Zuma moet teen dán sê oor klag

President Jacob Zuma reageer op vrae in die parlement op 17 Mei 2016 Foto: Ntswe Mokoena

President Jacob Zuma reageer op vrae in die parlement op 17 Mei 2016 Foto: Ntswe Mokoena

Die Menseregtekommissie (MRK) het pres. Jacob Zuma in kennis gestel dat hy teen 4 Julie moet antwoord op ʼn klag van haatspraak wat die VF Plus by die MRK ingedien het.

Dit spruit uit uitlatings wat Zuma in Januarie verlede jaar oor Jan van Riebeeck gemaak het toe hy onder meer gesê het die land se probleme het begin met die aankoms van Jan van Riebeeck.

Adv. Anton Alberts, die VF Plus se parlementêre woordvoerder, het gesê Zuma het verder gesê dat talle stryde, oorloë, sterftes, die gryp van grond en die ontneming van inheemse mense se politieke en ekonomiese mag, daarop gevolg het. “In ʼn skrywe van die MRK word genoem dat ʼn soortgelyke klag saam met dié van die VF Plus gevoeg is.”

Alberts het gesê dié verwikkeling is verblydend, maar dat dit nogtans jammer is dat daar eers opgetree word nadat die VF Plus die MRK in April vanjaar ingevolge die Wet tot die Bevordering van Toegang tot Inligting (Paia) versoek het om inligting te verskaf oor die rede waarom geen vordering gemaak word met ondersoek nie.

“Die VF Plus se klag is reeds in Januarie verlede jaar ingedien, kort ná pres. Zuma se gewraakte uitsprake. In die brief wat die VF Plus in April aan die MRK geskryf het, is gevra waarom die kommissie oënskynlik onwillig is om pres. Zuma te ondersoek aangesien geen van verskeie klagtes teen die president in die laaste twee jaar afgehandel is nie.”

Die VF Plus het ingevolge die Paia-wet inligting van die MRK aangevra wat lig sal werp op die klagtes en ondersoeke teen die president. Dit was nadat die MRK nie eens wou antwoord op die VF Plus se navrae oor die ondersoek nie.

Alberts sê benewens die antwoorde wat die MRK ingevolge die Paia-wet aan die VF Plus moet verskaf, moet die MRK ook antwoord waarom hy toegelaat het dat die president ʼn duidelike sperdatum van 8 Mei verlede jaar verontagsaam het sonder dat teen hom opgetree is.

Nadat die VF Plus se klag in Januarie verlede jaar ingedien is, het die MRK aanvanklik aangedui dat dit ondersoek word en dat die president teen 8 Mei op die bewerings moes antwoord. Daarna het niks gebeur nie en die VF Plus se navrae is nie beantwoord nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

17 Kommentare

Hasie ·

Daar sal hiervan net so min kom as wat daar van so baie ander sake teen Zuma kom. Wat het geword van die geld wat hy moet terug betaal Nkandla sage? , maar daar sal seker gemaak word dat Penny Sparrow haar R150 000 betaal, anders word sy inhegtenis geneem, opgesluit en verkrag.

Wonder net...? ·

Jip, ek wonder hoeveel dinge tydens hul byeenkomste by Orlando-stadium ens, gesê word. Wens ek het baie informante gehad wat meer inligting vir ons kon gee oor hoe hulle ons haat, ens…

Witman ·

U hoef glad nie te wonder oor hulle uiterste haat vir ons nie – die president sê dit dan openlik! Kyk hoe hulle klagtes vanaf ons ignoreer of laat sloer vir jare. Kyk ook na al die anti-wit en anti-westerse wette wat in die parlement deurgevoer word. Kyk ook hoe hulle ‘n mens op die verskriklikste maniere vermoor. Maar moenie hulle vrees nie, doen net elke jou beste.

Witman ·

* doen net elke dag jou beste. Sonder ons is daar geen soustrein nie.

JC ·

Hehe, dis waar. Of deel die land in 2 (ons Art. 235 grondwetlike reg op selfbeskikking/selfverwesenliking) -ons kry die Wes-Kaap en die Noord-Kaap (insl. Orania) en hul kry die res. Raai dan hoe gaan dit oor 5 jaar met die onderskeie gebiede?

Grap ·

Zuma moet verduidelik en dan sommer sy boete vat net soos die sparrow vrou.

Die Waarheid ·

Die geagte president yl sekerlik of gebruik vreemde middels – Suid-Afrika se probleme en agteruitgang het gekom met Jacob Zuma se aanstelling .

Cherokee ·

Nee, dit het net versnel sedert sy aanstelling. Dit het begin in 1994.

John ·

Wil julle nou ‘Aladin se towermat’ uittrek onder die voete van die regime. Dis al wat hul voete warm hou en hul beursies en hul monde vul. Sonder hierdie ultra leuen val die struktuur van die sogenaamde bevrydingsgroepe uitmekaar en staan die keiser kaal voor die mensdom.

Theuns ·

Die MRK is net nog ‘n instrument van Zuma soos die OVK! Onthou ook dat die MRK optree in die algemene opvating onder swart geleerdes, liberale witmense en die bree massa swartmense dat swartmense nie rassisties kan wees nie! Ons word gepeper met leuens en propaganda en meeste van ons koerante en nuus media handhaaf ‘n doodse stilte om polities korrek te wees. Die buiteland glo die propaganda! Vryheid van spraak bestaan nie in SA nie. Skole word gebruik om ons jongspan te indroktineer . Dit is nie meer snaaks vir ‘n jongeling om na skool by die huis kom en ouers en grootouers aantespreek oor wat hulle se en oor hulle politieke orientasie nie! In Engeland word ‘n politikus gister vermoor en dit is so ongewoon dat dit ‘n groot storie is. Die moordenaar word onmiddelik gevang. In Suid Afrika is moord en doodslag so algemeen daar word nie eers meer daaroor berig nie en ook nie deur die polisie ondersoek nie. Kan iemand my asb die aanwysers na KFC gee?

Cherokee ·

Nou watter tipe strafreëls kan (of sal) aan zuma (kleinletter met opset) gedoen word na aanleiding van haatspraak? Wanneer gedink word aan Penny Sparrow en ‘n meer onlangse facebook geval en die straf wat hulle te beurt geval het en daarmee saam die MRK se onwilligheid om zuma te vervolg, dan is dit duidelik dat Suid Afrika nie besig is om ‘n Zimbabwe te word nie, maar inderwaarheid reeds daar is. Dit is frustrerend om te let op hul haat vir die witmense maar hul slaafse navolging van Westerse leefstyl en hul afhanklikheid van wit-ontwikkeling.

m ·

Ag asseblief teen die tyd weet ons almal dat hierdie mense kan se en maak net wat hulle wil en hulle kom net mooi niks oor nie. Hulle sit net heeldag met gespitste ore om te hoor of n witte nie iewers iets verkeerd se nie en dan issue daaroor kan maak nie. Dis al waarom hierdie mense se lewens draai……………..

Joann ·

Wat ek wil se sal my in tronk laat beland want ek is wit. Maar gee hul net hoendervleis en dop en hul is reg. Zuma sal niks oorkom nie,want almal stem vir hom met sy mooi beloftes,maar oppas zumie jou draad gaan geknip word jy met jou st.3 gaan nie dit maak nie.

Boerseun ·

Dit is tog maklik verstaanbaar. Die probleme het begin toe Jan v Riebeeck in die Kaap geland het. Dit is die probleme tussen wit en swart. Dit is tog die waarheid mense!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.