Zuma moet self vir regskoste opdok

Oudpres. Jacob Zuma in die hof. Foto: ANA

Die hooggeregshof in Pretoria het Donderdag beslis die staat is nie verantwoordelik vir oudpres. Jacob Zuma se regskoste in kriminele óf siviele sake nie.

Die DA het die hof genader om uitspraak te lewer oor of Zuma die R15,3 miljoen moet terugbetaal wat die staat – en dus belastingbetalers – reeds aan sy regskoste bestee het met betrekking tot ʼn magdom aantygings van onbehoorlike gedrag deur die jare.

Sy vroegste regskoste was reeds in 2006 toe hy krimineel vervolg is in die sogenaamde spioenbande-saak.

Die DA het die hofaansoek gebring om te eis dat Zuma dié geld terugbetaal. Die EFF het hom later daarby aangesluit.

Albei partye verlang ook ʼn ooreenkoms tussen pres. Cyril Ramaphosa en sy voorganger, Zuma, om die staat se betaling van sy regskoste onregmatig te laat verklaar.

Die kriminele vervolging teen Zuma was in sy persoonlike hoedanigheid.

Die DA het aangevoer die kriminele vervolging teen Zuma was in sy persoonlike hoedanigheid en het gesê die staat behoort nie sy regskoste te betaal nie.

Voorts het die amptelike opposisie gemeen dat die kriminele aanklagte teen Zuma nie voldoen aan die vereistes om regsbystand van die staat in sy hofstryd te kry nie.

Maar die presidensie het gesê ter nakoming van ʼn vorige ooreenkoms sal die staat Zuma se regskoste betaal tot die hof anders beslis.

Zuma het ook reeds verskeie kere vanjaar in die hof verskyn – 16 aanklagte staar die oudpresident in die gesig, wat bedrog, korrupsie en rampokkery insluit. Sy saak gaan op 20 Mei 2019 voort.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

30 Kommentare

Deloris ·

Zuma moeg regskostes betaal ja ….. maar
wanneer gaan hy begin terug betaal?
Intussen gaan sy hofsake voort wie betaal intussen ?

Elize C ·

Ek hoop sy prokureurs sal weier om hom verder tot diens te wees, voor hy hulle nie eers vooruit betaal nie…..wat hy dus uit sy eie sak gaan moet doen, aangesien die staat hulle nie meer gaan betaal nie. Eintlik moet hulle sommer aanspreeklik gehou word om alles wat die staat hulle reeds betaal het, terug te betaal, en dan moet hulle dit direk van hom terug-eis…… Vinnig vinnig gaan geen prokureur hom meer wil verteenwoordig nie!

Poot ·

@Deloris
Ag genade Deloris. Die staat betaal GLAD NIE sy regskostes nie. Vorige kostes van R15m moet hy terug betaal. Die sake wat volg is vir sy beursie.

Krities ·

Hierdie is nou weer ‘n ander probleem. Hoop die hof het ‘n wye bevel gemaak. Wie gaan al hierdie sake se kosterekeninge opstel, laat takseer en lasbriewe vir eksekusie uit te reik as daar nie betaal word nie. en hoelank gaan hulle sloer om dit te laat gebeur/uitvoer. Hoop daar is mense met “lang slagtande” wat gaan toesien dat hierdie uitgevoer word of gaan daar nou weer hof toe gehardloop word want die lêers bestaan nie meer nie.,

Irma ·

Dit is uotstekende nuus. Geeneen van ons sal vrywillig opdok vir regskoste van rampokkers nie, maar ons word deur ‘n regerings besluit gedwing om dit as belasting betalers te doen. Hopelik verdwyn die oompie se energie om met alles hof toe te hardloop nou. Ons is so moeg vir hom. Die impak van sy dade het ‘n daaglikse uitwerking op alle fasette van ons lewens. Hy en sy makkers is tot groot mate aanspreeklik vir die armoede in ons land en die ondergang van voorheen sterk staats instansies.

Daan Erasmus ·

Net as ‘n mens dink daar is nie geregtigheid nie, dan kry jy hoop. Solank daar nie steeds politieke inmenging is wat sal keer dat reg en geregtigheid geskied nie.

SjN ·

Waarheid het geseevier, nou net hy en sy vriende wat getooi moet word in oranje pakke.

Al ·

Wat sê die presidensie oor die uitspraak? Gaan hul nog steeds Zuma wie SA gesink het, se regskoste betaal uit ons belastingbetalers se leë sakke?

Geregtigheid ·

Almal beveel hom betaal terug. Nkadla moes hy terugbetaal het. HET HY???? NOU HIERDIE. GAAN HULLE HOM REGTIG DWING OM DIT TE BETAAL???

Karma ·

Hyt daai geld mos met VBS geld terugbetaal dan nie? R9. iets miljoen verband op Nkandla? So iets… kan nie lekker onthou nie

Lex ·

Hy gaan niks betaal nie-die hofuitspraak sus maar net die burgers. Moet asb nie naief wees om te glo hy gaan ‘n sent betaal nie. Net soos die uitspraak dat hy geld vir Nkandla moet terugbetaal en toe kamtig ‘n verband gekry het. Doen jul navorsing asb, hy het daarvan ook geen sent betaal nie.

ANNA ·

As jou velkleur reg is….is jy verhewe BO die regstelsel en hofbeslissings en vervolging en landswette,daar sal niks met hom of sy makkers gebeur nie

zoom zoom ·

Al wat nou gaan gebeur is dat sy regsspan die volgende hoër hof gaan nader en so rek die saak uit en ons die belastinggeld word nog steefs gebruik vir sy onkostes asook vir al sy vervoer na die hof met almal wat hom beskerm se pay wat ons moet betaal.

Poot ·

@zoom zoom
Die hoogste hof is die grondwetlike hof. Ek twyfel of hy daar sal regkom.

RG ·

Ek het gehoor die volgende hof is die Appélhof – Bloemfontein en dan die grondwetlike hof, albei nog opsies vir hom.

Andre ·

Die ANC is baie vining besig om hulle rug op Zuma te draai. Ek sal baie daarvan hou as hy van hulle af weg breek en sy eie party begin, did vat net meer stemme weg van die ANC.

Mens kan maar net droom.

Daan Erasmus ·

Ek wil graag droom. Maar elke droom het in ‘n nagmerrie verander tot nou toe. Ek sal al tevrede wees as die nagmerries ophou.

Het ek dit reg? ·

As ek dit reg het het hy dit klaar gedoen, dit is die nuwe party wat hulle aan die kant van die BLF skaar? dan nie?

elizna ·

die 1e en laaste paragraag stem nie oor een nie..of ek lees so vinnig verkeerd..twyfel of hy ooit sal terug betaal..dalk afbetaal oor 30 jaar.maar dan is sy grafsteen lankal opgerig…..

Johnnie ·

ANNA jy slaan die spyker op sy kop ek stem saam met jou sy velkleur is reg ons blankes sal maar weer vir alles betaal soos met al die regering se hofsake.

Michelle ·

Snaaks hoe ‘n mens se gesig uitdrukkings kan verander van uitdagend, traak my nie agtige tot nou is ek in die moeilikheid.

Garth ·

Ek’s so dankbaar aan God dat hy niks weer sal reg kry nie. Bid verskriklik hard dat ons land moet verander maar God se tyd is nie ons syne nie…
Dankie ve die nuus blad.. geniet dit om weer afrikaans te lees

kolla ·

Dit sal interessant wees of die Guptas sy regskostes vir hom sal betaal

Cobus Snyman ·

Ja die DA alweer as ons die VV plus en Cope kry om saam te werk kan ons a sterk demokratiese partye kry en dalk genoeg steun om te regeer. Sonder saam werk sal ons dit nie maak nie dan is dit verby vir SA

Hou op om oorlog of land te verlaat praat…. kom ons staan saam (DA,VVplus en Cope) seker met n bietjie skaaf werk aan beleid praat hulle almal die selfde taal…. al vreedsame oplosing.,Gaan ons nog problem kry natuurlik maar ons sal in beheer wees

Kom ons staan saam en hou op met hierdie bog van oorlog maak ons kan hulle wen as die demokratiese georienteered parteie bymekaar te bring by die stem bus kyk na laaste verkiesing syfer
Luister mense asb ons kan ….soek net iemand in leier possisie om eerste stap te neem Soek net die wil om dit te doen

Lex ·

Ons gaan nie weet nie en hy gaan ook geen sent betaal nie. Dis hoe dit werk in Afrika

AMS ·

Dit wil ek nog sien. Nou wag ons net vir die balju om Nkandla te gaan opskryf met al die inhoud, dan het jy mos nou terugbetaal (ha, ha, ha). Sien is glo in die land en dan kan jy ook nie altyd dit wat jy sien of hoor glo nie al word dit vir die waarheid voorgehou.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.