‘Zuma moet stil gaan óf fisiek verwyder word’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Die Nasionale Vryheidsparty (NFP) het Dinsdag gewaarsku dat pres. Jacob Zuma stilweg moet uittree as staatshoof óf fisieke verwydering – soortgelyk aan Zimbabwe se Robert Mugabe – gaan hom in die gesig staar.

Die NFP het bygevoeg dat hy LP’s opdrag gegee het om nie toe te laat dat Zuma die parlement later vandeesweek open nie.

“Die NFP glo dat Zuma die ANC se ontplooiing- en herontplooiingstelsels moet respekteer en stilweg uittree of ander fisieke verwydering moet trotseer. Ons raai hom aan om te vermy wat in Zimbabwe gebeur het voor pres. Mugabe se bedanking,” het Sabelo Sigudu, woordvoerder vir die party, gesê.

“Zuma se termyn het ná die ANC-konferensie in Desember tot ʼn end gekom. Thabo Mbeki het nooit soveel drama veroorsaak toe hy in 2009 verloor het nie. Hy het sonder soveel druk bedank. Hoekom is Zuma so bang om te bedank?”

Zuma het intussen volgens berigte sy kabinet vir ʼn vergadering ontbied.

eNCA berig die vergadering sal vandag plaasvind. Kabinetsvergaderings vind egter gewoonlik op Woensdae plaas. Dit kom nadat die ANC se nasionale werkkomitee (NWK) Maandagaand tot laat vergader het en die party daarna ʼn verklaring uitgereik het waarin daar bevestig is die nasionale uitvoerende komitee (NUK) sal Woensdag vergader.

Daar word verwag dat daar tydens die NUK se vergadering gestem sal word of Zuma as staatshoof moet uittree. Dinge kan egter verander in die lig van die vergadering wat Zuma so pas met ministers belê het.

Zuma het Sondagaand met hoofbeamptes van die ANC vergader, maar kon nie tot ʼn vergelyk kom nie. Dié vergadering het Maandagaand se NWK-vergadering tot gevolg gehad en hulle het toe besluit om die kwessie na die NUK te eskaleer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

5 Kommentare

christa ·

Zuma wil nog vir oulaas skep wat daar te skeppe is. Sy mense sal hom seker sy Vryheid waarborg as hy uittree sonder vervolging. Hierdie land is ‘n lekker land waar net sommiges verhoor word en sommiges vry uitstap.

Oits ·

Wie is die Nasionale Vryheidsparty? Ek verstaan nie meer nie . die ANC Is aan bewind, die DA is die amptelike opposisie maar ons hoor meer van die EFF en allerhande ander klein partytjies met afkortings se uitsprake? Iets is erens verkeerd. Hy moet gly, en vinnig ook.

Alida ·

Sowat van dikvelligheid en geen skaamte het ek nog nooit gesien nie.

jaco ·

Die NVP het ‘n paar jaar gelede na ‘n skeuring in die inkatha vryheidsparty (IVP) ontstaan. Dis vreemd dat hulle nou so anti-Zuma is, want aanvanklik was hulle dik pêlle met die ANC. Selfs koalisies in plaaslike rade met die ANC gevorm net om die IVP terug te kry.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.