‘Zuma moet waai’

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma bly die grootste hindernis vir Suid-Afrika se sukses en moet onmiddellik bedank of herroep word, het Mmusi Maimane, leier van die DA, Sondag gesê.

“Ons land se Grondwet, vir wie so baie mense geveg en gesterf het, word weer aangeval deur Zuma en sy trawante. Suid-Afrika is vandag op ʼn gevaarlike plek en dis nie net oor die president se onlangse pogings om staatsinstellings te ondermyn en manipuleer nie. Ons is hier vandag weens die ANC se jarelange daadwerklike pogings om Zuma en die regerende party bo die grondwet te verhef.”

Volgens Maimane is die gevolge daarvan nou duidelik te sien. “Sleutelstaatsinstellings is gekaap en word as ʼn oorlogveld gebruik deur strydende faksies binne die ANC. Adj.pres. Cyril Ramaphosa is korrek met sy stelling dat die regering oorlog voer met homself. Diegene wat nie by die Zuma-faksie ingesluit wil word nie, word nou deur die mag van staatsinstellings, wat lojaal is aan pres. Zuma, gekonfronteer.”

Maimane het gesê die Zuma-regering is nie bekommerd oor die miljoene werkloses, die gaping tussen ryk en arm wat net groter word of hoër onderwys-instellings wat letterlik aan die brand is nie. “Die Zuma-regering wis miljoene Suid-Afrikaners se hoop vir die land uit en ruïneer hul vooruitsigte om ʼn lewe na te streef wat vir hulle van waarde is.”

Volgens Maimane kan Suid-Afrika slegs met die regte leierskap sy weg uit die huidige krisis vind. “Zuma het nog nooit die nodige leierskap getoon nie. Zuma moet bedank vir Suid-Afrika om vorentoe te beweeg. Ons doen ʼn beroep op diegene wat lief is vir die land en die Grondwet, om saam te staan en te eis dat Zuma bedank of deur sy party herroep word.

“Dit is tyd dat daardie ANC LP’s en ministers, wat slegs hul verontwaardiging in Sondagkoerante te kenne gee, om hul stemme te laat hoor daar waar dit die meeste saak maak. Sluit by ons aan en eis dat Jacob Zuma moet waai.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

34 Kommentare

Loeis ·

Hierdie is bietjie ironies. Musi se voorgangers het baie hard geveg om die ANC aan bewind te bring. Zuma is ‘n simptoom van die ANC.

Maar, helaas, het die mense onlangs vir Musi se party gestem. So, wat is die werklike probleem? Nie Zuma nie. Mense wie oningelig is en glad nie vir hulleself dink nie. En dit is feite.

Skerp ·

Hoe gouer hy ‘waai’ hoe beter vir almal want hierdie land is al lankal ten gronde deur zuma en sy trawante. Hoe lank gaan dit vat om weer hierdie geliefde land van ons op die been te bring? Tot n ander party kom en dit weer af breek? Ons kan klaar kom sonder al die Zumas in ons land ons het voorheen klaar gekom sonder Zumas ons kan weer. Ons Suid -Afrikaanse burgers van hierdie land het murg in ons pyppe. Hoe gouer Zuma waai hoe beter!kom ons staan saam om al hierdie korrupte Zumas uit ons geliefde land te verwyder sodat ons kinders en nasate n beter toekoms kan hê.

Loeis ·

Die land is nie ten gronde agv Zuma nie. Die lande is ten gronde agv die ANC.

Lance ·

Ag ons almal weet dit al vir 8 jaar ….SA is verkrag deur die man !

hoor hoor ·

Dit sal die Beste vír die Demokratiese Suid-Afrika wees. Want ons ís op ‘n afdraande pad…

Dok ·

Thuli ‘ Madonsela vir president enige tyd. Sy sal ons regruk

Johann ·

Toe ek jare gelede pas na Zuma president geword het in briewe aan die Afrikaanse madia geskryf het, dat hy onbevoeg is en moet waai, is ek verguis, ook na ek gesê het dat die sokker wereldbeker sal nie ‘n snars vir samehoringheid in die land beteken nie, dit sou net ‘n tydelike opkikkergevoel van lekkerkry vir die ANC wees, is my skrywes aangepas om dit tog o so sag op die oor te laat val, want niemand wou dit hoor wat ek gesê het nie. Die media wou net nasiebou! Blykbaar was dit of nie die regte tyd nie, of ek is nie as ‘n patriot gesien nie. Nou klap almal hande as iemand sê Zuma moet waai.

Charmaine ·

Beslis is ons land in gemors zuma moet waai en sy hele kabinet tuli vir president

Johann Marx ·

Zuma kan nie nou waai nie…..Mense se geheues is hopeloos te kort. As Zuma nou waai…dan lyk die ANC weer honkie dorie by die volgende verkiesing…en almal stem weer vir hulle…en die hele proses begin van voor af. Zumpies moet bly tot in 2019…..sodat die land homself vir eens en vir altyd “reinig” van ‘n “struggle organization” en vir ons ‘n “performance organization” gee om die leisels te vat.

Rick ·

Ek stem saam, laat hom bly en meer mense se oë hopenlik oop gaan sodat die ANC onder die 50% nasionaal kan val en ‘n sterker opposisie gebou kan word. Wie weet dalk sal Zuma en sy makkers dalk nog ‘n groter ontnugtering kry as hulle nie ‘n volstrekte meerderheid in die parlement het nie. Binne-gevegte in die ANC vir ‘n nuwe leier sal groter skade nou bring.

Anoniem ·

Hy gaan jou en my geld gebruik om terug te betaal….So oppas vir daardie opmerking James!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!!

Sus ·

Sover my kennis strek het die DA ongeveer 25% steun terwyl die ANC nogsteeds 60 % + steun het. Hoe op dees aarde kan mense skree: Mmusi vir president?? Wonder maar net………

Veritas ·

Snoefie jy is doodreg. Mmusi Maimane is nie die tipe leier wat Suid-Afrika nou nodig het nie. Hy is wel charismaties en die kieserskorps vind aanklank by hom weens dit wat hy sê, maar ek glo nie hy is die geen-nonsens leier wat hierdie gemors kan omskep in ‘n land waar almal by baat sal vind nie. Wat ons nodig het is iemand wat nie net foute uitwys en daarop teer nie, maar iemand wat ‘n werkbare alternatief daar kan stel. Ongelukkig skiet die DA hier vêr tekort.

Charlotte ·

Mooi gese Mmusi….. Iemand soos Steve Hofmeyr as president het ons kinders nog n toekoms

Rick ·

Ek stem saam, laat hom bly en meer mense se oë hopenlik oop gaan sodat die ANC onder die 50% nasionaal kan val en ‘n sterker opposisie gebou kan word. Wie weet dalk sal Zuma en sy makkers dalk nog ‘n groter ontnugtering kry as hulle nie ‘n volstrekte meerderheid in die parlement het nie. Binne-gevegte in die ANC vir ‘n nuwe leier sal groter skade nou bring.

Sue ·

1 van 3 vir president nl: Mmusi, Thuli of Steve….. Zuma moet uitgehaal word hy kry baie tips by ou Bob (Robert Mogabe)

m ·

Zuma sal nooit gaan nie. Hy het n baie dik vel en steur hom nie veel aan wat die mindere van hom dink nie. Dis tragies wat met ons land gebeur maar daar is ook nie veel wat ons daaraan kan doen nie…… Die groot bekommernis is wie by hom gaan oorneem eendag……… net meer rassisme en bedrog en CHOAS wat voorle……………….

Jan maak n Plan ·

Zuma moet nie loop nie – hy moet summier toegesluit word.

Piet ·

Hahaha, glo julle nou sowaar dat die ANC kiessers se oe sal oop gaan? Ou Johann die slegte nuus is dat ons nog steeds gesensor word as ons die waarheid praat. Ek is jammer om te se dat die ou wat konserwatief is is mos “verkramp” en wie deduiwel wil “verkramp” wees? Hy is soos jou boetie wat in die tronk is, ons praat eerder nie van hom nie.

magda ·

wel dit sal gaaf wees as Zuma kan gaan.
dit sal virdie meeste van ons n verligting wees op alle gebiede.

foxi ·

Ai tog……ons land se kabinetslede is so swaar……dat ek eintlik sukkel om gewig te verloor!

christa ·

Zuma moet waai dan sluit julle hom toe kan nie verstaan nie hy is president van die land maar het net n St. 2

herman ·

Solank daar wetteloosheid gehandhaaf word sal niks in die land verander nie. Al wat die land sal laat verander, is doodstraf wat moet terugkom, hande wat steel moet afgekap word. Deur vir zumpie te fire sal niks verander nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.