Zuma moet sê oor ‘Guptagate’

Zuma. Foto: GCIS

Zuma. Foto: GCIS

President Jacob Zuma moet antwoorde gee oor nuwe bewerings dat hy betrokke was by die omstrede Gupta-landing by die Waterkloof-lugmagbasis vroeër vanjaar, het opposisiepartye Donderdag gesê.

Lindiwe Mazibuko, die parlementêre leier van die DA, sê sy sal onmiddellik stappe neem om te verseker dat Zuma antwoord op bewerings dat hy instruksie gegee het dat ’n gehuurde vliegtuig vol gaste van die Gupta-familie sonder behoorlike magtiging op die Waterkloof-lugmagbasis mag geland het. “Die erns van die nuutste bewerings het nie net vrae oor die etiese gedrag van die president tot gevolg nie maar dui ook daarop dat hy deel kon wees van ʼn toesmeerdery van beduidende proporsies.” ʼn Ondersoek deur die regering het Zuma en sy ministers vrygespreek van enige verkeerde optrede en bevind die landing was weens “sameswering deur beamptes.” Beëdigde verklarings van twee lede van die weermag betrek egter vir Zuma by die landing. Mazibuko sê hulle sal Thuli Madonsela, openbare beskermer, weer versoek om ʼn ondersoek na die voorval te doen. Phumla Williams, waarnemende woordvoerder vir die regering, sê die mediaberigte is “dramaties en misleidend.” Die kantoor van die ANC-hoofsweep het in ʼn verklaring gesê die parlement en openbare beskemer moet nie by “politieke speletjies” betrek word nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Erich Goosen ·

Zuma moet antwoorde gee oor Guptakanaal? Wil julle nou die man forseer om te lieg?

mariaan ·

Het Zuma al ooit die waarheid gepraat? Dit gaan weer ‘n toesmeerdery wees en ander gaan die skuld hiervoor kry.

Jasper ·

n Lugmag kokkedoortjie of 2 gaan groot geld ontvang om die blaam op hulle te neem. Hulle gaan ook nie veel van n keuse kry nie.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.