
Oudpres. Jacob Zuma in die hooggeregshof in Pietermaritzburg (31 Januarie 2022) (Foto: Jerome Delay/Pool/AFP)
Jacob Zuma weier oënskynlik om te berus by die Pietermaritzburgse hooggeregshof se besluit om nié van adv. Billy Downer ontslae te raak nie.
Die oudpresident se regspan het nou ’n petisie by die appèlhof ingedien rakende regter Piet Koen se vorige uitspraak dat Downer nié in Zuma se korrupsiesaak as hoofaanklaer verwyder mag word nie.
Koen het ook later Zuma se aansoek om verlof tot appèl teen dié uitspraak van die hand gewys.
Luidens ’n inskrywing van die Zuma-stigting op Twitter, het die oudpresident se regspan nou ’n petisie by appèlhof ingedien teen Koen se aanvanklike uitspraak, Koen se weiering van die appèlaansoek en sy weiering van die aansoek om nuwe bewyse in die saak aan te bied.
Zuma en die Franse wapenvervaardiger Thales staan tereg op aanklag van onder meer bedrog, korrupsie en rampokkery. Zuma word ook daarvan beskuldig dat hy omkoopgeld van Thales ontvang het.
Zuma het Downer aanvanklik van vooroordeel beskuldig en ’n aansoek gebring om hom as aanklaer in die korrupsiesaak te laat verwyder. Koen het egter dié aansoek in Oktober verlede jaar van die hand gewys en bevind Zuma se bewering is grootliks bespiegelend en ten beste gegrond op ontoelaatbare hoorsêgetuienis.
Zuma en Thales pleit onskuldig op die aanklagte teen hulle in ʼn saak wat al langer as 20 jaar sloer.
The legal team of H.E President Zuma has lodged the petition at the SCA against PMB HC.
The petition against:-
* Dismissal of the plea to remove Downer in the criminal trial.
* Refusal of the appeal.
* Refusal of the application to introduce new evidence.https://t.co/1jXZ4uScZj— JGZuma Foundation (Official) (@JGZ_Foundation) March 9, 2022
O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.
41 Kommentare
En êrens is daar ‘n sucker wat baie regskostes borg; want ek is seker hy betaal dit nie self nie. Dis verkeerd op soveel vlakke dat hierdie skelmstreke so geborg kan word terwyl almal weet dat hy skuldig is.
Lekker in Afrika , hier werk ons mos op n kalender en nie n horlosie nie.
Ek wonder net wie betaal vir al die regskostes , want ek reken dit beloop miljoene rande.
Wanneer gaan ons van Zuma verlos wees?
Round and around we go. ????
Hoekom entertain ons regstelsel hierdie sirkus? 20-jaar en steeds word ‘n opperste krimineel toegelaat om ‘n bespotting van die regstelsel te maak…