Zuma onderteken wet wat kabeldiewe wil hokslaan

Argieffoto

Argieffoto

Strenger strawwe staar diewe wat noodsaaklike infrastruktuur soos koperkabels teiken in die gesig nadat pres. Jacob Zuma ʼn wysigingswet onderteken het.

Die presidensie het in ʼn verklaring aangekondig dat Zuma die Wysigingswetsontwerp oor Strafsake bekragtig het. Volgens die presidensie maak die wysigings voorsiening vir infrastruktuurverwante-misdrywe. Die wet stel strenger bepalings vir onder meer die toestaan van borgtog en die vonnisoplegging van oortreders.

Die wysigingswet kriminaliseer skade aan of vernietiging van noodsaaklike infrastruktuur wat kan inmeng met die verskaffing van basiese dienste aan die publiek. Diegene wat onder die nuwe wetgewing skuldig bevind word, kan tot 30 jaar tronkstraf gevonnis word of ʼn boete van tot R100 miljoen opgelê word.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

20 Kommentare

M A ·

Verskoon my, maar is dit nie ‘n bietjie laat nie? Ek glo nie daar is enige kabels oor wat gesteel kan word nie. In elk geval nie in ons omgewing nie.

Wynand van Romburgh ·

Wanneer word daar ‘n wet bekragtig wat strenger optree teen plaasaanvalle en moorde????

B. Fourie ·

Hy ht verseker nie self daaraan gedink nie. Kan die straf nie oorweeg word vir plaasmoorde nie, mense se lewens is verseker meer werd as.koper.

Rietrot ·

Wette werk nie in ons land nie. Steel gaan hul nog steeds steel.

Albie ·

Ekan nie glo Zuma tken n wet waarvoor hy self vervolg moet word nie! Hy is die grootste vernieteger van infrastuktuur! Hy moet maar self 30 jaar sit vir alles wat hy vernietig het en dan sommer 100 miljoen ook terug betaal wat hy gesteel het! Moenie eers praat van al die ander korrupsie en diefstal van zuma nie!

Nico K ·

Dit help nie om die wette strenger te maak of die strawwe swaarder nie. Dit gaan nie help om hulle te vang nie. Die enigste oplossing gaan wees om die verkoop van 2de handse koperkabels te verbied.

EMK ·

As hy murg in sy pype gehad het, het hy dit LANKAL gedoen. Nou probeer hy gou bietjie “brownie points score” na sy afgryslike blapse mbt die minister van finansies debakel.

Neels ·

Die strenger straf is na die misdaad klaar gepleeg is. Die besit van ongeisoleerde koper draad of kabel, sonder die nodige permit (permit aleen vir gerigestreerde elektrisiens) moet ‘n misdaad wees en die koper sal verbeurt verklaar word. Die besit van die ongeisoleerde koper tot ‘n maksimum van 2kg sal nie ‘n misdaad wees nie. Die kern is dat selfs die aard-draad met isolasie verkoop word. ‘n Skroot-werf mag nie geisoleerde koper koop nie. Die kern woorde is “ongeisoleerde”, “5kg”, “gerigestreerde elektr.” Die genoemde bepalings sal die misdaad by die begin vasvat.

Neels ·

Net ‘n fout reg stel ” ‘n Skrootwerf mag net ongeisoleerde koperdraad koop.”

Eddie ·

Aai ou Zuma miskien as jy minder rondrits in ander lande sal jy agter kom wat in jou land aan die gang is(Sorry amper jou gewese land Ha Ha). Zuma as jy mooi opgelet het in die klas is mense se lewens meer werd as n stuk koper draad. Miskien moet jy die wet wysig op moorde en diefstal voor jy op ander plekke probeur slim wees. Kom luister nou na die oom en maak moord op wittes 30 jaar en een miljoen en nog n honderd en n klomp nulle agter dit. Dan het jy nou iets amper reg gekry. Anders vat jou pie en waai.

Frans ·

Om net die diewe te vang en straf is net een kan t van die saak,sluit die ontvangers van die kabels saam met hulle toe en straf hul net so swaar ,dan sal die aanvraag daarna hopelik verdwyn.

Was afgelope 3 dae sonder telefoon of ADSL want dit word mos Kersfees en diewe vind
koperkabels ‘n maklike teiken,want hul gebruik bakkies en ruk dan die lang gedeeltes van die kabel maklik uit.

Wonder bo wonder het telkom herstelwerk oor die naweek begin want soos operateur van die inbelsentrum sê die herstellers verdien graag oortd so kort voor Kersfees.

Dit het by my die vermoede en dit is wat dit is en niks meer nie,laat ontstaan of diewe en herstellers nie dalk saamwerk nie, ‘n soort van een hand was die ander. Of is ek nou net te gou agterdogtig?

Duifie ·

daar is net een way verwyder(kap) vingers en hande wat steel en bring die doodstraf terug vir die wat moor want die tronke is te vol.

Rietrot ·

As die misdaad klaar gepleeg is praat die omkoopgeld weer ens, Geld wat stom is maak reg wat krom is.

osmeyer ·

Maak Zuma kersvader dan weet ons hy niks doen nie en dit sonder betaling

Ludwig ·

Slaan die ontvangers en kopers van daardie gesteelde kabels net so hard. As hulle die goed nie koop nie, sal die diewe geen afsetpunt hê nie. Hier by ons “spog” die mense dat hulle R47 per kilogram vir die gesteelde kabels betaal word. Nou pas weer is by twee geleenthede ‘n hele plaaslyn van die grootpad af na plase toe eenvoudig gesteel deur die kabels by die paal af te knip en die punt dan aan ‘n bakkie vas te maak,en dan die hele kabel uit te sleep. Dit kan tog nie binne minute gedoen word nie Die groot vraag is: Wie is die kopers? Vind hulle en slaan hulle hard.

Reinhardt ·

Vir diegene wat so negatief en altyd iets sleg te sê het: Wat van wees bietjie bly dat hy uiteindelik iets doen, al is dit laat. Ek sê nie hy doen n goeie werk nie, maar dit is n stap in die regte rigting. En indien julle dink koperdrade is minder belangrik as ander…dink weer. Dit het n uiterse negatiewe impak op ons land se ekonomie. Elkekeer waneer treine nie kan beweeeg nie, dan kan duisende mense nie deelneem aan die ekonomiese bedrywighede van die dag nie.

Maar ek stem saam met wat Frans hierbo sê – dis slegs eenkant van die saak. Die mense wat die koper koop moet net so hard gestraf word. Dit is al manier hoe ons dit kan stop.

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.