‘Zuma nie gevra om Abrahams te ondersoek’

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Adv. Shaun Abrahams, die hoof van die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG). Foto: Flickr/GovernmentZA

Die presidensie het Maandag ontken dat hy ʼn brief ontvang het waarin pres. Jacob Zuma versoek word om die hoof van die nasionale vervolgingsgesag (NVG), Shaun Abrahams, te skors hangende ʼn ondersoek na sy bevoegdheid om sy amp te beklee.

Dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het in ʼn verklaring gesê die presidensie het in mediaberigte gesien dat die Helen Suzman-stigting en Freedom Under Law na bewering ʼn brief aan Zuma gerig het. In die brief, waarvan ʼn uittreksel op sosiale media versprei word, word Zuma gevra om Abrahams se beweerde onbevoegdheid om sy amp te beklee te ondersoek.

“Die beweerde brief verwys na die manier waarop [Abrahams] en die aanklaers die saak met die minister van finansies en Kie. hanteer het en hulself glo wangedra het. Die brief sluit af deur die president te vra om voor vandag om 16:00 skriftelik te bevestig dat hy Abrahams, [Torie] Pretorius en [Sibongile] Mzinyathi sal skors hangende ʼn ondersoek na hul bevoegdheid,” het Ngqulunga gesê.

Hy het gesê die president sal uit die aard van die saak nie so ʼn skriftelike bevestiging uitreik nie, aangesien Zuma nooit so ʼn brief ontvang het nie. “Die presidensie het sy rekords nagegaan en daar is geen rekord dat so ʼn brief ooit ontvang is nie,” het Ngqulunga gesê.

“Die saak sal hanteer word sodra die brief aan die Presidensie gelewer is.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

4 Kommentare

Johann ·

DUHHHH. Mens moet kan lees.om.erkenning van n brief te kan doen…

Louis ·

Ek glo nie n woord wat die mense in daardie kantoor sê nie. Hulle lieg almal om Zuma te beskerm en om hom te laat goed lyk.

Hasie ·

Zuma sal mos nooit vir Abrahams laat ondersoek nie, want hy is een van Zuma se puppets. Zuma het baie puppets waarmee hy werk. Des van Rooyen is ‘n voorbeeld. Daar sal ook nou niks aan Mnr Gordhan gedoen word nie, want die land se gradering moet eers agter die rug kom en die stof gaan lê. Maar in die nuwe jaar gaan jy sien, want Mnr Gordhan is ‘n klip in die pad vir Zuma. Enige effe eerlike persoon is ‘n klip in die pad vir Zuma.

gert ·

Verwyder asb die wenkbroue met die visioen agter dit voor my aangesig. Ek kan dit nie aanskou nie.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.