Zuma, Mothlante se duur vakansies onder loep

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma. Argieffoto: Flickr/GovernmentZA

Die burgerregte-organisasie AfriForum pak Donderdag die presidensie in die Pretoria-hooggeregshof oor die beskikbaarstelling van die sogenaamde “presidensiële handboek”, wat onder meer reëls vir lede van die presidensie se private vakansies op staatskoste uiteensit.

Willie Spies, AfriForum se regsverteenwoordiger, het in ʼn verklaring gesê die regstryd dateer van Desember 2012 toe die destydse adj.pres. Kgalema Motlanthe ʼn R2 miljoen-vakansie in die Seychelle op die belastingbetaler se rekening gaan hou het, kort nadat hy in die ANC-leiersverkiesing deur pres. Jacob Zuma verslaan is.

Mac Maharaj, die destydse presidensiële woordvoerder, het toe verduidelik dat die sogenaamde presidensiële handboek sulke duur vakansies vir lede van die presidensie op staatskoste magtig.

“Toe AfriForum egter ’n afskrif van die handboek kragtens die Wet op Toegang tot Inligting versoek het, is AfriForum se versoek geweier en is aangevoer dat die handleiding en prosedures deel van vertroulike kabinetsrekords uitmaak,” het Spies gesê.

Sedertdien het die presidensie erken daar was nog nooit so ’n handboek nie en onderneem om dit mettertyd beskikbaar te stel.

“Terwyl daar egter onsekerheid bestaan oor die reëls in dié verband, gaan die duur vakansies op belastingbetalerskoste steeds voort. Pres. Zuma het sedertdien teen ’n koste van R1,6 miljoen op die Bazaruto-eilande in Mosambiek gaan uitspan.”

Die verhoor begin om 10:00 en is op die hofrol geplaas vir twee dae.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

6 Kommentare

Louis ·

Vir n party wat hom vir kommunisme en sosialisme beywer is hulle leiers nie skaam om te spandeer nie. Solank hulle ok is geen probleem. Die res moet hulle tot misdaad wend om n bestaan te maak. Daarmee het die leiers ook nie n probleem nie. Hulle val sommer daar ook in.

pop ·

Is daar een mens in daai kabinet wat nie sommer so uit die vuis uit lieg nie?? Ek wag in spanning om te weet wie sy of hy is.

Roepstem van Noorde ·

Lekker man lekker. Ons betaal ons belasting so da ons self nie kan gaan vakansie hou nie. Maar vat die arm mense se geld en gaan hou vakansie of bou n huis of wat ookal. Jou dag sal kom Mr skelm. Gelukkig kan jy nie geld hemel toe vat nie!!!

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.