Zuma: ‘Ons moet saam ʼn oplossing vind’

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Jacob Zuma. Foto: Flickr/GovernmentZA

Pres. Jacob Zuma het Maandag die imbizo oor hoër onderwys in Kempton Park geopen.

Rolspelers, onder wie visekanseliers, studenteverteenwoordigers en regeringsamptenare, het by die Emperor’s Palace bymekaargekom vir die imbizo. Zuma het tydens die opening van die imbizo gesê onderwys is ʼn maatskaplike kwessie en die regering kan nie alleen ʼn oplossing vind nie.

“Universiteite kan ook nie alleen ʼn oplossing vind nie. Ons moet saamwerk vir die toekoms as land en nasie. Onderwys is die topprioriteit in ons land. Dit is ʼn kragtige wapen tot ons beskikking om ons land ten goede te verander. Dit is ʼn kragtige wapen om vaardighede te skep wat ons sal help om sosio-ekonomiese transformasie en voorspoed teweeg te bring.”

Volgens Zuma is Suid-Afrika se universiteite van die mees gerespekteerde ter wêreld. “Ons loop die risiko om ʼn hele akademiese jaar te verloor indien ouers, studente universiteitsbestuur en alle rolspelers nie nou optree nie. Dit is hoekom hierdie saamtrek so belangrik is. Die keuses wat ons vandag hier maak, die posisies wat ons onderskryf en die leierskap wat ons verskaf, het die potensiaal om ons hoër onderwysstelsel te maak of te breek,” het Zuma gesê.

Volgens hom ontvang nege miljoen leerders gratis basiese onderwys. “Universiteite is die enigste wetlike instansies wat klasgeld kan bepaal en die regering het voorgestel dat klasgeld vir die 2017 akademiese jaar nie met meer as 8% verhoog word nie. Die regering het hom ook daartoe verbind om die styging in klasgeld volgende jaar te betaal vir arm studente – dié met ʼn huishoudelik inkomste van minder as R600 000 per jaar.”

Zuma het gesê ʼn geskatte 75% van studente sal hierdeur gedek word. “ʼn Bykomende R2,5 miljard word benodig om die ingryping te finansier. Dit is korttermynstrategieë sodat daar onmiddellik gereageer kan word terwyl daar na blywende oplossings gesoek word.”

Zuma het gesê die kommissie van ondersoek na hoër onderwys en die ministeriële taakspan wat deur Blade Nzimande, minister van hoër onderwys, aangestel is, moet toegelaat word om hul werk af te handel.

“Ons stem nie saam met diegene wat sê universiteite moet gesluit word terwyl ons oplossings soek nie. Ons stem nie saam met dié wat sê die toekoms van ons jeug en land moet op ys geplaas word nie. Ons stem ook nie saam dat universiteitsinfrastruktuur vernietig moet word om ʼn boodskap aan die regering te stuur dat onderwys in die land te duur is nie.”

Zuma het gesê die vernietiging van universiteitseiendom is ʼn skokkende kriminele aktiwiteit. “Ons het die polisie opdrag gegee om diegene wat studente se griewe misbruik om ernstige misdade op kampusse te pleeg in hegtenis te neem.”

Zuma het gesê die situasie wat tans op kampusse oor die land gesien word, het die potensiaal om die land se universiteite te vernietig. “Ons het die mag om dit te verander deur saam te werk. Kom ons neem Suid-Afrika saam vorentoe.”

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

36 Kommentare

rudi ·

Stadig maar seker word n graad minder werd as n ou matriek. Hoekom vra hul nie vir Soweto om te betaal vir krag nie. Met die geld kan hul meer beurse uitgee

Matmiet ·

Ek stem. Hier is my voorstel. Jy, Jakop. Moet bedank. Wat dink jy daarvan?

Jakes ·

Nie so kras en hard op die arme man, asb mense! Gun hom ‘ n kans. My vraag net: Waarom “imbizo” in Emperols palace, bbp karre en als- kon onder koelte boom gesels ook sonder koste. Biblioteke klaar afgebrand mos .

Alida ·

Hallo klaasvakie !!! Noudat alles afgebrand en verwoes is word No 1 wakker. Waar was hy toe die oproer begin het. Die man en sy troepe moet bedank en verdwyn sodat iemand met verstand kan oorneem en die land regeer.

Heleen ·

Die studente volg slegs die voorbeeld van hul voorvaders..onthou 1976?

Lalla ·

Jy het dit heeltemal mis Jakoppie, die regering wat gratis onderrig geadverteer het moet ‘n oplossing vind. Nie die arme belastingbetaler nie. Miskien is dit omdat jyself nie eers matriek het nie, dat jy dit nie sal verstaan nie.

Marianne ·

Hoeveel onse is in jou pond?????
Die storie gaan nie rande nie maar ponde kos!!!
Ek is nie een van daardie onse nie.
Baie jammer.

D ·

My liewe land. Klaasvakie jy het alles begin, nou soek jy hulp by ons.

Lance ·

Ag ASB dit terwyl hy self al die probleme veroorsaak ….hy is n joke en ek hoop hy voel die druk …wat ek ook dink nie mootlik is.

Anoniem ·

Eerstens…Wie gaan betaal vir al die skade wat deur studente aangedoen is….Ons regering moet…want hul het beloftes gemaak voor die verkiesing wat hul nou nie voor pa wil staan nie……
Tweedens….Ons regering moet maar pa staan vir gratis onderwys..Jul rol in die geld…Nie ons gewone landsburgers nie….Ons sal graag wil deel in gratis onderwys……..

Snuffels ·

Nou moet ons almal skielik bontstaan om ‘n oplossing te vind. Ek wonder wie het die vryheids liedjies uit volle bors gesing? Hy moet maar self hierdie probleme hanteer.

Johanna Botha ·

Goeie jimmel nou skielik is almal en ons betrek by die kabaal en moet help met n oplossing …ag neewat jy het die beloftes gemaak wat ons almal geweet het nie kan werk nie so ploeter maar voort want jy verstaan nie wat om jou aangaan nie. Kan ons asb met n nuwe prisedent kry wat eintlik op skool was en nie bokke opgepas het in die veld nie. Iemand wat tog net iets weet wat in die wereld aangaan en iets weet van geld en minder skelm is !

hans ·

Niks is gratis nie. Selfs die sogenaamde ‘gratis’ water en elektrisiteit wat aan mense gegee word,word deur die belastingbetalers betaal. Ons belasting vir 2015/2016 is verhoog om in 2016 sekere studente se studiegeld te betaal en dit gaan maar weer in 2017 gebeur-ons kan maar nie ‘wen’ nie.

Rynhardt ·

Zuma ja en Anc het Ondetwys en alle instellings in SA vernietig Nie net word universiteite deur jou eie ondersteuners vernietig nie, maar geweld kan uitkring na omliggende woongebiede in land, iets waarmee u as president nie rekening hou nie! Zuma, jy en jou kabinet dwing SA in verdere ellende! Ontbind liewer jou regering, want jul dimpel SA in groter gemors van chaos!!

PIETA ·

Zuma, sal nie eers weet as ‘n “oplossing” hom in die agterent byt nie….wat nog te se na ene soek.

Jakes ·

Pieta, op die kop! Ek wil ook soos die uwe 7,8mil verband by bank kry met niks sekuriteit! Hy en Rooiogie lyk my is wonder en towenaars.

Peter ·

NIKS is VERNIET NIE!!WERK daarvooren BETAAL daarvoor……VERAL DIÉ wat in hoë poste sit met merske hoë salarisse agv bevoordeling.

Arie ·

Luister na julle self net n paar opmerkings maar daar is klaar onmin te bespeur, ons kan met niks saamstem of saamstaan nie

pieter ·

Arie wat is jou punt.Ek sien al die komentare stem saam .NOMMER 1 MOET VLIEG EN NOOIT WEER TERUGKOM NIE.

Liewe heksie ·

Ek stem zumpie is die een met die minste graad agter sy naam ek hy is die oorsaak van al die probleme nou moet ons saamstaan vir n byt wat hy gevat het daar kan bietjie van sy salaris en die een wat hom gesponser het vir sy skuld aan taxgeld vraatsugtige nikswerd

Cherokee ·

Die een met die minste graad agter sy naam? Klink asof jy nie weet dat Jakop Zuma grade (meervoud) agter sy naam kan skryf. Hy het graad 1 en graad 2.

abba ·

Die oplossing dat Jacob moet waai. Gerbruik die geld wat die rsgering in die volgende jaar op KFC en karre wil gebruik en gee beurse daarmee. Ook al die onnodige reise moet stop. Daarmee saam moet die lamsak leiers van die universiteite vervang word.

Willie ·

Jakob jy moet die korupsie stop in die land, ja jy meneer, dan sal daar geld wees vir die studente.

Willie ·

Ek wonder net as almal se studies betaal gaan word hoelank gaan daar vrede en rustigheid wees voordat hulle weer eise het vir iets anders, miskien kleuterskole wat gratis opleiding moet kry.

abba ·

Jy praat n waarheid Willie. Skoolfonds. Graad sonder om te slaag

Piet Piper ·

Jy, Pres. Zuma, jy is een van die swakste skakels in die ketting wat die waens deur die driwwe moet trek vir ‘n voorspoedige nuwe Suid Afrika. Hou gouer jy dit wil erken en nederig wees en jou eie politieke denke wil vernuwe met nuutgevonde integriteit, sal Suid Afrika se mense jou moontlik ‘n 2 de kans gee. Ek hoop so !!

popeye ·

Of JZ nou onmiddelik gaan waai gaan min effek he…hy is ‘n groot probleem ja, maar die ANC – top, is grootendeels almal korrup so sy bedanking gaan min effek hê. Dit kan vertroue op die korttermyn ‘n hupstoot gee. Hier kom burgeroorlog vir tyd en wyl die bevrydingsorganisasie aan die stuur is…hulle kon bevry maar kan nie lei (bestuur) nie…ons gaan ly!

abba ·

Jakes ek het nou so gelag vir jou Rooi ogie. Jy slaan die spyker op die kop! Mooi man!.

snoefie ·

die oplossing is voor die handliggend. betaal of gaan werk. jou stakers mnr die president kom uit n omgewing daar daar bitter min belasting bydraes gemaak was. how kan hulle dus verwag om gratis onderrig te geniet. verkoop nkandla fsn Borg jy hulle onderrig.

hans brits ·

Die “ons”waarvan die een praat is seker sy mede kriminele.

John ·

Die studente se eise het hom ook weer aan die dink gesit. Hy praat eintlik van die luukse jet wat hyself begeer. Dis eerste in sy gedagte, die Freudiaanse ‘slip of the tongue…’

O wee, die gesang is uit! Die kommentaar op hierdie berig is gesluit. Kom kuier gerus lekker verder saam op ʼn ander artikel.