe op aarde wen jy vertroue? Jy verdien vertroue en respek deur jou optrede. Respek en vertroue is van die dinge wat jy nie kan afdwing op enige iemand nie , jy kan dit slegs op een manier verdien en dit is deur jou optrede, die voorbeeld van hoe jy leef. GEEN leuens, bedrog, en enige vorm van oneerlikheid nie, Zumpie kan vergeet van n regstelling, ons vertrou eerder n mamba maar nie vir hom nie!

Oom Boer ·

Nr 1 sal vertroue laat terugkeer as hy openlik en eerlik kan aankondig dat hy dadelik die tuig sal neerlê en aan Thuli Madonsela oorhandig. Dit sal ‘n dag van jubel wees aangesien hy reeds die laagste punt van sy loopbaan bereik het. Thuli mag dalk in die volgende 20jaar bietjie skade beheer terugwin wat Nr 1 so met laggies afgebreek het. Sien uit na die Staats lewerings debat.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.