Zuma: Niks ‘spesiaals’ aan vergadering

Pres. Jacob Zuma (Foto: GCIS)

Pres. Jacob Zuma het gesê mediaberigte dat hy die ministers na ʼn spesiale kabinetsvergadering ontbied het, is nie waar nie.

Volgens Zuma is die vergaderings wat vandag plaasvind roetinevergaderings van kabinetkomitees wat maande vooruit geskeduleer is.

Hy het gesê die kabinet was in reses en het verlede week bedrywighede hervat met die kabinet-lekgotla. “Die vergaderings van kabinetkomitees vind op Dinsdae, Woensdae en Donderdae plaas.”

Volgens Zuma woon ministers en adjunkministers dié vergaderings by terwyl kabinetvergaderings slegs deur ministers bygewoon word. ʼn Kabinetsvergadering sal volgende week plaasvind. “Daar is niks ongewoon of buitengewoon aan die vergaderings nie.”

Dit kom nadat eNCA Dinsdagoggend berig het dat Zuma sy ministers vir ʼn vergadering ontbied het.

Jessie Duarte, adjunk-sekretaris-generaal van die ANC, het vroeër Dinsdag tydens ʼn mediakonferensie bevestig Zuma se toekoms is in diepte bespreek tydens gister se vergadering van die party se nasionale werkkomitee (NWK). Die saak is toe na die nasionale uitvoerende komitee (NUK) verwys om ʼn besluit te neem. Die NUK vergader Woensdag in Kaapstad.

Duarte het in reaksie op ʼn vraag hoekom die NUK se vergadering so kort voor Donderdag se staatsrede plaasvind, gesê die feit dat daar nog nie ʼn besluit oor Zuma se toekoms geneem is nie, veroorsaak verwarring en dat dit dus belangrik is om so gou moontlik ʼn besluit te neem.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

3 Kommentare

Johann ·

Se die een wat JUIS special needs het! O ja, hyt homself reeds gehelp om hom en sy harems en kaders se needs te bevredig…..

Johanna Botha ·

As die butternut ontken moet jy weet dis waar ….just GO ! Die dom man het allles verongeluk !

Elsa ·

Die man dink hy is briljant maar eintlik is hy onbekwaak, ontruim jou kantoor zuma en spaar jouself baie verleentheid…

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.