Zuma: ‘Ons moet Wes-Kaap terugvat’

President Jacob Zuma. Foto: SAPA

President Jacob Zuma. Foto: SAPA

President Jacob Zuma het Dinsdag aan inwoners van Nyanga in Kaapstad gesê die ANC moet die Wes-Kaap terugkry.

“Ons moet die provinsie terugvat,” het Zuma aan pendelaars by die Nyanga-treinstasie gesê. Zuma het Dinsdag in Nyanga en Phillipi rondgestap om voorbrand te maak vir die ANC se 103de verjaarsdagvieringe wat die week in Kaapstad plaasvind.

Zuma en sy gevolg van lyfwagte en swaar gewapende polisiebeamptes se eerste stop was in Phillipi waar hy deur ʼn klein groep inwoners gegroet is. Hilda Sekeleni (75) het aan die president gesê sy bly in ʼn twee slaapkamer huis saam met haar nege kleinkinders en dat haar pensioen nie genoeg is om vir die kinders te sorg nie.

Sekeleni het gesê die kinders deel ʼn bed en dat van hulle op die grond moet slaap. Volgens Sekeleni het Zuma gesê alles sal oukei wees. Op ʼn vraag aan Sekeleni of sy Zuma glo, het sy geantwoord: “Ek wil hom glo maar ek doen nie.”

Zuma het die inwoners genooi om Saterdag se byeenkoms by die Kaapstad-stadion by te woon om die ANC se totstandkoming te vier. Hy het hulle ook aangemoedig om die tydens die plaaslike verkiesings in 2016 vir die ANC te stem.

Zuma het gesê die Wes-Kaapse regering, waarvan die DA in beheer is, stel slegs belang om dienste aan die wit gemeenskappe in die provinsie te verskaf.

ondersteun maroela media só

Sonder Maroela Media sou jy nie geweet het nie. Help om jou gebalanseerde en betroubare nuusbron se toekoms te verseker. Maak nou ’n vrywillige bydrae. Onthou – ons nuus bly gratis.

Maak 'n bydrae

Nou pra' jý

13 Kommentare

CHRISTA CONTINO ·

Wys jou wat Zuma weet!!! Sien hy net ‘n wit gemeenskap in die Wes-Kaap? Hy en sy vriende moet minder oorsee rondkikker dan sal hulle meer weet wat plaaslik aangaan. Of staan ANC vir African National Circus? HA-HA-HA-HA!!!

Henk Sinderdinck ·

Baie snaaks Christa.
Hulle het geen tyd nie om te sien wat plaaslik aangaan nie. Hulle moet eers hulle eie beursie vul.

Elsje ·

Ons het nou in die Kaap Provinsie vakansie gehou, alles daar is so mooi skoon teen ons Privinsie wat verwaarloos en vuil is. Is dit wat die ANC wil he? Hulle wil ons land vuil maak en afbreek. Dit is so vreeslik hartseer.

adrian ·

terwyl zuma op kaapse paaie rondzoem moet hy sy donkerbril afhaal en slaggate soek, hier aan die Oos Rand veral Boksburg is ons paaie vrot van slaggate asook straatligte op hoofroetes soos Rondbultweg wat jare geen ligte het nie maar die pale is daar. Kom zuma van die kaap af ry hy in ‘n verswakte Suid Afrika binne onder anc beheer, dan het hy die ,, cheek” om te se die mense in die Kaap sal ‘n beter lewe onder die kommuniste he

JZ ·

Die probleem vir Zuma is die Weskaap word te goed bestuur en dit LE klem op sy en die ANC se onvermoe om die land te bestuur. Verder is hy nog kleur blind ook as hy net wit in die kaap sien. Almal weet dat die ANC se belyd is om aftebreek wat werk. Die jongste is die poskantoor met n reeks voorgangers.

Leonie ·

Hulle wil hê die Wes Kaap moet net so k@k soos Gauteng en die ander Provinsies wees. Niks werk waaraan hulle vat nie. Hulle breek af, mors, is te lui om te werk maar hulle wil orals regeer en die land se geld steel. Mnr Zuma, kom by!!! Niemand hou van jou nie want sodra daar moeilikheid in ons land is hardloop jy oorsee. Wil die ANC nie China ook hê nie aangesien Zuma meer daar is as in Suid Afrika!!

Nien ·

Nee wat, die kans is skraal dat hy die Wes Kaap gaan kry. Sy reputasie spreek boekdele en daar gaan nog baie geraamtes uit die kas spring!

Nien ·

Nee wat, die kans is skraal dat hy die Wes-Kaap gaan kry. Kyk net hoe lyk die ander provinsies waar hy die septer slaan. Verder spreek sy reputasie boekdele en daar gaan nog baie geraamtes uit die kas val.

Etienne ·

Ons was ook gelukkig om die vakansie in die Kaap tegaan kuier het. Soos gese is dit skoon,diens is skerp, paaie is mooi en vriendelike mense en ek kan aangaan. Ry oor die Vaal na Limpopo en dan sien jy die verandering. Ek het besef Afrika begin nie by Beitbrug nie

pop ·

Ek luister vanmore na die nar se “speech” op TV. Vertel nogal dat sodra die mense ANC stem sal hulle nie meer in armoede leef nie. Hy kan dit vir daai mense wil opdis, niemand glo meer sy liegstories nie. Die hele land vergaan onder sy onbevoegdheid . En hoekom nou juis in die Kaap wil gaan partyjie hou. Wonder wat gaan die sirkus nou weer kos. Miljoene wat hy daai selfde mense wat hy so dinge beloof meer dan dadelik kan help. Deel elke keer die miljoene wat op partytjies spandeer word onder die armes, meneer die president

Drieks ·

Zumpie en die Anc het vir ERMELO. Morsige vuil dorp onder ANC geword.

Het jy iets op die hart? Maroela Media se kommentaarfunksie is ongelukkig gesluit oor die Paasnaweek. Kom kuier gerus later weer!

Nuuswenke kan deur hierdie vorm gestuur word.