Zuma nie in hof: Lasbrief uitgereik

Oudpres. Jacob Zuma tydens ‘n vorige hofverskyning. (Foto: Michele Spatari/ AP)

ʼn Lasbrief is Dinsdag in die hooggeregshof in Pietermaritzburg uitgereik vir die inhegtenisneming van oudpres. Jacob Zuma.

Regter Dhaya Pillay het gesê daar is nie genoegsame inligting oor Zuma se gesondheidstoestand aan die hof verskaf nie. Die saak is tot 6 Mei uitgestel. Dit is ook eers van dié datum af wat die lasbrief van krag sal wees as daar nie in die tussentyd meer inligting oor sy gesondheidstoestand ingedien word nie.

Staatsaanklaer adv. Billy Downer het versoek dat ʼn lasbrief uitgereik word nadat Zuma nie vir sy hofverskyning opgedaag het nie.

Die hof het eers gehoor dat daar nie ʼn mediese sertifikaat verskaf is nie, maar daar is kort daarna ʼn mediese sertifikaat van 1 Militêre hospitaal ingehandig. Pillay het egter talle vrae oor dié dokument gehad.

Volgens Downer is die staat voor die tyd ingelig dat Zuma nie Dinsdag in die hof sou wees nie, maar is opvolgkorrespondensie aan sy regsverteenwoordiger, adv. Daniel Mantsha, rakende ʼn mediese sertifikaat en Zuma se siektetoestand nie beantwoord nie.

“Zuma se afwesigheid is teleurstellend en ons wil hê mnr. Mantsha moet vir ons sê wat die siektetoestand is en hoekom Zuma nie hier kan wees nie.

“Dit is ʼn kriminele oortreding deur die beskuldigde om nie teenwoordig te wees indien hy gewaarsku is om in die hof te wees nie.”

Matsha het op sy beurt gesê Zuma se siektetoestand is ʼn saak van “staatsveiligheid” en dat hy deur militêre dokters behandel word.

Daar is wel bekend gemaak dat Zuma in November landuit geneem is vir mediese behandeling voordat hy in Desember teruggekeer het. Hy het in Januarie twee operasies ondergaan in ʼn hospitaal in Pretoria voordat hy op 23 Januarie weer landuit geneem is vir verdere mediese behandeling.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

47 Kommentare

Porseleintjie ·

Siektetoestand: Arrogansie. Steeds verhewe bo die wet.

Rina ·

Pieter, seker maar ons, die arme voos geslaande belastingbetalers ….

Piet Snot ·

Jy betaal daarvoor, Pieter. Maar ek vermoed jy’t dit klaar geweet.

Ronalda ·

Watter siekte het hy dat dit buitelands behandel moet word? Laat hy soos die res gaan sit in n staatshospitaal en sy beurt afwag!

netekalleen ·

Dit maar net n manier om weer vir die gereg weg te kruip

Magda ·

mmmmmmmmmmmm kan sien hoekom hy en die “Shabir Shaik” maaitjies is – Voels vd selfde vere – Hy “WAS” ook siek net tot hy uit die tronk is – en waar is hy nou – zumpie , zumpoe zumpie!!!!!!!

007 ·

Ek het gehoor hulle het sy brein uitgehaal, nou skree hy vir die Bulle.

Johan ·

Weet hulle waar sy brein sit ,sit op n ander plek Mense wat nie vir die bulls skree nie se breins sit ook daar????

charmaine ·

Hoe kan 1Miletere Hospitaal n siekbrief gee as hy in PMBurg is? Het hulle n 1Mil dokter afgevlieg hom ondersoek en n siekbrief gegee?

Jan ·

Deel van die absurde. Hy het n militere dr wat permanent na hom omsien

Mieke ·

Ag, dan moet hy maar op ‘n draagbaar ingebring word as hy kastig so siek is!! Siestog!!

minnie muis ·

staatsveiligheid????? hoe dan die suurstofdief…. hy weet hy is skuldig, en hy weet land weet en hy weet regters weet, maar hy weet ook hy verhewe bo wet… wat n siek spul…

Moedeloos ·

Ja nee hy weet wat vir hom wag. Net jammer dat die regstelsel hom elke keer weerhou om hom te vervolg. Hoop dat hy by sy volgende verhoor aan die pen gery sal word veral as hy weereens nie opdaag nie. As hy tyd het om buitelands te gaan kan hy ook tyd maak om in die hof te verskyn al is sy siektetoestand dan so erg. Ek is net so siek. Siek vir hierdie land se gemors, maar moet elke dag in spanning ons paaie gebruik, moet elke aand seker maak my deure is gesluit en niemand kan iewers inkom nie. Moet elke keer seker maak dat daar nie boosdoeners in my erf is nie. Moet my kleinkinders altyd onder oë hou as hul saam my winkel toe gaan. Moet elke dag deur onopgeleide persone gehelp word by instansie ens. Net jammer my dokter wil nie vir my sieksertifikaat hiervoor gee nie☺

Daniel Pieter Schoeman ·

Hy ry daai sous trein dat die wiele af val kom ons kyk wat gebeur nou , hul moet sommer al sy naastes wat so lekker saam gery het ook by mekaar skraap

Anoniem ·

Hoe kan sy siekte toestand staatsveiligheid wees. Het hy een of ander pes siekte wat kan versprei en almal se dood beteken.

Rina ·

HY kan mos ook ‘n slag by ‘n staatshospitaal in ‘n ry sit om behandel te word?

Is hy nou ‘n saint???

Ek wonder of hy ooit regtig siek is. Dis net vertragingstaktiek om nie tronk toe te gaan nie!

SomeOne ·

daar moes al jare terug ‘n hofbevel teen hom uitgereik gewees het
shaik het hom goed geleer
wat wil hy by 1mil doen as hy landuit is vir “behandelings”
kry hom agter slot en grendel, dan is hy beskikbaar vir die zondo kommisie

Gato ·

Dit is hoogtyd dat hierdie Mnr sy dag in die hof kry waarvoor hy solank al vra. Hoekom ‘n lasbrief uitreik vir inhegtenisname en dit dan eers van 6 Mei af in werking stel? Gee genoeg tou hy gaan homself ophang.

Tino ·

Die wereld se Dokters moet ‘n etiese plig he om behandeling te weier in die buiteland.

Chivago ·

“Zuma se siektetoestand is ‘n saak van staatsveiligheid” hahahaha……

Piet Snot ·

Hy’t seker dieselfde siekte as Shabir Shaik.
Wat dit ookal mag wees. #roldieoë

Porseleintjie ·

Zuma is te siek om in die hof te verskyn, maar nie te siek om te kan vlieg nie? Arresteer dan die wat hom beskerm.

MIA ·

Beslis nie te siek gewees om verlede week met ‘n “quad” rond te ry nie. Moet tog net nie die 5 Veiligsheids-voertuie wat hom vergesel vergeet nie. Maar net nog ‘n manier om nie verantwoording te doen vir sy misdrywe nie.

Tokkel ·

Daar moes al ‘n vorige paar kere lasbriewe uitgereik gewees het, maar dit sloer en sloer. Hy het net sy vriend Shaik se siekte…wat lekker golf speel en rondvlieg. Die slegste van als is dat dit enige iemand anders was, was jy al lankal in die tronk!! Hoelank nog gaan hierdie ring-a -rosy nog voortgaan??

johan ·

Hy het mos gesien hoe sy vriend Schabir Shaik los gekom het.

Anel ·

Ek sou dink dat die saak slegs uit gestel word as hy of in die intensiewe eenheid, of hoësorgeenheid is. So nie kan hy maar in ‘n rolstoel verskyn en dan weer terug gaan hospitaal toe. Wat se siekte kan hy in elke geval hê die staatsveiligheid bedreig? Nog nooit van so ‘n siekte gehoor nie. Hy is bang om tronk toe te gaan, die skelm. En hoekom moet hy oorsee gaan aansterk na hy hier geopereer is? Hy het mot vir hom sy eie stad laat bou. Hoekom nie daar nie. Kan in elke geval nie so ernstig wees nie. So ver ek weet kan mens nie sommer ver ry of vlieg na operasie nie. Dan kan hy in die hof ook wees. Maar hoe sê hulle? Slim gaan nog sy baas vang. Ha,ha, ha!

Piet ·

Daar is ook met die datum op die mediese sertifikaat gepeuter en sy regsverteenwoordiger handig dit by hof in. Ook maar lekker stupid

Strandloper ·

Nou toe nou…so verbaas die knaap ons telkens en kom elke keer weg met sy veregaande doen en late..mark my words…hiervan sal ook net mooi niks kom nie..

DERICK ·

Gaan hy altyd sy “siekte” gebruik om die hof vry te spring. Van uitstel kom afstel. Die man is BAIE slim.

Ronel ·

Dis nou seker daai siekte van lank terug waarvoor hy gereken het jy hoef net te stort dan is jy veilig…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.