Zuma moet sê oor beweerde aanslag op lewe, eis party

Pres. Jacob Zuma. Foto: Kopano Tlape/GCIS

Corné Mulder, hoofsweep van die VF Plus, sê die geheimhouding rondom die beweerde aanslag op die lewe van pres. Jacob Zuma is onaanvaarbaar en dat dié bewerings ʼn ernstige aangeleentheid is wat deeglik ondersoek moet word.

Mulder het gesê die president het dié week in ʼn regstreekse uitsending op televisie “vir die eerste keer self gesê” dat iemand hom glo met ʼn sterk soort gif probeer vergiftig het.

“Die VF Plus wil verneem of hierdie voorval ondersoek word,” sê Mulder. “ʼn Aanslag op die president se lewe is uiteraard ʼn baie ernstige saak.”

Pres. Zuma het volgens Mulder op ʼn vraag oor wie vir die aanslag verantwoordelik kon wees, gesê dat hy “baie vyande” het of dat dit moontlik ook “koloniale magte” kon wees.

Mulder het gesê die party dring daarop aan om te hoor of die presidensie al ʼn klag by die polisie ingedien het. “Indien nie, waarom nie? Dit is belangrik om oop kaarte te speel oor die aangeleentheid en oor die vordering van die ondersoek.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Willie ·

Hoe sterk is sterk, en hoe flou is flou? Ek dink dis n foefie…

Gatvol ·

Maar nog net n manier om die massas op te sweep en simpatie te soek, veral nou dat Desember nader kom.

THEA SWART ·

het een van sy vroue nie eens prober om hom te vergiftig nie? amper seker dit was die een wat nou probeer staan as toekomstige president

Willem Laurens ·

Hoe weet jy wanneer Zuma lieg? As hy sy mond oopmaak. Daar was geen aanslag op sy lewe nie hy soek party se simpatie. Jammer dat ons weermag nie die “guts” het om ook ‘n “coup” uit te voer nie

Ou Hand ·

Nogal Nê..!! , ek haal aan… hy het “baie vyande” en dit kon moontlik ook “koloniale magte” wees? Eintlik verstaan ek dan dat die “koloniale magte ” nie vyande is nie? Nee Mnr. Jou put van verskonings lyk my is die heeltyd nog ‘n ou Longdrop gewees. St 3 deur ‘n sondagskool venster klink my is tog ‘n opsie. Jammer jul kan my nie nou hoor lag nie.

Petro ·

Ek stem saam Thea…. Een van sy eie vroue het hom probeer vergiftig.

A Mac ·

Kan jy nou meer? Wat gaan hulle nog volgende uit die hoed trek om die aandag van vandag se korrupsie en vergrype af te trek?

anti-crime ·

Hy het nou gesien wat met ‘n despoot kan gebeur en nou raak hy angstig!!!! Lekker kry ek nou!!!

Andre ·

Daar is 30 miljoen met n motief . Gaan moeilik wees om te ondersoek .

Rooi ·

Aan die een wat die gif toedien: Hulle sê mens maak eerder ‘n wolf dood met minder as met meer gif, as die dosis te sterk is dan bring hy dit op en oorleef. Ek reken met ‘n sluwe slang is dit dieselfde

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.