Zuma nie te ‘siek’ vir staatsrede

Jacob Zuma (Foto: Nic Bothma, Pool via AP)

Oudpres. Jacob Zuma sal wel vanjaar se staatsrede bywoon.

Die parlement het die oudpresident se bywoning Woensdagoggend op Twitter bevestig.

Dít volg nadat dit aanvanklik gelyk het of Zuma die staatsrede gaan misloop te midde van die omstredenheid oor sy klaarblyklike siekte. Maroela Media het verlede week berig dat Zuma nie opgedaag het vir sy hofsaak in die hooggeregshof in Pietermaritsburg nie. ʼn Siektebrief van 1 Militêre Hospitaal is by die hof ingedien, maar die staatsaanklaer het talle vrae oor dié dokument gehad en die hof het dit verwerp.  ʼn Lasbrief vir Zuma se inhegtenisneming is gevolglik uitgereik en is van krag indien hy nie op 6 Mei vir die hofsaak opdaag nie.

Maroela Media het ook vroeër berig Zuma se regspan het boonop verlede maand aan adjunkhoofregter Raymond Zondo gesê die oudpresident is te siek om voor die Zondo-kommissie te verskyn.

Zondo het ’n aansoek van die kommissie se eie regspan aangehoor dat Zuma gedagvaar word om van 27 tot 31 Januarie voor die kommissie te getuig, nadat hy nie op die afgelope drie geskeduleerde verskyningsdatums opgedaag het nie – elke keer met ’n ander verskoning.

Oudpresidente FW de Klerk, Thabo Mbeki en Kgalema Motlanthe, voormalige adjunkpresident Baleka Mbete en oudspeaker Frene Ginwala het reeds bevestig dat hulle vanjaar se staatsrede sal bywoon.

Die staatsrede vind Donderdag omstreeks 19:00 plaas.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

23 Kommentare

marius ·

Die eff sal hom met graagte arresteer voor hy aansit vir koek en tee saam met sy onderdane . Die polisie is te sleg om dit te doen . Dis die waarheid .

Magda ·

EK OOK – Hoeveel word nou weer gespend om die PARTY te hou???? en korrupte zumpie – kan sien hoekom hy en ou shaiky maatjies is – “TE SIEK” hulle hoort albei in die tronk maar die */-/-/-/-+- laat ek eerder stilbly.

Tokkel ·

NOU VRA EK NET:” Hoekom kry hy behandeling in Kuba en nie in ons eie land waar die beste dokters is nie??!” Hy is net te siek vir sekere byeenkomste(HOWE) en HY dink die hele SA is stupid! Ek kan nie dink die howe kan deur dit sien nie!

Pampoen ·

Ek dink dis ‘n skande. Snaaks dat hy nie skaam kry nie.

Jax ·

Die hele spul n klug en n reuse vermorsing van die belastingbetaler se geld.
Ek gaan dit beslis nie volg nie – ek het beter dinge om te doen as om na dié sirkus te kyk.

Anel ·

Ek sou sê neem hom in hegtenis en gooi die sleutel weg. Te siek om in die hof te verskyn maar wonder kuur en hy is gesond om fees te vier, MET BY BELASTINGGELD!!! En môre met my pensioengeld!!!!!!

Christo ·

Dit is net ongelooflik. Duisende mense sit in die tronk vir minder as wat hy gedoen het. Dit wys jou net hoe die ANC hulle kaders beskerm, en Ramaphoza wharra wharra. Moet liewer die radio afsit Do aand twv my hart. Hy weet baie goed wat gedoen moet word om die land op dreef te bring, maar gaan weer lieg en bedrieg en “toe the line”.

Leon ·

Arresteer hom by die staatrede en laat hy dan in die hof verskyn.

Ilze ·

Hy gaan seker soos Harvey Weinstein, wat met ‘n loopraam by sy verhoor opdaag, ook so-iets probeer

Mieke ·

Aag wat…. hy is seker nou ‘in remissie’… Hy sal seker weer ‘n ‘akute’ stadium bereik net voor die verhoor!!

Erik ·

Dis eintlik skreeusnaaks. Slegs in Suid-Afrika! Te siek om hof toe te gaan, maar kan nie die grootste partytjie in ons land misloop nie…

spogsog ·

Dalk het hy dieselfde siekte wat Schabir Shaik gehad het wat hom die vergunning gegee het om uit die tronk te kom. Hy was te siek vir agter tralies wees….maar vandag word hy gekiek waar hy op die golfbaan is. Snaakse siekte….het dieselfde simptome as wat ek gehad het op kind as ek “skoolsiek” was.

Scalla ·

So is daar n wonderlike politieke kuur vir elke siekte, skyfskiet het vir Z gehelp en gholf vir Shaik.

Stof ·

Ek sien gereeld wonderwerke gebeur in die loop van my werk. Due Woord praat selfs van die heidense hoofman ‘n wonder ontvang het. Waarom sal presies dieselfde nie ook met Oom Jakob gebeur nie? Dan kan hy sommer die parlement, die hof, die kommissieondersoek, en sommer ook Orania se stadsraadvergadering bywoon. Sien ons julle daar?

Maritha ·

Siek! Dan ry hy fris en gesond en vol smaails op sy quad bike rond. Eish.

madels ·

Kan die Hooggeregshof nie asb n voorbeeld maak van die siek gespuis en hom summier in die tronk gooi nie. Hy is seker die laagste oneerlikste persoon in hierdie land :-(

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.