‘Zuma must fall’-plakkaat afgeskeur

Al wat oor is van die oorspronklike plakkaat Foto: Xolani Koyana/EWN

Al wat oor is van die oorspronklike plakkaat Foto: Xolani Koyana/EWN

ʼn Groep mense met ANC-klere het Saterdag ʼn reusagtige ‘Zuma must fall’-plakkaat van ʼn gebou in Kaapstad se middestad afgeskeur.

Maroela Media het vroeër berig die plakkaat is deur ʼn onbekende persoon op ʼn baie besige hoek, waar Lang-, Kloof- en Oranjestraat kruis, opgerig.

Die stad Kaapstad het Vrydag in ʼn verklaring bevestig dat hulle sal stappe doen teen die persoon wat die plakkaat opgerig het, aangesien dit onwettig opgerig is, omdat daar nie toestemming bekom is van die stadsraad nie en die yslike plakkaat nie voldoen aan geboueregulasies nie.

EWN het Saterdag berig die polisie was op die toneel, maar was te laat om die betogers te keer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

26 Kommentare

Annatjie Bezuidenhout ·

Hierdie was nie ‘n rassistiese gebaar nie! Hoekom moet mense altyd alles uitverband ruk? Wie se dis nie ‘n ANC-lid wat dit gedoen het nie? Wens die mense wat alles as rassisties beskou, wil net volwasse word. Of soos die oumense gese het “word net groot asb”

Natasha ·

Die polisie was daar IN TYD! Hulle het daar gestaan voor die banner afgeruk was… net gestaan en kyk!

FM ·

Al is die plakkaat afgeskeur, was dit duidelik dat Zuma must fall!!!! Dit was lank genoeg daar vir almal om te sien en lees. As iemand daardie gebou sien,sien hulle Zuma must fall!!!

Karin ·

So moeg vir aandag soekende mense wat ons daaglikse ritme versteur met onbenullighede! Ons het veel meer dinge om ons aandag aan te bepaal soos die toestande in hospitale; ons paaie en hongersnood. Dit is tyd dat ons as Suid-Afrikaners op ons kniee gaan en God vra vir leiding en los die president want hy is besig om met sy eie handeling te val.

John ·

En sou dit gebeur, wie gaan daarna kom. Die visepresident, die skatryk sakeman met sy pittige segoed waf klaar onder verdenking staan wat betref die EFF, of mnr Malema homself of me Zuma wat groot suksesse behaal om vrede in die res van Afrika te bewerkstellig, of die DA-leier wat kiesers aan sy kant kry deur telkens wolf-wolf te skree? Kom ons dink, miskien is daar iemand aan wie ek nie gedink het nie. Ons grense le al so te se wyd oop, wat van mev Mogabe, sy gaan tog oorneem by haar man of …. ‘n Verkiesing is aan die kom. Vrot eiers en tamaties vlieg rond, soos dit gewoonlik gaan in sulke tye. Partyleiers hou daarvan as die man op straat hul vuilwerk doen.

Michael ·

Die ANC is onverdraagsaam en ek is seker sou die DA die nasionale verkiesing wen sal hulle nie die mag oorgee soos die destydse NP gedoen het nie

Pieter dp ·

So wonderlik dat die wat die sondeboke is, altyd die klem van hul wil af skuif deur. Soos die ANC . So ge naamde rasiste. Ai togie tog . Ons skildige mede burgers.

Zuma moet val vaniger as wat hy die land laat val.

Jan maak n Plan ·

Party mense sal ook seker met niks tevrede wees nie, Zuma must Fall plakaat – trek jou ANC T Hempie aan en gaan skeuur dit af. Nie tevrede met dit of dat nie – trek jou ANC T Hempie aan en vaar die strate in. Dink net so bietjie verder en vaar sommer die strate in met jou T Hempie sodat Zuma must Fall ook.

Rudi ·

Mense, ek wonder nogal… Hierdie anc t hemde moet van baie goeie kwaliteit wees! Want daar is darm besonders baie in die omtrek!

Henk ·

Hier leer ons ‘n paar belangrike lesse

1 Vryheid van spraak is ‘n mite. Die boodskap is duidelik wat uitgestuur is, moet ons nie teenstaan nie, die landswette is nie op ons van toepassing nie en ons sal doen soos ons wil . Die oomblik wat jy die regerende party of hulle leiers kritiseer, word jy beskuldig van rassisme. Is mos maklik.

2 Die SAPS kan nie op staat gemaak word om die wet toe te pas nie. Hulle was op die toneel, maar het geen stappe gedoen om vandalisme en betreding stop te sit nie. Om dus op die polisie staat te maak om jou veilig te hou , is sinneloos.

3 Die beginsel van gelykheid voor die reg, is ‘n mite . Enige iemand wat hieraan twyfel , hoef maar net die nuus dop te hou.

Jammer mense , maar dit voorspel niks goed vir ons land en / of ons sakke nie. Enige iemand wat dink SA se stand sal verbeter met hierdie tipe van optrede, maak ‘n groot fout.

Hester ·

Spyker op die kop Karin! Als wat gedoen word teen regerende party word voor die DA gelê. Ons moet ons nie met kleinlike goed ophou en met oogklappe kyk nie. Kom ons begin die Here se wil soek om dinge soos gesondheid Departement, water vermorsing en riool storting aan te spreek en iets daaraan doen

Jaco ·

Gestel ‘n wonderwerk gebeur en die DA vat oor nadat Zuma geval het: sal hulle die R1 miljoen PER JAAR salaris wat elke parlementslid kry verminder? Sal hulle die President se salaris van R3miljoen per jaar verminder? By hierdie reusagtige salarisse kom nog reisvoordele, behuisingsvoordele en ete- en onthaalvoordele.
GEEN ampsdraende politikus van GEEN party behoort oor Nkandla, kurupsie, vermorsing van staatsgeld ens ens te kla nie. Met daardie reusagtige salarisse bou ELKEEN van hulle, insluitend die DA, ANC, EFF, VF-Plus ens ens, vir hom of haar ‘n mini-Nkandla.

Jaco ·

ek lees die volgende op news24:
“Zuma supporters stormed the residential building armed with knives, broke into apartments and accessed the roof where they systematically cut and tore the billboard from the building and mercilessly targeted the innocent residents with violence”.
Het die organiseerders van die Zuma must fall campaign ooit aan hierdie negatiewe gevolge van hulle plakkaat gedink??? Onskuldige mense en hulle eiendom ly nou.

Henk ·

Jaco, verstaan ek jou reg as jy se dat die eienaars van die plakaat nou verantwoordelik gehou moet word omrede die ANC lede reken hulle is bo die reg verhewe en willens en wetens die reg oortree het, ander se eiendom en lewens in gevaar gestel het EN dit terwyl die polisie handjies gevou staan en toekyk het hoe hierdie voorval plaasvind?

Henri ·

Jaco, wat jy se maak nie vir my sin nie. Dit is so goed as om te se dat iemand drank adverteer verantwoordelik moet wees as jy dronk bestuur, of as ek my motor in die straat parkeer ekself verantwoordelik is as iemand dit steel?
Uit die berig deur jou aangehaal vind ek vele kriminele aanklagte deur die betrokkenes o.a. Betreding, Inbraak, Aanranding met die doel, ens. Kriminele wette is hier van toepassng teen die Doeners asook die Organiseerders, Die wet werk dieselfde vir ander oortredings b.v. soos Roof of Moord, Die organiseerder van die misdaad as die uitvoerders daarvan.
Die groot vraag is of mense sake gaan oopmaak by die SAPS, sonder klaers, wat kan hulle doen? Dieselfde situasie as jou motor gesteel is, jy moet dit eers rapporteer, voordat hulle kan begin soek. Hoe effektief hulle dan hul werk doen, is ‘n ander storie,

Henk ·

Dee, dis is nou presies dieselfde argument as die patete wat beweer dat ‘n meisie omdat sy mooi is en mooi aangetrek is , skuldig is aan haar eie verkragting juis omdat sy mooi is en mooi aangetrek is. Verregaande om iemand anders verantwoordelik te hou vir die ANC se wettelose en barbaarse optrede !

Jaco ·

wag totdat julle wat my so aanval in daardie woonstelblok bly…

Dee ·

O, nou moet die land daaronder ly omdat jou beplanning jou daar beland het? Jy moet wyer dink. Gaan met verlof, neem jou gesin elders.

Henri ·

Wonder of MAROELA al gehoor het van die een in New York, vanoggend op Facebook gekry.

Sune van Heerden ·

Dagsê Henri

Let asseblief daarop dat die verskeie foto’s wat op sosialemedia rondgestuur word met die “Zuma must fall”-plakkate is alles fotos wat deur middel van ‘n program soos Photoshop geredigeer is. Die plakkate is nie werklik daar opgehang nie.

Groetnis
Suné
nms Maroela Media

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.