‘Zuma moet teen Sondag waai of…’

Pres. Jacob Zuma. Foto: Elmond Jiyane

Die DA het gesê hy sal versoek dat die mosie van wantroue in pres. Jacob Zuma vervroeg word indien die ANC nie daarin slaag om hom teen Sondag te verwyder nie.

“Dit kan nie onbepaald aangaan nie. Ek dink dit is ʼn redelike tyd om teen Sondag hul eie interne kwessies uit te gesorteer het,” het John Steenhuisen, hoofsweep van die DA, gesê.

Hy het gesê Cyril Ramaphosa, president van die ANC, loop die risiko om swak te lyk indien die onderhandelinge onbepaald aangaan. “Elke uur wat verbygaan wys dat Zuma steeds in die bestuurdersitplek is.”

Steenhuisen het gesê die onsekerheid is sleg vir die land en ontwrigtend vir die sake van die parlement. “Indien die ANC nie die kwessie teen Sondag kan oplos nie, moet ons die EFF se mosie vervroeg en hom uitstem.”

Hy het aangevoer die kwessie moet opgelos word sodat Ramaphosa verkies kan word en die staatsrede kan lewer voor die begrotingsrede op 21 Februarie.

Daar is intussen bekend gemaak dat die Ubuntu-toekenningsgeleentheid wat Zuma Saterdag in Kaapstad sou aanbied, uitgestel is.

Ramaphosa is intussen ook nie meer deel van die voorafprogram van die ANC se topleierskap in aanloop tot die bekendstelling van die party se jaarlange vieringe om hulde aan oudpres. Nelson Mandela se bring nie. Die ANC het in ʼn verklaring gesê Ramaphosa is weens “ander verpligtinge” nie meer deel van die program nie.

Ramaphosa het aangekondig hy en Zuma het Dinsdagaand begin met gesprekke oor die oorgang en kwessies rakende sy posisie as president van die land.

Dit het daartoe gelei dat Woensdag se vergadering van die ANC se nasionale uitvoerende komitee, waar daar oor Zuma se lot besluit sou word, uitgestel is.

Ramaphosa het gesê daar sal verder gekommunikeer word oor Zuma se posisie as president sodra tersaaklike aangeleenthede afgehandel is. Hy het gesê hoewel die huidige toedrag van sake die uitstel van die staatsrede, wat Donderdagaand sou plaasvind, genoodsaak het, gaan die regering en die parlement se bedrywighede voort.

 

 

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

DAVID ·

Zuma is nog in beheer die tyd het klaar uitgeloop vir Ramaphosa dit is net n aanduiding vir die wereld dat niks verander het nie en dit sal ook nie verander nie ,hierdie is die begin van einde vir ANC.Zuma speel vir tyd hy is baie goed daarmee en intussen beinvloed dit ons ekonomie.

jaco ·

Ramaphoza se radikale ekonomiese transformasie en radikale grondhervorming gaan natuurlik nie ons ekonomie beïnvloed nie.

Anti- ·

Die vergaadering tussen C en Z vat so lank dit lyk of hulle besig is om die grondwet te herskryf om Z se alie te red.

Alida ·

Mooi so DA dit kan nie onbepaald voortgaan nie. Jacob Zuma manupileer die hele land om vervolging vry te spring. Raak ontslae van hom en kry klaar sodat ons normaal kan funsioneer. Die onbevoegde ministers moet ook ALMAL waai.

Nettie ·

Met net Gr 5 is hy slimmer as almal met hul grade !! Hy sit waar hy sit en niemand sal hom
move nie ……………….

Adam ·

Mugabe het ook eens op ‘n tyd so gedink. Zuma se eindfluitjie sal binnekort blaas.

Nico K ·

Dit is die een plek waar die demokrasie vir my faal. Die president (eerste minister, ens.) het te veel mag. Selfs in die VSA en Europese lande. Die land is veronderstel om regeer te word deur ‘n vergadering. Soos die koukus van ‘n party. En die President is bloot die uitvoerder van die beleid. Maar soos dit gaan in die lewe is daar min mense wat teen die leier opstaan. Want die leier stel die topposte aan. Selfs in PW Botha se tyd sou niemand teen hom gegaan het nie. Ek is vertel dat John Vorster baie meer die voorsitter-van-die-vergadering leier was. En dit is soos dit behoort te werk.

Piet Pompies ·

Dit is ‘n feit dat Zuma binnekort sy titel gaan opgee, in die berig wil dit voorkom of verskeie instansies en persone die “claim to fame” wil opeis dat hy of hulle verantwoordelik is vir Zuma se bedanking. Regte politieke spel.

Anne-Marie ·

Die man het al soveel wantroue-mosies oorleef….”met ‘n smile op sy dile”…..hy sal ook die een oorleef…..want meer as die helfte van die parlement is sy gatgabbas, hy sorg vir hulle, en hulle sal sorg dat hy bly sorg….!!!!

andrea van vuren ·

Gaan lees asseblief ‘The President’s Keepers’ deur Jacques Pauw. Julle gaan al jul antwoorde daarin vind.

Hettie ·

Zuma moet gaan of wat?
Of ons gaan maar net so aan….
Julle is almal te bang !

PJC ·

Duidelik is JZ van plan om die hele skippie saam met hom te sink. By hom is net “I, me and myself”. Hy voel vere vir die ANC en die land.

Genieve ·

CR bewys die land klaar hoe papbroekig hy is en die ANC lei hom aan sy neus rond.

Dorothea ·

Ek wonder hoekom Sweer hulle elke keer ‘n Nuwe President in met die hand op die Bybel? So help my God.
Dis meer ‘n Bespotting met ons Hemelse Vader.

Jacques Venter ·

Genieve
Gee Cyril n kans. Hy moet mag verkry deur n magdom ANC’s oor te wen.
Sonder mag kan hy niks doen nie. Onthou Zuma het steeds die gesag as amptelike staats president

Pensieonaris ·

Ons gaan maar net aan en aan om alles uit te stel en onse prez smile steeds. …. wens ek kon ook my goed pak…

Realis ·

Die wat dit stel dat CR sloer of te bang is het duidelik geen idee van politieke struktuur nie. Zuma kan nie net bloot uitgedwing word nie. Daar is ‘n enorme proses om ‘n president uit te lig, dokumentasie, regselemente ens. Indien stappe nie gevolg word kan hy regtelik in sy pos bly. Laat Cyril deur die stappe gaan en Z ordentlik uitlig.

Genieve ·

Jacques dankie ek hoop CR bewys ons land regtig verkeerd want die gesloer speel lank op die plaat. en dit bly hakel.

SMILEY ·

OF NIKS nie, niks gaan gebeur as hy Sondag nie waai nie, dit het ‘n hele WEERMAG gekos om Mugabe wat nie eers meer properly kon loop nie uit sy sitplek te skuif, en toe het hy nog VOORWAARDES ook gestel. NEEWAT die Afrikane se exit gaan maar stadig . niemand kry hulle daaruit met dreigemente nie .. EK LAG vir die ANC en vir die parlement en vir almal wat probeer om hierdie ou te skuif . hy sit soos ‘n NEET! Glo my dit gaan niks beters onder Ramaphosa gaan nie want hy weet om aan bewind te bly en om gewild te wees gaan hy GEWILDE besluite moet maak soos om blankes heeltemal te marginaliseer dmv drastiese ekonomiese transformasie, grondonteiening ens. Die wittes gaan nie meer bestaansreg in SA he nie, so koop steeds jou Huilgenoot, koop steeds by Woollies, eet by die Spur en luister na Jakaranda, die reenboognasie kom nog!

adriana ·

Ek hoop nie Ramaposa het die bus gemis nie….
Zuma moes as gewaai het maar helaas……
Aan die anderkant – hulle is maar almal dieselfde.

Alida ·

Hy het nie ge “look and learn” met Mugabe nie. Jou beurt is jou beurt pappa.

Linda ·

Die land sal nooit weer normaal Funksioneer, solank as wat die ANC in bewind is nie. Ag asb mense, wil julle tog nie maar vir oudpres. Nelson Mandela met rus laat nie die man is mos nou al lankal nie meer met ons nie. Dit wil vir my voorkom of party mense nogsteeds ‘n afgod van hom maak.

Cathy ·

Nerens sien ek enigiets positief nie. Mr Cyril Ramaphosa is a ervare “negotiator” en dis nou wat hy doen. Ek voel ons moet positief begin spreek. In ons land en ons lewens.

C ·

Zuma moet teen Sondag waai of ……. of hy kan maar Maandag aanbly omdat hy nie Sondag wou waai nie, en hy gaan Maandag ook nie waai nie. Gaan hy ooit waai. Ou zumpie is taaier as ‘n ratel en klou soos snot aan ‘n wolkombers.

Penellope Jones ·

.
Zuma het sy kaarte mooi gespeel – hy sal nie beweeg nie en vroulief beweer “it’s going to get rough”. .

Ja ne ·

Ek is baie bekommerd. jz is laf genoeg en doen n staatsgreep. Ek hou verwikkelinge baie bekommerd dop. Iets omtrent die hele spul stink ten hemele. Mag ek verkeerd wees.

Darius Els ·

Al hierdie dinge plus n sogenaamde “beste” grondwet ter wereld en n ongeskoolde man regeer steeds die land, Baie dankie Pink FRIKKIE de Klerk. AL JOU CHECKS EN BALANCES werk.As maar net die wysviger van elkeen wat NP gestsm het,afval ,sal julle sien wie ALMAL hirvoor verantwoordelik is.Kyk ook in “eie” geledre hoe werk dit.Man wat biljoene gekorrupteer het loop buite rond,nie toegesluit nie.Nepotisme onder WITTES vier hooggety.Gaan ondersoek gerus die organsasies wat mense by aansluit en sien hoe familie dit beheer.Die land is klaar,en wittes het ok skuld.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.