‘Zuma nie te blameer vir studentegeweld’

Foto: Twitter

Foto: Twitter

Pres. Jacob Zuma kan nie blameer word vir die chaos en geweld wat Vrydag by die Uniegebou in Pretoria uitgebreek het nie, het die presidensie gesê.

“Die presidensie teken beswaar aan teen berigte wat pres. Zuma blameer vir die anargie en geweld wat tydens die studente se saamtrek by die Uniegebou uitgebreek het,” lui die presidensie se verklaring. “Die presidensie het ʼn amptelike kennisgewing aan die media uitgereik waarin aangedui is dat die president met studenteleiers, visekanseliers van universiteite en voorsitters van universiteitsrade sal vergader. Die vergadering het plaasgevind waarna die president die land toegespreek het.”

Die presidensie het gesê pres. Zuma spreek die land toe rakende kwessies van nasionale belang. “Hy het dit al twee keer gedoen in sy ampstermyn; die eerste keer was om die land mee te deel van die hartseer afsterwe van pres. Nelson Mandela en die tweede keer vir die vrystelling van regter Ian Farlam se verslag oor die Marikana-tragedie.”
Duisende studente het Vrydag by die Uniegebou bymekaargekom in die hoop dat pres. Zuma hulle direk sou toespreek.

Daar het egter geweld uitgebreek en die polisie het rubberkoeëls op die studente afgevuur en skokgranate in hul rigting gegooi. Die studente het eiendom beskadig en die polisie met klippe gegooi.

Gwede Mantashe, sekretaris-generaal van die ANC, het glo gesê Zuma was onder geen verpligting om die studente toe te spreek nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

15 Kommentare

Gerhard Bezuidenhout ·

Gewoonlik vlug hy oorsee tydens krisise maar hierdie keer was hy in n catch 22 omdat sy adjunk geld mors in Kuba en hy was te veel van n lafaard om die studente toe te spreek alhoewel ek nie hul barbaarse optredes goedkeur nie . Feit is egter dat die ANC beloftes aan hulle gemaak het waarvoor hulle verantwoordelikheid moet aanvaar.

marike ·

Dit is nie zuma se skuld nie. Hy was nice genoeg om dit te doen en nie geskuil agter sy lessenaar nie. Dis alleenlik die studente se skuld. Vir wat gaan hul soos barbare aan. En verplutter als. Hy moes gese het julle betaal vir als wat verpkutter word. U brake u pay.

Daan Erasmus ·

Ag nee. Daar is seker nie meer as 1000 mense wat dit glo nie. En almal sy blinde ondersteuners. Aanvaar Zuma vir niks aanspreeklikheid nie?

Chris Ras ·

Nou as zuma nie verantwoordelikheid vat vir wat in ons land angan nie…….. Wie de F is dan in beheer???????????

Jo-anli ·

Zuna moet wakker skrik uit sy feëtjie wêreld en begin besef om sy kabinet minder te maak soos oorsese regerings werk . Hy moet ook terug skool toe, om te leer tel. Nelson Mandela was voorwaar leier. Zuma dink net aan dames.

Pieter ·

As publiek het ons geen toegang tot vrae aan die Presidensie nie. Kan ‘n joernalis asseblief aan die President vra: “Daar is sóveel dinge wat die President nié voor verantwoordelik is nie. Sal die Presidensie so vriendelik wees om aan te dui waarvoor die President dan wél verantwoordelik is?”

Rynhardt ·

Zuma se dat die geweld deur studente is nie skuld nie?Blade Nzimande het universiteitinstelkings vernietig,terwyl die Anc onderwys vernietig het.Albei lei na Zuma en sy onbekwame kabinet!Zuma sal nooit verantwoordelikheid aanvaar vir iets nie!Onder Zuma en kie.vind meer moleste,betogings en stakings plaas!Zuma sal altyd apartheid en Jan van Riebeeck vir alles blameer.Dit is al kitaar van gewildheid wat hy kan tokkel!Zuma is net n president in naam en die massas is mal oor hm.Hy weet hoe om hul te speel!

JC Klok ·

Julle is almal verkeerd. Dis nie hoe Afrika werk nie. Afrika aanvaar geen verantwoordelikheid en aanspreekliheid vir enige iets nie. Nie die korrupsie, die onbevoegdheid, die gebrek aan beplanning, die vermorsing van belasting geld nie, net mooi absoluut niks. Dis alles Jan van Riebeeck en apartheid se skuld. Dis hoe hulle koppe werk.

Mike de Beer ·

Niks is Zuma en sy kaders se skuld nie. Alles moet voor die deur van apartheid en Jan van Riebeeck gele word. Nkandla, Escom, Poskantoor, Weermag, ens….. Zuma het ‘n relatief goed funksionerende land oorgeneem by Mbeki, net soos wat Mbeki ‘n relatief goed funksionerende land by Mandela oorgeneem het. Mandela het ‘n baie goed funksionerende land oorgeneem waar regering op alle vlakke skoon oudits gekry het en dienste ens alles in goeie orde was, maar in ‘n raps meer as twintig jaar het die ANC met korrupsie en swak administrasie daarin geslaag om dinge goied oop te foeter en veral onder Zuma se leiding het dit van erg na erger gegaan.

Die studente krisis is maar net een van vele krisisse waarteen hy gewaarsku was en wat enige mens met ‘n geringe mate van “common sense” kon voorsien het. Dieselfde geld Escom, Poswese ensovoorts.

Die vorige bedeling het sekerlik ‘n paar tekortkominge gehad, maar ala Dianne Kohler Barnard .. hulle was ‘n damn site beter as wat die huidige bedeling is.

naomi darby ·

Jammer almal wat so aangaan oor nelson wat goeie leier was wie het die wette en grondwette verander. Wie het ons wapens gevat en gestroop. Wie het beliftes gemaak wat nakom miet word. Begin nou eers in plek val. Satan kom ook sag voor met mooi woorde.
Blankes moet weermag toe gaan vir opleiding in ander land. Jeug miet gaan leer in ander land. Australia het afr. kerke skole in ons eie land mag of kan ons nue ons taal praat jy word nie verstaan nie.

Berhalet Beukes ·

Natuurlik is dit sy skuld.. Sy en elke pateet se skuld wat niks tussen die ore het nie maar op ons belasting geld teer! As jy sonder geleerdheid president kan word kan jy seker sonder om jou deel by te dra ‘n graad verwerf?

Johann ·

Gaan ontspan met ‘n video genaamd “A Bug’s Life”……en luister mooi waar die Sprinkaan vir die mier sê “First rule of leadership, Princess…..EVERYTHING is your fault!!!”

Fanie ·

Hoekom het die ANC se beleid nou skielik verander.
Hulle Het destyds gesê daar moet gratis onderrig wees, toegangklik vir almal. Dit is hoekom die massa mos ANC gestem het. Almal sou mos alles verniet kry, tot grond, yskaste, water en wat nog.
Is Zuma nie die President van die ANC nie? Gaan die gepeupel aan wie die beloftes gemaak is wat nie nagekom is, regeer die gepeupel nou?

Alex ·

zuma ek geniet dit wat om jou aangaan. Jou TYD loop uit dis verstreke.

Francie ·

Superdom man wat nie sy sommetjies kan maak nie., of baie slim en uitgeslape ?
Moeilik om te sê. heelwaarskynlik ‘n goeie mengsel van die twee. As politikus is dit tog te gerieflik om gewilde beloftes te maak, daar lê ‘n verkiesing voor, en hy is kliphard besig om stemme terug te wen van die jeug. Net jammer tog van die ander drommels wat moet geld uitkrap om sy beloftes substansie te gee. Heelwat van die ringkoppe is mos gewoond daaraan om die regering se geld onverantwoordelik en onverwoordbaar te mors. Die agbare Minister van Onderwys het juis onlangs vir hom ‘n ryding van R 1.1 miljien in ontvangs geneem.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.