Zuma: ‘Onpatrioties om land te kritiseer’

Pres. Jacob Zuma spreek die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) toe (9 November 2017). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Pres. Jacob Zuma het Donderdag ʼn beroep op Suid-Afrikaners gedoen om patrioties te wees en nie hul land te kritiseer nie, maar eerder saam te werk om ongelykheid te beveg en die invloed van apartheid ongedaan te maak.

“Ons het ʼn verantwoordelikheid om hierdie land ekstern te bevorder en enige probleme intern op ʼn patriotiese en verantwoordelike manier op te los,” het Zuma in sy toespraak aan die parlement se Nasionale Raad van Provinsies gesê. “Om Suid-Afrika aan te val en sleg te praat wanneer die land op sy kwesbaarste is, is onverantwoordelik, veral as dit deur Suid-Afrikaners self gedoen word.”

Die president het daarna as die regering se prestasies ʼn lys van gratis dienste opgenoem wat deur die regering aan armes verskaf word, insluitend maatskaplike toelae, gratis en gesubsidieerde behuising en gesondheidsorg, gratis basiese onderrig vir arm kinders en gratis munisipale dienste.

Pres. Jacob Zuma spreek die Nasionale Raad van Provinsies (NRP) toe (9 November 2017). Foto: Elmond Jiyane, GCIS

Volgens Zuma is armoede die gevolg van ʼn moeilike ekonomiese klimaat en die nalatenskap van apartheid “wat ʼn reusegaping tussen die rykes en armes veroorsaak het”.

“Ons weet dat baie van die bevoorregte klasse kwaad raak wanneer ons praat van die realiteit van die apartheidnalatenskap omdat hulle wil hê dit moet vergeet word. Ons sal voortgaan om hard te werk om die afskuwelike impak van hierdie nalatenskap uit te wis,” het hy gesê.

“Dit is wel so dat die inkomstevlak van ʼn wit huishouding ses keer hoër is as dié van ʼn swart huishouding. Ons moet saam staan en veg teen hierdie ongelykheid omdat dit ʼn ernstige impak het op ons pad na versoening en die verbetering van lewensomstandighede.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

24 Kommentare

Nico K ·

Hy het geleer by Robert Mugabe. Mugabe het in 2000 besef hy gaan die verkiesing verloor. Toe doen hy een ding wat hy weet dan sal niemand in Afrika ooit teen hom draai nie. Hy blameer al sy teenstand op kolonialisme/apartheid.

kat ·

Jy is onpatrioties – nie ons nie!!! Ons probeer die land red – nie JY nie.

Manie ·

Maar daar is nie fout as jy en jou kaders die land leeg steel. Jy’t n baie selektiewe patriotisme. Of wou julle aan die bewind kom om die land leeg te steel soos die res van Afrika

Grassie ·

Hierdie toespraak is beslis die ergste graad van arrogansie wat ek nog ooit gesien het. Hy staan daar met ‘n vroom gesig (ek wou ‘n meer gepaste woord gebruik wat MM nie sal plaas nie) en beskuldig die “nalatenskap van apartheid” as die oorsaak van die ellende in die land wat deur sy vrot regeringstyl en korrupsie veroorsaak is. En die “peoples” gaan hom nog wragtig glo ook. Hy, teen wie daar 783 bedrogsake hangende is, oor wie daar ‘n hele boek geskryf is om sy wandade te ontbloot, wat die land se ekonomie in ‘n woestyn in geplunder het. Sy vermetelheid ken geen perke nie. Die feit dat sy partygenote hom nie al lankal by die agterdeur uitgegooi het nie laat my wonder of daar enigsins hoop is vir hierdie land.

Cornelius Robbertze ·

Ons Werk vir ons goed en het dit nie verniet gekry nie. Daar sal altyd n ongelykheid wees. Dink net bietjie as dit moontlik is.

B-man ·

Daardie wit huishouding hoef net vir 2.34 kinders te sorg… sonder ‘n toelaag.

Elke Janse van Rensburg ·

Liewe Pres. Zuma

Ek stem saam met wat jy sê: dat mens nie die uitwerking en nadraai van Apartheid moet geringskat nie, sou jou dade ‘n weerspieëling wees van jou woorde. Sou iemand met karakter en integriteit, ‘n ware leier, dit kwytraak, sou ek dit beaam.

Ongelukkig is jy NIE ‘n ware leier nie en ook nie eens ‘n persoon wat kan roem op edele karaktereienskappe nie.

Ek moet ook noem dat ek nie die berig verder gelees het as “dat ons patrioties moet wees” (paragraaf 1) en ons “verantwoordelikheid moet nakom”
(paragraaf 2). Toe sien ek rooi!

Soos altyd, liewe President, veroorsaak jy hewige reaksies by mense. Waarom kies jy keer op keer om te verdeel, onmin te saai, op te sweep en af te breek? Jy het soveel geleenthede gehad om ons land tot nuwe hoogtes te neem.

Steek bietjie hand in eie boesem. Put your money where your mouth is. Ons soek ‘n leier, President Zuma, na wie ons kan opkyk…

… Maar dit is nié jy nie!

Cherokee ·

Patriotisme sou nie die Guptas aan die stuur van die stelse geplaas het nie.

Ongelukkig ·

Abselute bog hoe vinnig het die Anc se ministers herstel na apartheid, hulle is almal skatryk hkm deel hulle nie uit vir die armes nie. Ons betoog gaan oor brutaliteit teenoor ons boere. Wil graag sien waar gaan hierdie land kos kry as daar nie meer boere oor is nie. Hulle moet eerder die landelike gebied probeer ondersteun.

bgj van der westhuizen ·

al tyd die wit man se skuld raak wakker en begin doen jou job waar voor jy baie geld kry wand as jy en jou maakies dalk minder van die koek vat dan kan daar al baie gedeon gewees het net n slegte president en regering wat te swak is en nie weet wat hulle doen nie

Johannes van Staden ·

Hy is die man wat alles mos aflag en oor alles giggel …as hy maar krities was ..maar hy is nie ! A traditionalist TRYING to run a Capitalist country ….DIS ONS PROBLEEM !

Oom Piet ·

Verbysterend verstommend!

Het President Zuma voorgelees uit die oud NP (apartheid regime) se handboek van goedgekeurde toesprake/ aanhalings, na die ANC wereldwyd gaan aanklop het vir hulp en bystand teen die toe ook eieregtige, erg korrupt en oordonderende regering, nie teen die land of sy goeie mense nie.
“Almal het die verantwoordelikheid om Suid Afrika ekstern te bevorder en enige probleme intern op patrioties verantwoordelike wyse op the los. Om Suid Afrika aan the val of sleg te praat wanneer die land op sy kwesbaarste is is uiters on-verantwoordelik, veral as dit deur Suid Afrikaners self gedoen word, inaggenome die enorme hulpverlening van die Regering names die Staat aan die armes en agtergeblStaats in die land, bv vry nuwe behuising met eie lappie grond vir vele miljoene behoeftiges met nabygelee water, riool, krag, oorhoofse beligting, toegangs paaie, vervoer, vry skole, ensovoorts vir eie onderlinge ekonomiese opleiding, ontwikkeling en opbouing ”

Rillende historiese herhaling met erger korrupsie en Staats Instansies kapings.

Wally Olivier ·

Meneer die President. Die meeste mense in die land doen presies wat jy vra maar jy wil he ons moet stil bly oor korrupsie,staatskaping,moord,verkragting en rassehaat veral teen die blankes. Wat doen jy meneer die President omtrent alles wat ek hierbo noem. Die spreek woord se “lead by example”.

Van ·

Vra weereens…………….wie hou apartheid and rassisme lewendig………………net die regering! Hulle het geen ander troefkaart/e nie.

Cacophony ·

Kritiseer ou regering en jy is onpatrioties. Kritiseer nuwe regering en jy is onpatrioties.
Damned if you do and damned if you dont. Dis altyd ons die man op straat wat afdinges in die politikus se smag na mag en natuurlike die ever present mighty rand. Different government same excrement

Hettie ·

Probeer n slag n ander deuntjie sing Die intellektueles-weet al hoeka van beter Wit en swart.

CHRISTA ·

Zuma, as jy ongelykheid wil beveg moet jy ten EERSTE vir ELKE familie in hierdie land ‘n R250miljoen huis bou!!! 99,9% van die RYK BLANKES in Suid-Afrika besit NIE so ‘n huis nie!! So, trek hou hande uit jou moue uit en BEGIN BOU!!!

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.