Zuma: ‘Ons kan nie vir al die studente betaal nie’

Zuma in Nairobi, Kenia. Foto: Elmond Jiyane

Zuma in Nairobi, Kenia. Foto: Elmond Jiyane

Pres. Jacob Zuma moes Dinsdag tydens sy staatsbesoek aan Kenia bontstaan om vrae oor die #FeesMustFall-beweging te antwoord tydens ʼn mediakonferensie in Nairobi.

Zuma het tydens die mediakonferensie beklemtoon dat die regering nie vir alle Suid-Afrikaners kan betaal om hoër onderrig te ontvang nie. Hy het gesê die regerende ANC-party se beleid is baie duidelik dat gratis onderrig net vir die armes en dié wat kwesbaar is, en nie vir die werkersklas wat dit kan bekostig nie.

“Dit sal as ʼn regering baie moeilik wees om te betaal vir ʼn kind wie se ouers die middele het om te betaal. Dit sal nie sin maak nie. Ek dink nie daar is enige regering in die wêreld wat dit sal doen nie,” het Zuma gesê.

“Ons wat kan moet die stelsel ondersteun tot voordeel van die land. Dit is wat ons sê. Dit is ons posisie en dit is waaroor ons met die jeug praat.” Zuma het betogende studente gewaarsku en versoek om verantwoordelik te wees en nie eiendom te beskadig nie.

Hy het gesê die regering maak reeds voorsiening vir kwesbare studente en dat die regering sal voortgaan met vergaderings met belanghebbendes om seker te maak die kwessie word opgelos.

Universiteite regoor Suid-Afrika word sedert 19 September lamgelê nadat dr. Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangekondig het dat universiteite self hul verhoging in klasgeld vir 2017 kan bepaal, maar dat dit nie meer as 8% moet wees nie.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

29 Kommentare

Vra maar net ·

Ja, en wié het gratis universiteits opleiding beloof? Nie die DA nie, nie die belastingbetalers of die privaar sake sektor nie. Dieselfde anc van wie zuma die leier is. Dieselfde zuma wat haatspraak geuiter het en rassisme en geweld aangemoedig het. Dieselfde zuma wat by byeenkomste sing “we will kill “them” with our machine guns. Nou skielik wil hy vermanings rig.

Alida ·

Stem 100% saam met jou. Dit lyk my sy brein is aangetas en hy het vergeet van al sy beloftes. Hy moet terugkom en “face the music” pateet.

Ou Erdvark ·

Elke student wat kwalifiseer om die studierigting van sy keuse te volg, moet die reg hê op ‘n staatslening wat hy binne 10 jaar ten volle moet terugbetaal na beëindiging van die studie om welke rede ookal. Waarom diskrimineer teen studente met ryk ouers? Meeste van hulle wil mos ook onafhanklik wees van hul “ryk” ouers? En studente wat nalaat om hul staatslenings terug te betaal, moet krimineel vervolg word en hul name gepubliseer word.

charmaine ·

En wanneer kom hy dit toe agter? Volgende jaar as studente moet werf moet ons vra het jy n BA Graad in klipgooi of in brandstigting? Sien jou kry werk met dit op jou CV!

Maria van Dieweeck ·

Ja, bly liewer tuis, sodat ons nie nog verder hoef skaam te kry vir jou nie.

Jean ·

Hehe, ja ons weet dit . almal weet dit maar tog het jy die belofte jare gelede aan hulle gemaak om aan bewind te kom en om die top posisie in die land te kon beklee, nou is dit ‘pay back’ time en die mense aan wie JY beloftes gemaak het kom eis dit nou terug. Ons weet nog altyd dit is nie moontlik nie, jy dalk ook, maar tog was dit ‘n lekker wortel voor die neus vir die stemmers.. die ergste is, hulle het daarvoor geval.

Pierre ·

Nou maar hoekom se hy dit op n staat besoek en nie in SA nie. Soos gewoondlik weer nie mans genoeg nie anc?

Hennie ·

Zuma het verwagtinge geskep en dit so in die kraal van die EFF, wat gesê het hulle gaan die land onregeerbaar maak. Dit is gladnie meetbaar om te sê sommige kan dit bekostig en ander nie, wat het hy verwag?? Plaas hy kyk eerder daarna om beurse aan verdienstelikes toe te ken, dan kan dit beheer word as daar vir die oefening aanvaar word geen korrupsie nie (wat ‘n absurde stelling is in ons land). Jammer hy het in sy onversadigbare drang na ondersteuning ‘n uitlating gemaak van gratis hoër onderrig! Nou repudieer hy himself, natuurlik nadat daar gestem is.

T ·

Interesant dat hulle “KON” toe hulle die stemme gesoek het ….. hmmmmmm

Lance ·

Hy het om seker byna dood gegiggel op die vrae want alles is mos n groot grap ….soos hy self ..en ja ons lag vir jou want jy weet die wat om jou aangaan nie …maar baie goed met skelmstreke !

Yolandi ·

Ek is werkersklas en kan dit nie bekostig nie – gaan julle dan vir my kind ook gratis onderwys gee? Nee ek dink nie so nie want….
Ek val ook onder die armes – Ja ek werk maar my salaris is nie voldoende dat ek vir my gesin kan sorg nie – en nee ek het geen luukshede nie…. Geen TV, geen uiteet, geen fliek of kids vat vir `n swem nie….
Plaas gee hulle onderig aan die wat daar hoort – swart of wit, pienk of pers – as jy dit verdien om op universiteit te wees…

Johan ·

Ek stem saam met Yolandi, daar is baie wit mense wat werk maar nog steeds sukkel en dit nie kan bekostig om hulle kinders universiteit toe te stuur nie maar wat wil he dat hulle kinders die beste toekoms kan he ongeag hulle velkleur.

Doempie ·

so die kinders wie se ouers bydrae tot die staatskas dmv inkomste-belasting, mag nie die voorreg van gratis hoër onderring geniet nie?

lynette ·

Aangesien alle gesinne wie se jaarlikse inkomste minder as R600,000 is, dws R50,000 per maand, vir gratis studie in aanmerking kom, gaan amper elke kind gehelp moet word. Hulle beter vinnig besef dat nie elke kind universiteits kwalifikasies besit of geleerd kan word nie. Ek het op n salaris van net R60,000 pj wat n tiende is van bedrag genoem, lenings uitgeneem om my seun te laat studeer. Hy het n onderwys beurs gekry maar wou glad nie onderwyser word nie, toe leen ek geld en was nog nooit spyt nie.

Carlia ·

Daar is ‘n oplossing. Lei die onderwysers behoorlik op. Leer hulle om nie die leerders deur te sit en behoorlike dissipline op skool toe te pas. Gee hul weer die vryheid om weer in beheer van skoliere te wees. Geen skolier mag ouer as 20 wees nie. Teen die tyd wat hul Universiteit toe gaan, moet hul punte ook aan die standaarde voldoen. Indien nie, moet hy gaan werk soos enige normale mens en homself in sy werk verbeter deur kursusse. Maar o wee, ons land verval teen so ‘n spoed. Ek kan nie glo dat die magsbehepte meerderheid dink elke wit kind het vroëer jare gaan leeglê op universiteite nie. Nie al die ouers kon dit bekostig nie.

Ronnie ·

Uiteindelik sê hy iets. Die volgende stap is om dit amptelik aan die studente te sê, nie neerskryf of deur sy persoonlike woordvoerder bekend te maak nie. Gaan staan voor daardie studente en sê hulle wat jy nou net in Kenia kwytgeraak het. Ek wed jou dat jy ook sal weghardloop.

Henk ·

Met geen gewapende magte om geld op te spandeer nie het n land soos Costa Rica meer geleenthede om geld te bele in ander prioriteite soos onderwys, moet ons regering nie hulle voorbeeld volg nie of het hulle net een prioriteit ?

Ronel ·

My dogter is ‘n enkelouer. Sy het twee seuns wat sy deur die skool moet kry op haar salaris. Geen onderhoud vir enige van haar seuns nie. Sy kan nie die skoolfonds bekostig nie, maar betaal moet sy betaal. Geen selfoonkontrak, geen dstv, geen uitstappies niks! Gaan die staat haar ook help om haar kinders se skoolgeld te betaal? Wonder maar net!

Gilla ·

Ek sit in dieselfde bootjie. Ek sal deur hulle gesien word as “ryk”, maar ek kan nie bekostig om my kind volgende jaar te laat studeer nie….en pappa het die studiepolis laat verval. Nou is dit ook skielik dat hy dit nie kan bekostig nie. Nou hoe maak ons nou? Maar eerlik, soos wat dinge tans gaan, sal ek my elke dag morsdood bekommer oor my kind op universiteit. Eerder dan maar aanlyn studeer, pos, of inwerksopleiding.

Outop ·

Ek weet ongelukkig nie waar anders om hierdie kommentaar te lewer nie.
Ek moes vanoggend in Baviaanspoortweg wees en wou van die Stormvoelafrit gebruik maak maar is gelukkig vooraf gewaarsku dat daar OOK ‘n versperring is. Minder as 30 mense het die op- en afrit van die N1 suid versper. Nodeloos om te se dat die verkeer op al paaie in die omgewing tot stilstand gekom het. Duisende manure het verlore gegaan, om nie te praat van al die vermorste brandstof nie. Dit het hierdie ou landjie van ons seker miljoene gekos.
Kon die belhammels nie maar verwyder en toegesluit word nie? Daar het net enkelle polisielede rondgestaan en geen poging aangewend om die verkeer te laat vloei nie.
Ons moet nou maar weet dat dit nie beter sal gaan in die toekoms nie en dat elkeen wat een of ander grief het net kan doen wat en waar hulle wil

Liza ·

Ek wonder of hierdie dalk kan werk??
Gee vir die studente dieselfde persentasie afslag wat hy kry in `n vak. Met ander woorde hul werk vir hul afslag en goedkoper onderrig kan dan bereik word. Kry Piet 50% afslag is dit goed want hyt daarvoor gewerk. Kry Sipho 90 % afslag is dit ook great. Niemand kan dan vinger wys nie. Daar is nie `n manier wat jy `n skelmstreek so kan inkry nie – dink ek??? NIKS IN DIE LEWE IS VERNIET NIE!!!!!

Irene ·

Shame hy se hulle moenie plekke beskadig nie eers vandag die plekke is alreeds baie beskadig plaas dat hy self met studente gaan praat nou doen hy dit in a ander land

Ek ook ·

Ek is ook werkersklas en myne moet ook gratis wees en ek soek vergoeding vir alles wat ek noual betaal het, wat niks werd is sonder die graad, wat veroorsaak is deur hul nuttelose stakings.

Dalla ·

ek hoor vanoggend op radiovergelyk hulle SA en die titanic en die #feesmustfall veltog as die ysberg..een verskil vir my tussen die Titanic en die land is die Titanic se ligte was DARM NOG aan toe hy gesink het.
hulle brand nou n biblioteek vir gratis onderwys ,kry hulle dit dan brand hulle n koshuis want daars geen biblioteek nie kry hulle n biblioteek brand hulle nog iets oor daar nie behuising is.dit is n never ending battle.een oplossing ,weg geweld met geweld.as iemand n klip gooi na n gebou waar mense in is stel hy hulle lewens in gevaar.skiet hom met lewendige ammunisie .dan sal hulle 2 keer dink voor hulle klippe gooi na poliesie toe of onskuldige mense leed aan doen.inteendeel daar sal geen betogings met vandalisme en saak beskadiging wees nie……dis maar net my opinie.

E ·

Ek stem heelhartig saam met ons president. Hulle kan beslis nie die studiegelde bekostig nie. Na Nkandla se opgraderings, duur vervoer middels en hoë salarisse is daar ongelukkig nie veel oor nie.

Ekke ·

Alles goen en wel, maar dan moet studente wat wel bereid is om te betaal voorkeur kry by keuring vir sekere studie rigtings.

Anoniem ·

Ek kan nie eers behoorlik kos op my brod bekostig nie…maar my velkleur gaan maak dat ek my kinders se studies moet betaal en dalk nog vir ander ook wat so staak en gemors aanjaag..wonder waarmee?

snoefie ·

m.a.w geen blankes kan gratis leer nie. bolle en bolle man. gratis hoEr onderwys kan vur niemand beskikbaar wees nie. gee leanings wat hulle binne vyf jaar na voltooiing van studies klaar moet betaal. of verkoop nkandla en betaal vir die onderrig daarmee.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.