Zuma moet terug tronk toe, sê hof

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: Emmanuel Croset/AFP)

Oudpres. Jacob Zuma, wat in September vanjaar op mediese parool vrygelaat is, moet terug tronk toe.

Regter Elias Matojane het Woensdag in die Pretoriase hooggeregshof beslis dat Zuma se vrylating op mediese parool onreëlmatig was.

AfriForum en ander partye se dringende aansoek is teen die departement van korrektiewe dienste (DKD), die voormalige nasionale kommissaris van die DKD, Arthur Fraser, asook die oudpresident gebring.

“Die besluit van die eerste respondent (Fraser), geneem op 5 September 2021, om die derde respondent (Zuma) op mediese parool te plaas, is hersien, word onreëlmatig verklaar en ter syde gestel,” lui die uitspraak.

Die besluit om Zuma op mediese parool vry te laat word vervang met ʼn besluit om Zuma se aansoek daarvoor te verwerp.

Die hof het voorts beveel dat Zuma moet teruggaan tronk toe om die res van sy tronkstraf uit te dien. Die tydperk wat hy op mediese parool vrygelaat was, mag boonop nie deel vorm van die 15 maande tronkstraf wat die Konstitusionele Hof hom vroeër vir minagting opgelê het nie.

Hy het Zuma en Fraser ook beveel om die koste van die aansoek te betaal.

Ernst Roets, hoof van beleid en aksie by AfriForum, het die uitspraak as ʼn “deurbraak vir geregtigheid” bestempel.

Roets sê Suid-Afrikaners sien al hoe meer hoe die regstelsel senior politici en diegene met politieke bande met handskoene hanteer.

“Toe Zuma tronk toe gegaan het, kon ʼn mens amper voorspel dat hy op mediese parool vrygelaat gaan word.”

“Dit gaan nie daaroor of hy siek is of nie. Dit gaan daaroor of hy aan die vereistes van mediese parool voldoen,” sê Roets.

In dié geval het die hof beslis hy voldoen nie aan die vereistes nie.

“Die publiek is al ’n tyd lank bekommerd dat daar dubbele standaarde in die Suid-Afrikaanse regstelsel is en dat senior politici of mense met politieke verbintenisse nie dieselfde hanteer word as wat gewone landsburgers of die res van die publiek hanteer word nie.

“Dit is juis waarom AfriForum as ’n applikant by hierdie saak betrokke geraak het en dit is ook waarom ons hierdie uitspraak as ’n deurbraak vir geregtigheid beskou,” sê Roets.

Die DKD het in ʼn kort verklaring gesê hy bestudeer die uitspraak en sal mettertyd ʼn aankondiging daaroor doen.

John Steenhuisen, DA-leier, het die uitspraak op Twitter bestempel as ʼn “groot oorwinning vir die oppergesag van die reg en gelykheid voor die reg”.

“Daar is een stel wetgewing vir almal,” sê Steenhuisen.

Carl Niehaus, ʼn noue meeloper van Zuma, het die uitspraak ʼn “ongeregtigheid” genoem en gesê Zuma is in die eerste plek onwettig sonder ʼn verhoor opgesluit.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

56 Kommentare

Jack ·

Nee wat ek glo hy sal hom uit die situasie bewimpel soos hy al gereeld gemaak het.

Papsak ·

Dit is reg hy hoort daar hoekom kan hy vry loop en ander moet hulle straf uit dien

Elinette ·

Uhm …………. Die DKD sal die uitspraak bestudeer en “mettertyd” ‘n aankondiging daaroor doen?????? Uhm … (weer eens) … was dit ek of jy – gewone Jan Rap en sy maat – het die tronkdeure al LANKAL agter ons toegeslaan.

Dirk Mostert ·

Hulle twee het die plundery aangestig en behoort daarvoor aangekla te word.

Manda ·

Die Karoolsie wat so na die tyd kom bler en sanik, het seker die brief gemis waar Zuma gekies het om nie deel te wees van sy eie hofverrigtinge nie…

Di ·

Hy kry wat hom toekom, kriminele hoort in die tronk en hy is een GROOT krimineel. Jou sondes haal jou in Zumpie, sit gaan jy sit!

Jacques ·

Hier kom nog ‘n Zuma shuffle, hy is soos ‘n see-slang, jy kan hom nie vasvat nie. Glibberige vent.

Spyker ·

Ek wag in gespanne afwagting vir die volgende “Trick”. Wat gaan dit wees, gaan dit weer met n oproer, brandstigting en plunderry begin?

Jaco ·

En as dit die geval is gaan die prez se deputy moet wal gooi en pa staan terwyl Rama op covid verlof is… Verkleurmannetjie op ‘n smartieboks scenario….

Pieter9 ·

Goeie nuus; gedink hulle is verhewe bo die wet… Hulle sal die volgende 50 Jr nog sukkel om die Reg korrek te interpreteer en toe te pas.

Jaco ·

MM ek myself kon nie ‘n beter foto vir die berig kies nie. LMGA…

Jannie van Niekerk ·

Hiep hiep Hoera vir regter Matojane. Well done.

Pieter ·

Wat n tikkie goeie nuus so voor Kersfees. Wanneer moet hy aanmeld ?
Mense moet die keer net bietjie beter voorsorg tref en genoeg kos en so aan bymekaar maak,want die looting sal dan seker weer begin.

fransdutoit3 ·

Daar brand die land weer.. Dit is nou nadat zumpie gaan aansoek doen om te appelleer en dan by die appèlhof gaan aansoek doen om die hof direk te nader en dan daarna by die konstitusionele hof appèl aan teken.. Ons ken al die roete wat gevolg gaan word..
Tydperk.. 2 jaar..

Johannes ·

Met sy slinksheid gaan hy nie eers die binnekant van sy slaapkamermure sien nie nevermaaind die tronk s’n

Kerneels ·

Jip, ek het kliphard gelag toe ek die berig sien. Amper ‘n spier verrek van pure blydskap.

Di ·

Hulle kan nie die land plunder met elkeen wat tronk toe moet gaan nie! DIE gemors kan net voor die ANC se deur gele word want hulle het dit toegelaat! Hy moes in die 1st plek nie parool gekry het nie.

Misky ·

Voor kersfees moet hy in oranje aanmeld asb. Ons, as betalende belastingbetalers, eis dit!!!

Sandra ·

Ek vat nie die man se part nie, maar dan moet Shabir Shaik ook terug tronk toe. Daar was al bewys dat hy absoluut nie mediese vrylating verdien nie.

SjN ·

Stem saam, terminaal siekte beteken die lewensduur van n persoon is minder as 12 maande. n potjie golf verrig wondere.

Michael ·

Stem saam, maar dan is hy ook verkeerdelik deur die KH gevonnis oor ‘n saak wat niks met die konstitusie te doen het nie-hulle het buite hul mandaat opgetree-gaan kyk gerus op die “doj&cd” se webblad na die funksie en magte van die KH. Baie kan dalk bly wees dat KH Zuma wederregtelik gevonnis het, maar dit het ‘n baie gevaarlike presedent geskep. Ons gaan nog spyt wees dat die regstelsel dit nie gestop en omgekeer het nie

Michael ·

Zuma is onregmatig deur die KH gevonnis-hulle het geen magte om mense te vonnis nie.

Francois Le Cochon ·

Prisana namba one, dressed in orange, please report!!

ES ·

Carl het ook sommer nou weer sy 5c om te lewer maar hy vergeet dat sy eie ANC pelle hom nie te lank terug laat arresteer het.

Nee wat our Carl, jy het nerens meer vriende nie, verdwyn maar net so stilletjies en probeer jou oudag geniet buite die kollig. Niemand vat jou in elk geval meer ernstig op nie.

Swerwer ·

Lekker lag ek nou, ………………..seepglad soos ‘n paling, sal weer “tricks” kry en aanhangers verder verwoesting saai

JohanR ·

Wat ‘n lekker dag het hierdie Woensdag skielik geword. Sit Arthur Fraser saam met hom in die tronk!

Kerneels ·

Ja, daar kan dalk weer moeilikheid opvlam. Maar ons kan waaragtig ook nie toelaat dat Zuma die land so intimideer nie!!

Johann ·

Sy straf is absoluut ontoereikend in vergelyking met die armoede wat hy aan die spits van gestaan het asook sy minagting, dieselfde minagting se gevolg het ons reeds gesien. Die owerhede moet uiters kras optree sodat sy “volgelinge” nie weer ongekende skade veroorsaak nie – ‘n paar maande terug se gebeure is genoeg bewys van hoe diesulkes die situasie uitbuit vir heel ‘n heel ander doel.

gedoriewaar ·

Die vinger waarmee Zuma na die Hemel wys op n ander nuusmedia foto is vir my n antwoord nie net vir Zuma , maar vir elkeen van ons .

Erik ·

Kom ek raai… Hy gaan appeleer? En dan appelleer hy sy appél? En dan, appelleer hy weer. Daarna gaan hy weer appelleer, en dan, glo dit of nie, gaan hy nog ‘n keer appelleer. Dan, na jare se appel, gaan hy weer appelleer omdat hy nie ‘n hofsaak gegun is nie. Teen daai tyd is hy al diep in sy tagtigs, werklik sieklik en kan hy op mediese parool vrygelaat word.

Kom ons hoop ek is verkeerd!

Strandloper ·

Mal ematjie en company begin seker al klaar vuurhoutjies aan koop…

Hendrik ·

En wat word van Mnr Frazer? Hy het gelieg en bedrieg en moet ook pa staan vir sy besluite. Hoop die weermag skiet die keer as daar weer ‘n oproer is.

Samuel ·

En nou sal JZ weer appelleer. Die slagoffer-kaart speel. Die Prez en Cele sal hom beskerm.

Debbie ·

Gaan hy terug tronk toe dan begin die looting weer, dan lei ons mense daaronder

Dirk Mostert ·

Wat van optrede teen die korrupte amptenare wat aandadig was aan Zuma se mediese parool? Soos skorsing uit hul beroeps-liggame.

gedoriewaar ·

Al waarvan Zuma en sy trawnte ons nie ontneem het nie , is die vermoë om lekker te kan lag nie !!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.