Zuma-mosie vanmiddag aangehoor

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Pres. Jacob Zuma. Foto: DoC

Die Nasionale Vergadering sal Dinsdagmiddag ʼn mosie deur die DA aanhoor om pres. Jacob Zuma in ʼn staat van beskuldiging te plaas. Maroela Media het met ʼn kenner van die Grondwet gepraat om vas te stel wat ʼn staat van beskuldiging behels en sy verwagting vir vanmiddag se gebeure.

Volgens prof. Pierre de Vos, ʼn kenner van die Grondwet verbonde aan die Universiteit van Kaapstad, is die DA se mosie om Zuma van sy amp te onthef ingevolge artikel 89 (1) van die Grondwet wat lui: “Die Nasionale Vergadering kan, by ’n besluit aangeneem met ’n ondersteunende stem van minstens tweederdes van sy lede, die president van sy amp onthef, slegs op grond van:

a) ʼn ernstige oortreding van die Grondwet of die reg;
b) ernstige wangedrag; of
c) onvermoë om die funksies van die amp te verrig.”

De Vos het gesê indien ʼn tweederde-meerderheid van die Nasionale Vergadering se lede ten gunste hiervan stem, sal Zuma onmiddellik van sy amp onthef word. “Hy is dan dadelik nie meer die president nie en ontvang met onmiddellike inwerkingtreding geen verdere ampsvoordele nie.” Op ʼn vraag aan De Vos oor wat moontlik later vandag in die Nasionale Vergadering gaan gebeur wanneer die mosie aangehoor word, het hy gesê: “Mense gaan toesprake gee, dan stem en dan gaan daar niks gebeur nie.”

“Die Nasionale Vergadering gaan nie vanmiddag stem vir die ontheffing van pres. Zuma nie. Die hof kan hulle nie dwing nie. Die kiesers kan hulle egter straf omdat hulle dit nie doen nie. Die konstitusionele hof het wel gesê die Nasionale Vergadering het ʼn plig om die president verantwoordbaar te hou deur te verseker dat hy gehoor gee aan die openbare beskermer se besluit,” het De Vos gesê.

Die ANC-koukus het intussen vroeër Dinsdag in die parlement begin vergader. Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, sou na verwagting die LP’s toespreek na afloop van die ANC se nasionale werkkomitee se vergadering Maandag. Mantashe het vroeër gesê tydens die vergadering is besluit dat daar uiters noukeurig aan verlede week se uitspraak van die konstitusionele hof voldoen sal word, maar die regerende party is egter van mening dat die uitspraak geen verdere regsgevolge vir Zuma inhou nie. Hy het ook gesê die ANC sal nie stappe teen Zuma doen nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

12 Kommentare

Apie ·

Mbeki het vinnig geval, hoekom beskerm hulle Zumta so?? Is hulle bang hulle val saam met hom? Die anc kaders kan nie konsekwent in hulle optredes wees nie. DAAR MOET IETS WEES, skelm spul.

job jobson ·

Ou gabba steek jou trots in jou stortkop en doen die eerbare ding deur n lange te gooi.

Rynhardt ·

Zuma sal nie van sy amp onthef word nie! As sy kabinet teen hom draai, verloor hul, hul joppies en lekker vet salarisse, want dan moet hul ook ontbind! Gistraand het n woordvoerder van Anc gese:”Wie is opposisie (verwysend na die Mulder-broers wat wil he sy kabinet moet teen Zuma stem), ons gaan nie teen Zuma draai nie!” Dit se alles.Zuma het n taak om te verrig Hy moet die Vryheidsmanifes tot volle uitvoering bring wat baie mense nie verstaan nie.Jy gaan net vandag n groot “show” sien wat opgesit gaan word! Die parlement gaan voortaan al hoe meer onstabiel raak en in chaos verkeer! Die parlement is gelykstaande aan n wortel wat van bo tot onder verrot is.

Rens Roodt ·

,zuma is skuldig aan al drie boonste aanklagte +++++ – nou moet hy waai met oneervolle ontslag – geen pensioen en geen verdere salaris of enige voordele moet aan hom betaal word nie – dit moet gebruik word om sy skulde te delg – hy het so baie gesteel, gelieg en bedrieg dat dit net n druppeltjie in die emmer sal wees van alles wat die skelm skuld – glo hy moet verban word – nooit moet hy ooit weer sy pote in die land sit nie!

Hennie ·

Laat ons maar eerlik wees, die ANC voel vere vir die Konstitusie. Hulle gebruik die term “Konstitusie” net wanneet dit hulle pas. Hulle voel ook vere vir reg en regverdigheid, hulle lojaliteit lê by hulle leiers, maak nie saak hoe korrup die leiers is nie. En dis hoe hulle aan bewind bly, daar is tientalle bewyse dat Zuma korrup optree en korrup lewe en maak dit af met ‘n verskoningkie dat dit nie sy bedoeling was nie, en die massas besing hom met lof. Solank hulle waardes en eerlikheid nie verander nie sal hierdie land altyd uitgeklee wees aan idiotiese gevolge.

JaNee ·

ZUMA – Doen die eerbare ding en bedank.
Indien nie Parlement -Stem hom uit vanmiddag ASB.. Sou jul vir hom stem oortree jul nog steeds die grondwet. Hoop dit word vóór die tyd mooi aan jul verduidelik.

alida ·

Hy is dan skuldig aan al die aanklagtes. Hoekom hom nog enigsins toelaat om sy mond oop te maak en besluite te neem? Wat moet hy nog aanvang voor die ANC sal besef hy het die land beroof van miljarde rande en groot skade aangerig.

Fanie ·

Dit alles laat my wonder oor ofas die Suid-Afrika se gronwet werklik soe goed en wonderlik is.

Joann ·

Dis die job waar die minste gewerk word en die vetste gepay word. Kyk hoe goed is hul lywe,spek vet.

Frederiks ·

Joann, het jy al die spul bekyk as die armstes van die armes toi-toi oor dienslewering waarvoor hul in elk weier om te betaal?? Blinkvet!! Ek wonder dikwels hoe hul sou lyk as hul ryk was.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.