Zuma nie welkom by Kathrada-begrafnis

Ahmed Kathrada. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma sal nie Ahmed Kathrada, die ANC-strydos, se begrafnis bywoon nie.

Dr. Bongani Ngqulunga, woordvoerder van die presidensie, het gesê Kathrada word vandag in die Wespark-begraafplaas in Johannesburg ter ruste gelê na ʼn gedenkdiens. Zuma het ʼn spesiale amptelike begrafnis vir Kathrada (87), wat Dinsdagoggend oorlede is, aangekondig.

“Pres. Zuma sal nie die gedenkdiens en begrafnis bywoon nie, in ooreenstemming met die wense van die familie,” het Ngqulunga gesê. “Adj.pres. Cyril Ramaphosa sal die regering se afvaardiging lei.”

Zuma het intussen vandag se kabinetsvergadering tot later vanmiddag uitgestel sodat diegene wat wil, die begrafnis kan bywoon. Hy het weer sy medelye uitgespreek teenoor Kathrada se lewensmaat, Barbara Hogan, voormalige minister van openbare ondernemings en die res van die vryheidsvegter se familie.

“Die land het een van sy waardevolste en mees gerespekteerde vryheidsvegters verloor. Kathrada se dood is ʼn reuse verlies vir sy familie en alle Suid-Afrikaners. Hy was een van die vreeslose en toegewyde argitekte van die vry en demokratiese Suid-Afrika,” het Zuma gesê.

Kathrada het vroeër vandeesmaand ʼn operasie in ʼn Johannesburgse hospitaal ondergaan om ʼn bloedklont op sy brein te verwyder. Hy het daarna verskeie komplikasies ervaar.

Kathrada was saam met Andrew Mlangeni en Denis Goldberg die laaste van die sogenaamde Rivonia-beskuldigdes wat nog gelewe het nadat oudpres. Nelson Mandela in 2013 dood is. Al vier mans is saam met Govan Mbeki, Walter Sisulu, Raymond Mhlaba en Elias Motsoaledi in 1964 tot lewenslange tronkstraf gevonnis.

Mandela en Kathrada was goeie vriende terwyl hulle saam op Robbeneiland gevange gehou is. Kathrada is langer as 26 jaar op Robbeneiland aangehou.

Kathrada het in November verlede jaar saam met ander anti-apartheid-struggle-veterane sy kommer uitgespreek oor die stand van die ANC en die land.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

48 Kommentare

Anton ·

Net jammer hy is te dom om te besef hy is nie meet welkom nie

Bs ·

Hy moet besef dat hy nêrens meer welkom is nie. Hy is loshande die swakste president wat SA nog gehad het.
En die skandaligste.

Johann ·

Engelse gesegde: ” Inyour face ZUMA!!!!!” Ergste is hys te dom astrant om te besef wat dit van en vir hom sê! Te gefokus op sy eie bose planne om hom en sy handpoppe in beheer te hou.

huggy bear ·

Aijajai, wat n neerhalende, beledigende klap in die gesig vir Mnr Z, komende van die familie van eertydse medegevangene vryheidsvegter op Robbeneiland na die Rivonia verhoor 1963/4.
Die laaste gedeelte van die opmerking is suiwer geskiedkundig en kan gestaaf word.

Beyers ·

Mooi man. Die res van die wereld dink ook nie veel van hom nie. Behalwe die gemors wat hom aanhang soos Bashir El Ashid vir wie hy wegkruiplek hier gegee het en natuurlik sy Gupta Maatjies. Die Guptas kan hom ook nie respekteer nie want hy is ‘n pion in hulle hulle hande. hulle maak met hom soos hulle wil.

My tweesent bydrae ·

Al waar hy nog welkom is is by die Guptas en by Brian .

WitBlits ·

Soos ons in Afrikaans sê “meng jou met die semels en dan vreet die varke jou op” en ek hoop numba1 kry die boodskap dat mense nie meer met hom geassosieer wil word nie!

Scalla ·

Dit moet seker sleg wees as jy nie meer welkom is by jou comrades nie, selfs hul besef dit, meng jou met die semels dan word jy gevreet

Heinrich ·

Die enigste begrafnis waarvoor ou zoempies hard werk is die begrafnis van Suid Afrika!

Alida ·

Donkie stamp sy kop elke keer en st 3 ook. Dank vir Gordan af dan kyk jy Zuma wat gebeur of is jy daarvoor ook te dom.

jaco ·

Ongelukkig was Kathrada ‘n Indiër en dus’ volgens huidige ANC-praktyk, ‘not black enough”. Sy kritiek teen Zuma het dus niks verander nie. Wat ek voor hoop is iemand van die “regte” ras en met groot invloed in die ANC wat vir Zuma kan uitjaag. Oud-ANC freedom fighters wat nou te oud is, buite die altiewe politiek is en van die “verkeerde” ras is, se kritiek teen Zuma gaan after niks help nie.

Alida ·

Die stortkop is nerens welkom nie. Hy is soos iemand wat ‘n stink wind los in ordentlike geselskap. Onwelkom.

anton ·

Hoe kan zuma se dat die dood van Kathrada n groot verlies is vir ”alle” Suid- Afrikaners????
Hy kan beslis nie namens my so n uitspraak maak nie!!!!

Well done ·

Well done aan ‘n familie wat die eer van hul onslapene beskerm en eerbiedig. Sterkte met jul verlies en reelings. Jul is ‘n voorbeeld van standpunt inneem teen wat verkeerd is, soos Mnr Kathrada reeds laasjaar al duidelik gemaak het, Zuma & Kie is op die verkeerde pad, maar slim soos altyd sal eers luister as hy hard en duidelik geval het.

Boerseun ·

Geagte Maroela,

Waar kry julle die inligting. Soos ek die storie verstaan (van nuus uitgewers) kan Zuma gaan maar is gevra om asb nie n toespraak te maak nie (sien Citizen).

Janie Monsieur ·

Dagsê Boerseun,

Dankie vir jou kommentaar. Die inligting is bevestig op die presidensie se amptelike webtuiste. President Zuma sal dus nie die begrafnis bywoon nie, soos deur die familie versoek.

Groetnis
Janie nms. Maroela Media

Darius Els ·

Die top ses van cANCer is net so dom,onnosel .Hulle beskerm en hou hom daar.

Johann ·

En nou ANC? Gaan julle weer sê Zuma is net as president nie welkom nie? Maar mag wel as ANC president gaan? Maar hys te besig om sy arms tot onder sy ken in die staatskiste te druk om om te gee! WAARS DIE ANC wat homself roem op eenheid? Ek sou myself skaam tot in die afgrond as n land se geskiedenis deurspek is van my skandes! Zuma: nie eers in die dood is jou walglikheid welkom nie!

oumie ·

Definitely ook nie by myne nie sal sy naam byvoeg by n paar mense wat ek nie by my begrafnis soek nie

Bert ·

Hopelik kry Zupta nou die boodskap dat hy nie welkom is by sy eie kaders nie en vat sy baadjie en loop. Hy moet dan sommer sy 6 nuttelose adjudante saamvat en verdwyn.

Hendrik ·

Hy was belangrik vir die meerderheid en die demokrasie…

Christo ·

So jammer dat een persoon soveel skade, en skandes oor Suid-Afrika bring. Waar is die mense wat verkies is deur ons, staan op Suid-Afrika neem hande en maak van ons weer n land van respek en kry leiers met integriteit waarna ons kan opsien.
Mnr Pravin Gordhan jy is n man van staal en integriteit . Kom Suid-Afrika kom ons staan saam voor ons land nog meer die afgrond ou n gestuur word

vermeende ·

christo, ek voel dit sommer aan dat jy n DA aanbidder is, shame vir jou!

andre.furstenburg ·

Eertydse sg Generaal van hul nkonto .. watookal

andre.furstenburg ·

Eertydse sg Generaal van hul nkonto .. watookal blameer hulle glad nie om hom te vermy .. was daai jare al verdag .. hulle weet dit

andre.furstenburg ·

SG generaal van hul beweging was daai jare al verdag .. hulle weet dit soos malema se wat behoort te weet z is n skelm

LMF ·

Dit moet darm helse klap in die gesig wees as iemand jou nie op n begrafnis soek nie maar hy het seker gedog die stortkop het afgeval eina wonder of sy kop groter kan swel of dalk is daar nou knop in die holte van sy brein

marie ·

Julle, ek raak bang. Die goeie ouens gaan dood en die res bestuur die land in die afgrond in sonder veel teestand. Maar, ek glo ons Afrikaners sal eendag ook vir die ANC stem (na Zuma se era), want die res is gevaarliker as ons miskien ooit sal dink. Die EFF wil net vat wat iemand anders sn is en die DA wil jou wapens vat en die beter ANC wees, pasop maar, aan die einde is iemand wat sterk is soos die ANC meer onskadelik as iemand wat sterk wil word. Kyk nou die Zille debakel, sy is onskuldig en mag n opinie he maar word deur die DA gekruisig. Malema mag se die land was beter af onder apartheid, so waar is die grense wanneer iets nie gese mag word of nie. In elke geval mag almal se wat hulle wil volgens die konstitusie, so Zille was nie verkeerd nie.

Hendrik ·

Marie ek dink ‘n mens moet die hele S.A. uit ‘n ander hoek uit bekyk. Tans beteken die huidge demokrasie niks vir minderheidsgroepe nie. (Selfs die liberale Zille het dit in gister se tweet erken). Daar is fundamenteel iets verkeerd met die grondwet waar all mag net in Kaapstad gesentreer is (ala grondwet kenners Prof Koos Malan/Prof Danie Goosen) e die grondwet (KODESA 1994) laat die president toe om alle artikel 9 instansies (Mogoeng Mogoeng hoofregter, Nationale Vervolgings eenheid – Abrams, almal kaders van Zuma) se hoofde te kies. Kort en lank hy beheer alles en hy het ongelooflige mag. Die ANC het soveel mag dat hulle kan doen wat hulle wil en sonder om die grondwet te verander. My punt is dat daar is nie goeie ouens nie en daar ons grondwet is swak. Hierdie land se kiesers kies ‘n swak leiers en daar is niks wat hierdie forum of enige verantwoordelike minderheid by ‘n stembus kan verander nie.

Pieter J ·

Waarom verdra SA nog steeds die Guptas en Zuma. Daar is beslis ander kapitaliste in SA wat hartlik saamspeel om die ekonomie in hierdie land na willekeur te manipuleer. Moenie verbaas was as daar ekonomiese leiers (kwansuis) en ander sogenaamde voortreflike besigheidslui, ook deel is van hierdie gemors nie.

Johanna Botha ·

Begin die idee kry as mens na die reaksies kyk dat Zume nie meer welkom in SA is nie

GES ·

Kan hy nie besef dat hy nêrens meer welkom is nie en net gaan ….??? Dikvelligheid het nuwe betekenis gekry met hom saam. Wat ‘n verleentheid vir SA.

Arie ·

Wat n beledigende is tog nie nou uit gedeel nie.

Die PRESIDENT VAN SUID AFRIKA word FORMEEL VERSOEK OM NIE DIE BEGRAFNIS van sy eertydse “comrade in arms” BY TE WOON NIE.

Ek sou my hoof in skaam te laat sak het vir ten minste drie tot vier dae na so n formele belediging

Arie ·

Wat n beledigende is tog nie nou uit gedeel nie.

Die PRESIDENT VAN SUID AFRIKA word FORMEEL VERSOEK OM NIE DIE BEGRAFNIS van sy eertydse “comrade in arms” BY TE WOON NIE.

Hy behoort sy hoof in skaamte te laat sak het vir ten minste drie tot vier dae na so n FORMELE belediging

DB ·

Achmed,Jacob,Nelson….,,,
Almal uit selfde rol lap gesny.
Sommige se reklame is net beter.
Maak oop julle oë en sien hulle het almal ń smaak vir die ondergrawing van ons volk.

Stefaans ·

Kan iemand my asb. inlig – wat is ‘n “strydos”?
Zuma is beslis nie een nie, want hy het ‘n magdom kinders by verskeie vroue.

piper ·

hoe die DA die zille ding hanteer gaan die DA baie seer maak. die DA moet baie mooi dink wat hulle doen. baie van die blanke DA stem is nou verlore en nog meer gaan volg as die saak nie beter hanteer word nie. self van my engelse vriende meen hulle stem mou eerder VF+ en nie meer DA nie.

SARIE VAN HEERDEN ·

As ek behandel is soos wat die Kathtradafamilie Zuma behandel het het ek my kop in ‘n gat gedruk en ‘n groot klip voorgerol. Wat ‘n vernedering vir die ZERO president van ‘n land. Zuma se dikvelligheid gaan alle moontlike ordentlikheid te bowe. Terloops, Ek sien nou net op die internet die groot paddaplaag in Australie waar padda’s so groot soos katte amok maak in die land. Dik vet opgeblaasde padda’s met ‘n skurwe slegte vel en oe aan die kante van hul gesigte net bokant die slape.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.