“Zuma moet tronk toe” – Malema

EFF-ondersteuners luister na Julius Malema in Mahikeng, Noordwes op 29 Maart 2014 Foto: @EconFreedomZA, Twitter

EFF-ondersteuners luister na Julius Malema in Mahikeng, Noordwes op 29 Maart 2014 Foto: @EconFreedomZA, Twitter

Julius Malema, leier van die Ekonomiese Vryheidsvegters (EFF), het Saterdag gesê pres. Jacob Zuma moet in hegtenis geneem word omdat hy staatsgeld gesteel het.

“Zuma moet vrot in die tronk,” het Malema aan EFF-ondersteuners gesê tydens die bekendstelling van die party se verkiesingsmanifes in Mahikeng, Noordwes. “Zuma behoort nie aan ons nie. Hy gaan binnekort in hegtenis geneem word.”

Malema het aan die skare gesê Zuma het R1 miljoen gebruik om ʼn hoenderhok te bou en meer as R2 miljoen om ʼn swembad te bou. “Ons mense swem in armoede. Zuma en sy familie swem in luukse. Ek weet nie of hulle kan swem nie,” het hy gesê.

Hy sê hy dink nie Thuli Madonsela, die Openbare Beskermer, se aanbeveling dat Zuma die geld, wat nie vir veiligheidsopgraderings aangewend is nie, moet terugbetaal, is korrek nie. “Dit is nie reg nie. Zuma moet tronk toe gaan. Hy het van die armes gesteel.”

Malema het ontken dat hyself korrup is. “Ek is in hegtenis geneem omdat ek staatsgeld gesteel het. Hoe kan ek geld steel as ek nooit eers vir die regering gewerk het nie? Ek is in hegtenis geneem omdat ek die waarheid gepraat het.”

Malema het aan sy ondersteuners gesê hy het in Pretoria ʼn kriminele klag teen Zuma gelê.

Hy het sy volgelinge gemaan om opvoeding ernstig op te neem. “Julle moet julle opleiding voltooi.” Hy sê die EFF sal gratis gehalte opleiding verskaf van vroeë kinderontwikkeling af en moedig studente aan hom ten minste ʼn eerste graad te hê.

Die EFF hoop om die Noordwes-setel tydens vanjaar se verkiesing te wen. -SAPA

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

2 Kommentare

Ria Maritz ·

Malema behoort SAAM met Zuma toegesluit te word, indien nie in een sel nie, hulle verdien mekaar.

Nou-ja, komend van ‘n man wat eens vir Zuma sou sterf … dankie vir die vermaak Malema. Jy en Zuma is beide narre.

Hannes ·

Sy sotlikhede laat my al meer aan Idi Amin dink. Hy moet nog net Coke proppies aan sy pet vassit en mense begin eet.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.