‘Zuma moet teruggaan tronk toe’ – AfriForum

Oudpres. Jacob Zuma (Junie 2020) (Foto: Kim Ludbrook/AFP)

Mediese verslae wys wél dat oudpres. Jacob Zuma terminaal siek en onkapabel is. Die besluit om Zuma op mediese parool te plaas, was dus wettig. Só het ʼn regsverteenwoordiger Dinsdag namens die kommissaris van korrektiewe dienste in die hof aangevoer.

AfriForum het tydens ʼn virtuele hofsitting oor die besluit om parool aan Zuma toe te staan, gesê dit is belangrik dat die hof verklaar of die besluit wat deur Arthur Fraser, voormalige kommissaris van korrektiewe dienste, geneem is, wel wettig is al dan nie.

FJ Labuschagne, AfriForum se regsverteenwoordiger in die saak, het aangevoer dat Fraser se besluit inderdaad onwettig was en tersyde gestel moet word, waarna Zuma weer aan die departement van korrektiewe dienste oorgegee moet word om die res van sy 15 maande vonnis uit te dien.

AfriForum het voorts gesê die organisasie is bekommerd dat die nuwe waarnemende kommissaris van korrektiewe dienste, Makgothi Thobakgale, klaarblyklik Fraser se beweerde onwettige besluit om mediese parool toe te staan, ondersteun.

Labuschagne verwys onder meer na Thobakgale se verklaring dat hy met Fraser se besluit saamstem en verantwoordelikheid vir dié besluit neem.

Adv. Sy Mphahlele, regsverteenwoordiger vir die kommissaris van korrektiewe dienste, het egter op sy beurt bewerings dat dié besluit onwettig is, ontken.

Hy voer onder meer aan dat die mediese paroolraad toepaslike mediese verslae – onder andere deur Zuma se militêre dokters – geïgnoreer het en dat dié wel voldoende bewys dat Zuma aan ʼn terminale siekte of chroniese toestand ly. Hy het egter nie uitgebrei oor wat dié siektetoestande is nie.

Volgens hom bewys dié verslae ook dat Zuma inderdaad fisiek onkapabel is.

Oor die applikante se versoek dat Zuma moet teruggaan tronk toe en dat sy vrylating op mediese parool nié as deel van sy 15 maande vonnis ingereken moet word nie, het Mphahlele gesê dit sal “grof onregverdig wees” indien die hof wel Fraser se besluit tersyde stel.

 

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

14 Kommentare

My siening ·

Wat onregverdig is, is dat Frasher en Zuma dink hulle is bo die wet!

Cy ·

Die regsverteenwoordiger vir die Kommissaris sal sulke uitlatings maak want word deur die Departement betaal en kry sy inligting van die amptenary wat die gewese Kommissaris van inligting voorsien het .Ongelukkig is almal deesdae onskuldig en almal word onskuldig bewys want die stelsel maak voorsiening daarvoor .

Mariana ·

Maar natuurlik is hy siek, dodelik siek. Die dat hy mense aanpor om amok te maak. Feit bly staan dat die publiek steeds nie mag weet wat hy makeer nie. Terminaal of chronies nie dieselfde siekte nie en nou kom hy weereens weg met bedrog. Glo nie enkele woord wat daai regsverteenwoordiger uiter nie, nog minder die korrektiewe dienste, hulle is almal in Zuma se sak.

Jr ·

Die cANCer partyhet hulle agter ente orals gesien maar hulle ploeter nog steeds aan op die pad van ellende. Hoe blind kan hulle wees

jzjz05 ·

Terminaal siek,niks nuus nie nog voor sy dokter dit kon vasstel het die helle land al geweet as hy skuldig bevind word hy Terminaal siek gaan word ,Ek hoop hy hat golfstokke .

jzjz05 ·

Janusz Walus was terminaal siek en ons weet daar was geen parool vir hom nie,net toe hulle sien as hulle hom nie nou op parool sit nie sal hulle hom moet begrawe toe het hulle toe gegee.

Cy ·

Dit was Clive Derby-Lewis,Walus sit nog in die tronk want Hani se familie het n groot sê in die storie !!

Groen Ghoen ·

Die arme mnre. Zuma en Shaik. Ly aan die terminale siekte, “Die Lewe.” Hulle is 100% verseker om te sterf. Net soos ons almal. Die gevangenes is almal wat nie wil sien dat S.A. onherroepelik verander het nie. Mnr. Zuma, die is vry en lewe gelukkig en tevrede. Adres Nkandla, geskenk deur die belastingbetaler. Teen R258m ‘n ware winskoop.

Hansie slim ·

Hy fisiek onkapabel… asseblief. Nie wanneer hy sy flikkers vir die nuwe vrou gooi nie!!!

madels ·

Zumatjie mag dalk op hierdie aarde geregtigheid vryspring maar indien hy nie sy saak met die Here regmaak nie, wag daar n veel erger oordeel vir hom. Ek bid dat hy tot sy sinne kom.

Nico ·

Wat is JZ beter as Janus Wallus wat nog steed is die tronk is omdat die mense luiter na die Ghris Hani familie, Hy sal seker in die tronk wees tot en met sy dood, waarom kan AfriForum ook vir hom en sy familie baklei sodat hy sy laaste paar dae saam met sy familie kan wees, AfriForum en Solidariteit hoekom baklei julle nie vir hom ook nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.