Zuma nie in hof weens ‘mediese noodgeval’

Oudpres. Jacob Zuma. (Foto: PHILL MAGAKOE/AFP)

Jacob Zuma kon Maandag weer daarin slaag om sy en die Franse wapenvervaardiger Thales se verhoor uitgestel te kry.

Die oudpresident was egter weens sy gesondheid nie teenwoordig toe die saak vanmiddag vir die soveelste keer in die Pietermaritzburgse hooggeregshof in KwaZulu-Natal uitgestel is nie.

“Daar was ʼn mediese noodgeval wat die afgelope paar uur plaasgevind het,” het sy prokureur Dali Mpofu vanoggend aan regter Piet Koen gesê. Mpofu het egter geen verdere besonderhede oor dié noodgeval verskaf nie.

Die verhoor sal nou op 17 Mei voortgesit word hangende ʼn beslissing deur die appèlhof oor Zuma se heroorwegingsaansoek. Dié aansoek hou verband met Zuma se aandrang dat adv. Billy Downer as hoofaanklaer in die korrupsiesaak verwyder moet word.

Zuma, wat Dinsdag sy 80ste verjaardag vier, en die Franse wapenvervaardiger Thales staan tereg op aanklag van onder meer bedrog, korrupsie en rampokkery. Zuma word ook daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van Thales ontvang het.

Zuma het Downer aanvanklik van vooroordeel beskuldig en ’n aansoek gebring om hom as aanklaer in die korrupsiesaak te laat verwyder. Koen het egter dié aansoek in Oktober verlede jaar van die hand gewys en bevind Zuma se bewering is grootliks bespiegelend en ten beste gegrond op ontoelaatbare hoorsêgetuienis.

Koen het later ook Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen dié uitspraak van die hand gewys wat die oudpresident genoop het om die appèlhof te nader.

Die oudpresident se regspan het verlede maand ’n petisie by die appèlhof ingedien teen Koen se aanvanklike uitspraak, Koen se weiering van die appèlaansoek en sy weiering van die aansoek om nuwe bewyse in die saak aan te bied.

Zuma en Thales pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle in ʼn saak wat al langer as 20 jaar sloer.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

Shakespeare ·

Laaaankal tyd gewees vir hierdie rot om te krepeer in die tronk. SKANDE REGSTELSEL…..SKANDE !!!! SKANDE ANC…SKANDE !!!

koos ·

Kan mens die vermeteledheid glo? Hy het mos aangedring op sy “day in court”, waarvoor hol sy edele nou weg? Ten minste is sy ouderdom Dinsdag nou amptelik meer as sy IK.

Joe Olivier ·

Sy ouderdom was nog altyd hoër as sy ik. En tog kry hy dit reg om al die regsgeleerdes om sy pinkie te draai.

Watsenaam ·

Sy regspan het vandag gese hulle is reg om met die saak voort te gaan. Hoekom gebeur dit dan nie? Gaan voort met die saak, julle het mos Zuma se permissie.

Herman L ·

Wat het geword van die NVG se plan om Zuma onafhanklik medies te laat ondersoek?

Joe Olivier ·

Ek dink hy het gietergat agv senuweeagtigheid om dalk tronk toe te moet gaan.

Johann ·

Kan Maroela Media nie vir ons duidelikheid gee oor wie Zuma se regskoste betaal nie Dali Mpofu is seker een van die duurste prokereurs en raak skatryk uit die Zuma saak Verteenwoordig Mpofu Thales ook of het die wapenvervaardiger sy eie prokereur

Impact ·

Siestog, hy is so siek…………..kan nooit in hof verskyn maar is ook nooit in hospitaal vir sy vreeslike siekte. Hy en Shabir Sheik speel seker golf

Frikkels ·

Wat ek wil weet is, hoekom is hierdie mafiabaas nog op vrye voet? Hy is ñ deurtrapte skelm wat geen regte verdien nie! En dan hardloop hy kringe om die hof en ons korrupte regstelsel!

Misky ·

Ek hoop die lasbrief is uitgemaak en hy voor 00h00 vanaand in die tronk. Ons as belastingbetalers, dring daarop aan!!

Dries ·

As ons n jurie gehad het het Zuma al lankal in die tronk gesit

Daniel ·

Hulle moet hom doodeenvoudig arresteer, hy is soos ‘n glibberige paling

Papsak ·

Sluit hom toe julle bang Vir opstand want Zuma en kaders het gepraat wys hulle sluit toe hy hoort daar

Tokkel ·

Ai, hierdie man het darem ‘n lekker lewe in SA. Hy het seker ‘n ingroei toonnael vanoggend gehad. Ondervra sommer die dokter ook en kry 2de opinnie. Die tronk het ook ‘n hospitaal..

Willem Wikkelspies ·

Ek weet Zuma se mediese kondisie .. hy’t begin warm word onder die kraag ..

Strandloper ·

Nê! Hoe lekker lag die ou jakkals ons nou uit. Gee hom dit, n meester in sy eie liga van waansin wat ploeg in die modder met die hoop om homself te oortuig.

Watsenaam ·

Ons regstelsel is lamlendig verby. Dit is die ANC se manier om die land onregeerbaar te maak.
Dit lyk so al asof die regbank instrukses het om elke poging van Zuma se regspan ondersteun om te sorg dat hy nie verhoor word nie?

JM ·

Dali Mpofu … ja. Wat sal ‘n mens sê? Het ‘n tyd gelede gelees dat Zuma geweldig baie skuld vir regskoste. Die land is siek en in der dagen sat van Zuma. Hy is die grootste ramp wat hierdie land ooit getref het.

Kobus ·

Kan hulle nie die ding net toesluit en die sleutel op Robben eiland gaan begrawe nie want hy kom weg met alles die stuk gemors

Wondermaarnet ·

Wat ‘n grap. Hy verjaar môre en dan is die mediese noodgeval vergete!

gatgogga ·

Stop nou maar hierdie sirkus. Zuma het tog gewen.
Hy het vir die SA regstelsel gewys wie is baas.

Pietertjie ·

Hoekom is daar nie ‘n lasbrief uitgereik, hangende die indiening van ‘n mediese sertifikaat nie?

Johann ·

Onaantasbaar! Sê bloot hy voel nie lekker nie, daag nie op…en dis OK?

Onnie ·

Hy is ‘n lewende bewys dat ons regstelsel en grondwet ‘n grap is – nie die papier werd waarop dit geskryf is nie.

Boatsie ·

Vertel my van enige persoon in Suid,-Afrika wat nie geweet het dit gaan gebeur nie.
Ons land en regstelsel raak al hoe meer die bespotting van die wêreld.

Johanna ·

Wat sal mens dink en dit liewer glad nie uitspreek nie.
Hierdie saak besmet my denke en ek weier om dit toe te laat.

Yvonne ·

RSA se regstelsel is een groot gemors……hoe is dit moontlik….as dit omgekeerd was, is die land al afgebrand

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.