‘Zuma moet sy dag in die hof kry’

Zuma kondig sy bedanking aan. Foto: Skermskoot/SAUK

Ten spyte van die feit dat voormalige president Jacob Zuma self bedank het, moet hy steeds sy dag in die hof kry, soos altyd sy wens was. Só het Pieter Groenewald, leier van die VF Plus, gesê.

Groenewald meen Zuma het met sy bedanking probeer om homself voor te hou as ʼn martelaar wat slegs diens wou lewer aan Suid-Afrika en sy mense, en het selfs gespog oor hoe trou hy gehou het aan die Grondwet en dat hy die belange van die land en sy mense altyd voorop gestel het.

“Die teendeel is egter waar, aangesien die Grondwethof bevind het dat hy die Grondwet oortree het.”

Groenewald meen die Grondwet bepaal dat dit die taak van die president is om eenheid en sosiale kohesie in Suid-Afrika te bevorder, maar Zuma het uit sy pad gegaan om rassepolarisasie te skep deurdat hy telkemale wit mense beskuldig het vir die land se probleme wat hy grootliks geskep het.

“Voorbeelde hiervan is sy uitlating dat die land se probleme begin het ná Jan van Riebeeck se aankoms, uitlatings oor witmonopoliekapitaal en wit mense wat grond gesteel het. Deur sulke uitlatings het hy rassewrywing geskep en homself skuldig gemaak aan die oortreding van sy grondwetlike plig.”

Die VF Plus het gesê die ondersoek na staatskaping moet spoedig afgehandel word en Zuma se betrokkenheid daarby moet ontbloot word. “Indien besluit word om hom te vervolg, kan hy dan sy dag in die hof kry soos hy gevra het.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

16 Kommentare

Karen van Zyl ·

Hy kan nie net wegloop sonder om vir sy dade verantwoording te doen nie,

Jurie Vermeulen ·

Hy is niks beter as enige landsburger nie, inteendeel hy moes n voorbeeldstel waar hy ver tekort geskiet het en gewys het hy is inderek n krimeneel.

shark ·

Hy moet eindig in Pretoria se “SUN CITY” gevangenis vir sy misdade saam met die Guptas,hul is mos groot vriende

Jerry ·

Sy boosheid volg hom, gaan hom straf en uiteindelik vernietig. Indien hy sy dag in die hof kry sal hy sy vernedering kry. Dit moet egter deur sy eie mense gebeur en nie deur Afri-Forum nie.

chris liebenberg ·

julle sal Zumpie in Dubai moet verhoor want sy huisie by die see moet daar bewoon word
hy is al seker opad soontoe met Gupta Airways

Hans ·

Ek dink hy het hard probeer om amnestie te kry soos mugabe. Gelukkig werk dit nie so in SA nie, hoopelik.

Cherokee ·

Wanneer mense sulke liefderyke noemnaampies vir Zuma & kie het, is die vraag altyd of dit nie dalk gebeime bewonderaars is nie.

Fires ·

Dit gaan baie geld kos om hom te vervolg. Wat word van ander “issues” wat julle VF+ konsuis vir julle mense wil “uitsort”. Soos byvoorbeeld vakansie klubs wat nou al jare sloer!! Kyk na julle mense en hul probleme ook!

christa ·

sekere mense mag alles doen en word alles toe gelaat, ook om die hof vry te spring.

cassie ·

Die vervolging van die korrupte mense het in alle erns begin en ek glo dit is net die begin.Die minister van polisie Fikile Mbalula het nou sy voet neergesit en die Zuptas kan maar weet.Nee Cherokee bewonderaar was ek nog nooit nie en sal booit wees nie. Die rand is op sy beste vlak in 3 jaar en dit binne 3 dae nadat Zupta bedank het.

Cherokee ·

cassie, laat my toe om te wonder waarom sommige mense nie meer van Malema praat nie maar dit het ‘Julius’ geword net soos Zuma oor die die tyd bynaampies gekry het en Ramaphosa het nou skielik ‘Cyril’ geword. Alles dit asof van vriende in die binnekring gepraat word. Dit is asof (laat dit insink) die sprekers graag nader aan hulle wil voel want anders is dit te onpersoonlik. Ék wat Cherokee is het ‘n (sag gestel) renons in enigeen wat mense bewonder wat lede was van ‘n party waarvan Umkhonto we Siswe ‘n deel was. Pravin Ghordon (wat my toevallig een oggend geskakel het maar verward was met telefoonnnommers) was lid van die ANC terwyl die ANC hul troetelkind by name Umkhonto we Siswe geborg het en gelukkig was daarmee, en hy het homself nooit uitgespreek as teenstander van winkel en stasiebomme nie. Mààr hy word hemelhoog aangeprys deur Afrikaners!? Askies cassie, maar ek was in die bui om (net) vaagweg te laat deurskemer hoe konserwatief ek werklik is.

Hannelie ·

Zuma, Zuma, Zuma weet jy nie “what goes around, comes around”? JY en jy alleen het hierdie land en sy mense gebreek. Seker nog die mees korrupte president, wat iemand die skuld wil gee, en nou is dit die blankes. Ai ons voorvaders, Zuma ken julle nie eens nie, maar dis julle skuld hoor. Ons is nou oor hom. Hoop teen volgende week praat ons eerder oor iets anders.

Alida ·

Tyd sal leer en die vervolgings sal kom. Hou op bespiegel oor wie en wanneer.

Sarel Strydom ·

Daar word al jare gepoog om die man in die Hof te kry maar danksy Regslui en SA se geduldige stelsel het dit tot nou toe nig nie gebeur nie. Sy Reisdokumente is nie gekonfuskeer nie. Die man gaan hardloop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.