‘Zuma moet slagoffers van plaasaanvalle óók toespreek’

Pres. Jacob Zuma Sondag in die Krugerwildtuin op Bewusmakingsdag teen Renosterstropery. Foto: GCIS

Pres. Jacob Zuma Sondag in die Krugerwildtuin op Bewusmakingsdag teen Renosterstropery. Foto: GCIS

AfriForum het ʼn beroep op pres. Jacob Zuma gedoen om in gesprek te tree met slagoffers van plaasaanvalle.

“Dit lyk vir ons of die regering geen begrip het van die pyn, lyding en emosionele trauma wat hierdie slagoffers deurgaan nie. Dit lyk ook nie of die regering ernstig is oor werkskepping en voedselsekerheid nie, aangesien boere, wat werkskeppers én voedselprodusente is, in buitengewoon hoë getalle vermoor word, maar nie juis enige reaksie vanaf die regering kry nie,” het Ernst Roets, adjunk uitvoerende hoof van AfriForum, Maandag in ʼn verklaring gesê.

Die burgerregte-organisasie het sy kommer uitgespreek oor die feit dat Zuma klaarblyklik maklik tyd in sy dagboek kan inruim om aktief deel te neem aan ʼn bewusmakingsveldtog teen renosterstropery in die Nasionale Krugerwildtuin en omliggende gebiede, maar ten spyte van verskeie wekroepe deur die publiek, nie bereid is om die slagoffers van plaasaanvalle toe te spreek nie. Zuma het Sondag op Bewusmakingsdag teen Renosterstropery ʼn toespraak in die Skukuza-sokkerstadion aan nagenoeg 5 000 inwoners van Nkomazi en Bosbokrand gelewer.

Roets het gesê dat AfriForum verheug is dat die regering ingryp om renosterstropery hok te slaan en dat die president tyd inruim om by hierdie stryd betrokke te raak. “Daar is egter geen logiese rede waarom die regering plaasmoorde kan ignoreer terwyl spesiale maatreëls getref word om renosterstropery as prioriteit uit te lig nie.”

AfriForum het November 2015 as ʼn nasionale maand van protes teen plaasmoorde verklaar.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

25 Kommentare

Dee ·

As hy die versoekte toespraak sou hou sal dit steeds net die aflees wees van ‘n dokument wat iemand anders vir hom opgestel het.

Martin ·

Wanneer het hy ooit kill the Renoster of enige lied gesing oor die Renoster? Die machine gun lied gaan ook nie oor Renosters nie.

Swanna ·

Ek glo nie hy het ‘n ding soos ‘n gevoel nie, nie eens ‘n siel nie.

irene ·

Zuma gee nie eens om vir sy eie ras mense  nie wat nog van die bevolking in SA hy is baie traag en lyk soos a skilpad

MJL ·

Nooi hom volgende jaar, vir die volle duur, na die Nampo-oesdag toe vir ‘n vraag-en-antwoordsessie.

Eddie ·

Hoe kan mens enige iets verwag van Zuma as hy net belang stel om sy eie sake te vul. Hy het geen trots om in daai pos te sit nie. Hy sal ook nie die boere of die slagoffers toespreek nie. Sal eerder sien hoe word die blankes gemoor en sy eie mense honger ly. Hy sien nie wat aangaan in Suid afrika nie want is eerder oorsee om te kyk wie hy nog kan scam om in die land te bele en homself te veryk. Hy is nie n President se agterend werd nie.

JZ's boy ·

Eddie, that is just you opinion. Mr Zuma is my president, my hero, my everything. He sees everything, and hear everything, and know what is going on. He sticks to the Freedom Charter for the sake of his people. You and your white brother can complain as much as you like…..my president is here to stay…until Jesus comes.

neelsie ·

JZ’s boy,
What a joker!
Rather be prepared when Jesus arrives, if you follow your president , you are on the wrong way.

Eddie ·

JZ`s boy!!!!!!! Jy is reg dit is jou president maar kom ons kyk na die werklikeid hier dan praat ons weer. Vertel my presies wat jou president vir sy mense en Suid Afrika gedoen het tot nou toe. Kom ons begin met (he sees everything) Sien hy die duisende mense wat tot en met nou hulle werke verloor het asgevolg van besluite wat hy gemaak het? Antwoord is nee!!!! Want dan sal daar nie duisende mense wees wat op straat moet staan en bedel en steel nie. Daar is n tekort aan krag. Sien hy dit. Antwoord nee!!!! Want hy het n generator wat sy Nkandla huis soos daglig laat lyk en kry selde of nooit load shedding nie. Sien hy die moord en dood in die land? Weereens nee!!!! Want dan sal hy agterkom dat self sy lyfwagte vermoor word en nie in die droom wereld leef as wat hy doen nie.
(And hear everything) Hoor hy hoe Miljoene mense skree vir hulp? Nee want dan kon hy op sy agterpote staan en hierdie land wat alles gehad het en gewerk het weer terug kry waar dit was. Nie ons ALMAL dieper in die gemors laat sak nie. Weet jy ek kan aanhou om voorbeelde te gee maar kom ons kom tot die werklikheid en besef dat JOU president nie sy beloftes nakom wat hy gemaak het die dag toe hy in daai pos gesit is nie. So as jy soos baaaaie ander wat vir hom stem wakker word uit julle droom wereld van alles kry en vir niks hoef te betaal of te werk nie het ek n verassing vir julle. Ons sal almal kripeer van honger want daai boer wat se lewe gevat is is die een wat jou volgende maaltyd op jou tafel gesit het. Word wakker asb!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Eliza-beth ·

JZ’s boy – hierdie is ‘n Afrikaanse forum en as jy dit kon lees en verstaan kan jy dit seker ook skryf of dalk bang jou spelling laat jou n die steek? Jy probeer ons maar net uitlok tot reaksie. Seker verveeld. Laat Zuma gerus regeer tot die Wederkoms, sy boekie is alreeds vol en hoe meer onregte hy aandadig is hoe groter sy straf. Freedom Charter het niks te doene met die onreg en geweld in hierdie land nie. Ek hoop vir jou part nie jy sal jou woorde moet sluk as jy self daaronder gaan ly nie.

Duppie ·

Beter kon ek dit ook nie stel nie,miskien met meer vloekwoorde

BoereBikerBaby ·

Aangesien hy altyd so onvoorbereid is met sy toesprake, miskien moet ons iemand kry wat sy toesprake kan “dokter” sodat wanneer hy dit LEES per ongeluk se die doodstaf sal oorweeg word ens.

BoereBikerBaby ·

Miskien moet ons iemand kry wat sy toesprake kan “dokter”, aangesien hy altyd onvoorbereid sy toesprake doen, kry om te verkondig dat die doodstraf terug sal kom aangesien die plaasmoorde hand uit ruk.

Ek kan net imagine sy reaksie as hy die toespraak LEES. Dit sal hom miskien leer om bietjie meer voorbereid te wees voor hy toesprake doen. Maar aan die anderkant, miskien is hy disleksiek.

Grassie ·

Nee, Afriforum. Dit is nou nie ‘n goeie versoek nie. Die man sing “bring my masjiengeweer” en “vermoor ‘n boer” voor sy volgelinge en as hulle dit doen verwag julle hy moet die slagoffers gaan besoek. Om wat vir hulle te sê? Miskien “ag siestog ek is jammer vir julle?” Om krokodiltrane te huil? Of ………………..

Aster ·

Die ANC hou van die moorde op wittes. Hoekom sal hulle nou iets aan die probleem wil doen? In elk geval, hy worry nie oor die toenemende moorde nie, wat laat jou dink hy worry oor renosters??

Tiaan ·

Wil net weet at het die regering gedoen, nadat hulle die Kommando weggeneem het, om veiligheid op die platteland te verbeter? (en hoekom is umkhonto we sizwe toegelaat om voort te bestaan as die Kommando weggeneem is??)

Miesies ·

ek sien my kommentaar neem bietje lank, maar miskien moet ons die woord PLAASMOORDE vervang deur VOLKSMOORD….. Ek dink nogal as mens dit so stel na die buitewereld toe daar miskien meer aandag daarvoor kan wees.

Muller ·

Ek stem Miesies! Dis eintlik presies wat dit is. VOLKSMOORD!!!!

Miesies ·

Nou die volgende stap, elke dag is daar verskillende aanvalle, ek is doodseker ek Sien net n krummel van wat regtig daar gebeur. Hoe wonderlik Sal dit wees as ek net sulke posters van beeld kan in die hande kry en dit hier ophang? Onthou, hier word dit gesien soos n stukkie politiek, bv wittes het swartes onderdruk, nou is die swartes baas, kla die wittes, ens. Om van te kots, anyway, ek mag nie artikels gebruik direk uit die media nie, hoe kry ek meer INLIGTING? My leuse is nog steeds ONS VIR JOU SUID-AFRIKA,

petra van vuuren ·

wat jy nou waar kry?????????? die vent kan nie eens tel nie, hoe moet hy nou Afrikaans praat????????????
probeer iets aners want netnou sing hy dalk kill the boer kill the farmer!

Gerhard Bezuidenhout ·

Ek het mysellf belowe om nie kommentaar te plaas op Maroela nie maar vra julle asb . om op die Sowetan blad te lees wat swartes se van die versoek en let op die rassisme en dan verwyder ons eie blad ons kommentaar.

jz ·

Moet Volksmoord wees,Vat maar jou som pompie en werkuit ,daar is tussen 30 en 40000 boere , tussen 2000 en 3000 is nou al ver moor,dit is +-3 tot 5%,as ek so vinnig in my kopwerk.die % van een groep mense moet as volksmoord beskryf word,Die ANC se krimeneele verskooning dra ook nie meer water nie, Verduidelik dan hoekom altyd Swart op wit.Dink wat sou gebeur as dit anders om was,Verduidelik as jy feite praat jy altyd stil gemaak word.?

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.